Meer toeriste besoek SA in 2016

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Die departement van toerisme het bekend gemaak meer as 10 miljoen internasionale toeriste het Suid-Afrika in 2016 besoek.

Derek Hanekom, minister van toerisme, sê dit is 13% meer as in 2015. “Ons het dit reggekry om te bewys Suid-Afrika is ʼn bestemming waar besoekers waarde vir hul geld kry, met ʼn groot verskeidenheid van ervarings waaruit toeriste kan kies.”

Hanekom het sy dank uitgespreek teenoor die private en openbare sektor wat toerisme ontwikkel en uitstekende diens aan internasionale besoekers lewer. Volgens die departement is die toename in toeriste ʼn gevolg van suksesvolle samewerking tussen die departement en die diensverskaffers op grondvlak.

Hy het daarop gewys dat dit belangrik is om voortdurend aandag te skenk aan die toerismebedryf, aangesien die werksgeleenthede wat daardeur geskep word, ʼn deurslaggewende impak op Suid-Afrika se ekonomie het.

Die departement het ook aangedui die groei in toeristegetalle in Suid-Afrika in 2016, is aansienlik meer as die gemiddelde groeikoers vir ander lande gedurende dié tydperk. “Na raming was daar 1,2 miljard toeriste wat wêreldwyd gereis het in 2016. Dit is 3,9% meer as in 2015.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kaufman ·

Wees baie versigtig om opgewonde te raak oor toeriste stats. N groot persentasie hiervan is dalk “ekonomiese toeriste” uit ons buurlande en ander lande in Afrika en Asia waarvandaan ander vlug om hier werk of heenkome soek. Dis nie die Japanese of Duitser met die verkyker om die nek nie. Als hang af nie die stats ingesamel en aangebied word.

Flip Sadler ·

Net nou die dag hoor ek op die radio dat een of ander minister se dat S A R600,000 verloor het in die toerisme bedryf. Nou wonder ek maar net wie moet ek glo???????

Alida ·

6 moorde per week behoort huĺle baie gou n U turn te laat maak.

Ouvrou ·

Wel as ek so baie rande kry vir my doller of pond gaan ek ook lekker kan vakansie hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.