Meer sterftes hierdie feesseisoen op Wes-Kaapse paaie

Argieffoto

Argieffoto

Padsterftes op Wes-Kaapse paaie het in Desember met 18% toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Sephesihle Dube, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het gesê 143 mense is in Desember 2015 op paaie in dié provinsie dood. “Dit is 18% meer as die 121 wat in Desember 2014 op paaie in die Wes-Kaap omgekom het,” het hy gesê.

Volgens Dube kan die meeste ongelukke toegeskryf word aan roekelose en nalatige bestuur, asook bestuurders en passasiers wat nie hul sitplekgordels dra nie. “Die aantal passasiers wat in motorongelukke gesterf het, is kommerwekkend, aangesien dit sedert 2014 met 40% toegeneem het,” het Dube gesê.

Volgens hom is die meeste mense wat op die paaie dood is voetgangers. “Altesaam 51 voetgangers is in Desember op die paaie dood. Daarteenoor het 28 voertuigbestuurders in Desember 2015 gesterf op die paaie, vergeleke met die 20 in 2014.”

Dube het gesê die Wes-Kaapse regering sal voortgaan om veldtogte van stapel te stuur om veiligheid op die provinsie se paaie te verseker, aangesien daar nog talle vakansiegangers is wat huiswaarts moet keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Patroleer paaie met kamera voertuie en beboet oortreders van pad reëls.

vermeende ·

Daar is ‘n verband tussen verkeer en pad sterftes, as die verkeer toeneem dan neem sterftes ook toe.

Ek sal eerder se die Wes Kaap het ‘n veiliger vakansie besteming geword met skoner strande wat meer toeriste lok as die vuil strande van Natal wat deur die ANC beheer word met sy wetteloosheid.

Kaspaas ·

Sal interessant wees om te weet wie die ongelukke veroorsaak het. Met al die vakansie gangers wat Kaapse strande toe stroom kan dit wees dat die probleem seisoenaal is en nie ‘n wes kaapse oorsaak is nie.

Langtand ·

Die taxidrywers bly een van die gevaarlikste padgebruikers! Hulle vervoer baie mense op ‘n slag en dra ‘sodoende n baie groot verantwoordelikheid! Ek het gister n punt daarvan gemaak om na hul bande op te let! Ek was nogal geskok! Party is te smal, ander hopeloos te pap, sommige is baie afgeloop, maar die taxi is propvol!
Die drywers is kansvatters, ken geen padreels en weet ook nie n mens staan stil by n rooilig nie , sou hy die moeite doen om te stop, begin hy onmiddellik oor die witstreep kruip, so as die lig groen word het hy al n paar treë gewen!!
Elke provinsie moet hierdie cowboys van die pad herevalueer, dis al! Meeste glo ek het vals rybewyse!
As mense nie gedissiplineerd begin ry nie en by die reels van die pad hou nie, sal die verlies aan menselewens nie ophou nie!
‘n Ongeluk word meesal deur een persoon veroorsaak….

Lizette ·

Ek stem saam met Langtand. Taxis is uiters roekeloos, maar hulle is nie die enigste probleem nie. Stop strate en rooi verkeersligte het deesdae min betekenis. Wit, swart, bruin, groen, pink, for hele reënboog nasie is hier skuldig. Plant verkeerskonstabels by verkeersligte. Oortreders wat nie by padreëls wil hou nie moet ‘n “spotfine” kry. Sommer ‘n stewige een. “It’s time to get back to basics South Africa!” Ons kan net sowel by die gehoorsaamheid van padverkeerswette begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.