Meer polisie in Gauteng ontplooi om provinsie te stabiliseer

Metropolisielede patrolleer die M2 naby Denver in Gauteng nadat betogers die pad met klippe versper het. (Foto: David Tembe/Twitter)

Die polisie het meer lede by verskeie brandpunte in Gauteng ontplooi, nadat winkels die afgelope paar dae geplunder, afgebrand of besteel is.

“Die situasie in dele van Tshwane, Ekurhuleni, Johannesburg se middestad, Jeppe en die Cleveland-polisiëringsgebiede is gestabiliseer.

“Altesame 189 mense is sedert Sondag aangekeer vir oortredings wat insluit openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en diefstal,” het kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.

Vyf moorde is ook aangemeld – twee in Coronationville, twee in Hillbrow en een naby ʼn hostel in Jeppe.

Die polisie het Dinsdag in die vroeë oggendure ook op voorvalle in gebiede in Germiston en Alexandra gereageer, waar 40 mense aangekeer is. Die getal inhegtenisnemings in Cleveland het tot 66 gestyg. In Tokoza en Kemptonpark het die polisie met rubberkoeëls losgebrand om ʼn groep uitmekaar te jaag wat moontlik beplan het om ʼn sakeonderneming te plunder, het Dlamini gesê.

Gautengse premier David Makhura besoek Jeppestown om na die skade te kyk. (Foto: Gautengse regering/Twitter)

“Misdaadbendes wat die chaotiese situasie weens die uitbreking van geweld uitgebuit het, was betrokke by inbrake by sakeondernemings, nie net dié van buitelanders nie, maar van ondernemings oor die algemeen. Buiten die sake van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en diefstal, gaan daar ook gefokus word op die ondersoek na inbrake by sakeondernemings, asook voorvalle van diefstal. Intussen identifiseer die polisie die leiers van dié gewelddadige groepe en gaan hulle in hegtenis geneem word sodra genoeg bewyse teen hulle ingesamel is.”

Gauteng se provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het diegene bedank wat na vore kom met inligting oor die voorvalle.

“Al ons lede is ontplooi om met die misdadigheid af te reken,” het Mawela gesê.

Geweld in Sunnyside en Marabastad in Pretoria is klaarblyklik afgeweer nadat bykomende polisielede daar ontplooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

“Intussen idetifiseer die olisie die leiers van geweldadige groepe en gaan hulle in hegtenis geneem word sodra daar genoegsame bewyse teen hulle ingesamel is.” Waarom is malema dan nog nie in die tronk nie. Daar is meer as genoegsame bewyse teen hom. Sopas in die nuus dat hy swart mense opruie om geweld teen witmense te pleeg.

RATEL ·

Man kyk net ini foto hoe pragtig lyk Jeppestown!!!! Goeie ligging vir n film wat hell tema soek! Seker as ons hele land so lyk…. en die toeriste sal instroom! Afrika o Afrika

Jc ·

Al is daar 1000 mense gevang is hulle in ‘n paar dae weer in die straat. Wat ‘n grap, hulle is in hegtenis geneem. ????????

CallieL ·

Mense verstaan nie waar is die land regtig nie. Daar is nie meer omkeer nie. Kyk wat doen die hulpelose regering. Almal veroordeel die brandstigtigting en die geweld. NIKS word daaraan gedoen nie. Hoe idioties moet jy wees om te glo enige een in die regering doen enige iets anders as om hul sakke vol te maak. Hoekom word vrae aan Ramaposa nie pertinent gevra soos bv. HOE VER KAN DIE BETOGERS GAAN VOOR DIE SAP OPTREE. Hy sal nie antwoord nie maar tenminste begin die wat in hul droomwereld leef dalk besef wat aangaan. Asb alle persone wat regdenkend is begin net saamstaan en opstaan teen die absolute anargie wat heers en n regering wat toekyk sonder om n vinger te veroer. Die land brand en die bloed vloei en hul veroordeel alles sonder om n VINGER TE VEROER.

Ig ·

Ons is in die Weermag geleer om die leier van die groep uit haal nadat by geidentifiseer is maar as dit in SA gebeur dan is die Hel Los, daarom gaan hulle net aan en aan en aan

LHS ·

Alle blaam direk op die ANC wat SA se deure vir alles en almal oopgegooi het, nou gaan hulle eie mense hulle byt. Viva

Mientjie ·

Dis mos HOE EGTE DEMOKRASIE MOET LYK????????????????????

John ·

Vreemdes wurm hul al vir eeue in deur ons grense vir ‘n skep uit die wit pappot. Sedert 1994 is mense doelbewus gelok om die ANC se syfers te groei. Sekuriteit by ons grensposte en lyndrade is bloot ‘n fasade. Toerisme ‘n joke… die meeste is eenrigtingreise. Dat die president van Nigeriè ons oor die vingers tik omdat sy migrante, met tik, hier so sleg behandel word… terwyl hy heimlik sè: good riddance. Die soort situasie sou die een of ander tyd ontplof. CR, met ‘n vreemde pouslike stemtoon spreek toe net kritiek teen sy eie arm gegriefde mense uit… vreemder as vreemd…en niks teen vreemdes nie..

Pottie ·

Meer polisie vir wat stuur die weermag in met lewendige rontes dit sal die laaste van hulle nonsens wees

Magda ·

Maak soos oorsee – kry die Brandweer – en gebruik daai water stroom om hulle te spuit dat hulle daar trek – Niemand word geskiet of geslaan nie – Gebruik daai sterk water stroom en spuit hulle uit mekaar.

ES ·

Die regering is te bang vir hul eie mense. Hulle het vir die massas die mag gegee en nou kan hulle die massas nie meer beheer nie… Watch this space – dis net die begin.

waarheid ·

Anargie – dit is wat dit is want niemand is in beheer nie…… Dit is tog duidelik.

andries makopa ·

Die anc kan nie die land onder beheer kry nie , Viva Zimbabwe

Magda ·

Bring Bok Haram van Nigeria hierna toe – dan wil ek sien wie hol en wie bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.