Meer SA’ners kan nou ID’s by banke kry

Minister Malusi Gigaba tydens 'n vorige geleentheid. Foto: DoC

Minister Malusi Gigaba tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: DoC

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Woensdag gesê dit is nou nie meer net mense tussen die ouderdomme van 30 en 35 jaar wat by Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank-takke vir hul identiteitsdokumente (ID’s) en paspoorte kan aansoek doen nie.

Gigaba het gesê van Maandag af sal almal tussen die ouderdomme van 25 en 40 van hierdie diens by die toepaslike banktakke in Gauteng en die Wes-Kaap gebruik kan maak. Suid-Afrikaners in dié ouderdomsgroep wat nog nie vir ʼn nuwe ID-slimkaart aansoek gedoen het nie, kan nou van hierdie geleentheid gebruik maak om die lang toue by binnelandse sake se kantore vry te spring.

Gigaba het die aankondiging tydens ʼn ontbytgeleentheid van die Kaapse Persklub gemaak. Volgens Gigaba vorm hierdie inisiatief deel van die departement se poging om ʼn meer gemoderniseerde departement daar te stel.

Volgens Gigaba is die Moetapele-inisiatief ook by kantore van binnelandse sake regoor die land ingestel in ʼn poging om die diens wat die publiek by die kantore ontvang, te verbeter. “Al ons senior bestuurders, insluitend die direkteur-generaal, word verplig om ʼn vasgestelde hoeveelheid tyd in die ontvangskantoor deur te bring, hoofsaaklik om eerstehands te ervaar wat dit verg om kliënte op ʼn daaglikse basis te bedien,” het hy gesê.

Hy het gesê die departement het ook vordering gemaak in sy pogings om bedrog en korrupsie in die departement uit die weg te ruim sedert Operasie Bvisa Masina in Julie verlede jaar van stapel gestuur is.

“Ongeveer 50 mense, insluitende werknemers van binnelandse sake en lede van die publiek, is sedertdien in hegtenis geneem en is in die proses om in verskeie howe oor die land te verskyn. Oortredings waarvoor hulle aangekla word sluit in die uitreik van valse huweliksertifikate, hulpverlening aan onwettige buitelandse burgers, omkopery, diefstal, asook die verkoop van geboortesertifikate en permitte vir asielsoekers,” het Gigaba gesê.

“Ons is verbind daartoe om ʼn nuwe departement van binnelandse sake te skep: ʼn departement wat modern is, digitaal funksioneer en ʼn veilige bewaarder is van ons nasionale identiteit, nou en ook in die toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vra net ·

So dit is beter as ou mense in die lang rye by binnelandse sake staan as die jong klomp?

Johan ·

Ek kan nie MEER saam stem nie. Die outer garde is al solank bydraers tot hierdie land se belasting, jarelange bankkliente en tog word daar net op die jong generasie gefokus. Deksels, tegnologie is tog sodanig dat ouderdom nie as enige kriterium behoort gebruik te word nie. Laat almal van hierdie voordeel gebruik kan maak.

James Lishman ·

Ek en my vrou het laas week na FNB Menlyn Main Pretoria gegaan en die beampte agter die ID diens toonbank het ons weggewys en gese die diens word nie meer by banke aangebied vanaf begin April 2016 en dat ons na ons naaste binnelandse sake kantoor moet gaan daarvoor – ek is 70 en my vrou 60
Hoe dan nou en al die toerusting vir die id en die beampte sit agter die toonbank.

Asjas ·

Wanneer kan ek Capitec toe gaan. Hul ure is langer en rye is baie korter.

Weskaper ·

Die ouderdomsbeperking is juis ingestel om lang rye by die banke te voorkom dus om dit gelydelik verhoog. Jammer hulle het nie eers begin by ouderdom 80 tot 100 en hom dan afwaarts te verhoog met die tyd.

Boetman ·

Ma teen die tyd dat hul al daai mense se Id’s uitgereik het is ek ook 100!

pieter ·

hou op negatief wees en wees dankbaar vi beter diens by banke , hul kon netsowel gese het kry nuwe id en klaar , jy ga staan in n ry en dan kla jy ook ,ai di mensdom is met niks tevrede nie komaan mense se n slag dankie net di woord dankie ook

Scalla ·

Verstaan ek reg, die banke moet nou binnelandse sake doen, waarvoor is hul vergoeding dan, tho tho geld is seker te min vir die mense

Joann ·

Ek is 101jr.moet ek ook nou ander ID kry en waarheen moet ek gaan vir nuwe een.

Rita ·

Openlike diskriminasie teen mense van ander ouderdoms groepe. Wat moet die bejaardes van ons land doen, in lang toue gaan staan by binnelands sake en wag, wag, wag. Tipies ons regering met wonderlike diskrimineerende idees.

ria ·

Ek glo dis n goeie diens dankie dink hulle meen die ou garde op die drumpel van graf nie kaarte nodig

Jan maak n Plan ·

Ja Ria, julle jong klomp het seker al baie meer belasting as ons “ou mense” betaal ne. En ook seker al baie meer vir die verdomde land gedoen ook seker. Maar aangesien ons “ou mense” nou nader aan die graf staan, kan jy en binnelandse sake die kaartjies maar druk – ek sal maar met my ou 19voetsek ID boekie aan hou.

johan ·

Die nou net gesien en was so bly. Nie net meer net Nedbank nie en ABSA is op die lys. Ek is 60 en loop met bystand en kannie lank staan nie. Ek het n kamp stoetjie saam geneem om registeer om te stem. Ek is medies ongeskik. Help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.