Meer tyd vir kommentaar oor wetsontwerp teen rassisme

Argieffoto

Argieffoto

Die publiek het nou meer tyd om beswaar te maak teen en kommentaar te lewer op ʼn nuwe wetsontwerp teen rassisme, wat daarop gerig is om haatmisdade en haatspraak te hanteer.

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het in ʼn verklaring aangekondig daar is besluit om, in belang van alle rolspelers en die publiek, die sperdatum vir die indiening van kommentaar op die wetsontwerp te verleng. Die publiek het nou tot 31 Januarie 2017 kans om hul insette na die departement te stuur. Die vorige sperdatum was 1 Desember 2016.

Volgens die departement moet die publiek genoeg tyd gegun word om insette te lewer, sodat die wetsontwerp “die gesamentlike wysheid van die land reflekteer” wanneer dit by bestaande wetgewing ingesluit word.

“Die wetsontwerp skep oortredings van haatmisdade en haatsprake en wil maatreëls instel om hierdie oortredings te voorkom en te hanteer. ʼn Haatmisdaad word gepleeg wanneer iemand enige erkende oortreding begaan en die motief vir daardie oortreding word gedryf deur onwettige vooroordeel, benadeling of onverdraagsaamheid,” het die departement gesê.

Volgens die verklaring is die wetsontwerp saamgestel nadat ʼn deeglike studie van soortgelyke wetgewing wêreldwyd gedoen is, onder meer in Kenia, Kanada en Australië.

Die departement het gesê wetgewing oor haatmisdade sal verskeie voordele inhou, soos om ondersoekers en aanklaers die gereedskap te gee om mense, wat haatmisdade pleeg, aanspreeklik te hou. Dit sal dit ook moontlik maak om die pogings wat aangewend word om haatmisdade te bekamp, te monitor.

Die kabinet het in Oktober aangekondig die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade is goedgekeur vir openbare kommentaar. Die wetsontwerp, wat oorspronklik opgestel is om net voorsiening vir haatmisdade te maak, is later aangepas nadat verskeie voorvalle van haatspraak wyd opslae gemaak het op sosiale media.

Besware en kommentaar op die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade kan tot 31 Januarie 2017 ingedien word. Lede van die publiek, wat kommentaar op die wetsontwerp wil lewer, kan dit per e-pos aan [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leendert ·

My ondervinding al die jare was, as mens ‘n leier met ‘n regering het wat jou saam op sy reis neem, jou inspireer om volgens goeie moreel te leef, waardes, dan bereik jy soveel meer, dan het jy nie die negatiewe plak nodig om hom in ‘n rigting te dwing nie, want normaalweg as jy mense dwing dan skop hulle teen die prikkels, as julle iemand kan kry om die mense te inspireer om respek vir mekaar te hê, dit uit te leef, nie te moor en steel nie, hoë morele waardes te handhaaf, dan sal julle baie meer bereik as om mense te dwing. Stel ‘n voorbeeld, dit is waar julle moet begin! Dis die verval van die regering en sy onkapabilheid wat na die volk toe oorspoel in onverdraagsaam heid, nou haal hulle dit op mekaar uit.

Vicky ·

Vergelyk hierdie Drakoniese stuk gemors met die pragtige Eerste Wysiging van die Amerikaanse Grondwet en jy besef hoekom SA in so n gemors sit.

Susan Strydom ·

Haat spraak moet nie geduld word nie en hulle moet tronkstraf opgele word, dit is omdat hulle opgesweep word dat die boere so vermoor word Bring die doodstraf terug

Geraldine ·

Die probleem met die voorgestelde wet is dat dit godsdiensvryheid aan bande gaan le. Kerke gaan nie sekere gedeeltes uit die bybel mag aanhaal nie omdat dit as haatspraak gesien word deur homoseksuele mense. Predikante wat dus streng volgens die bybel preek, kan dus tronkstraf kry. Mense moet leer om, al verskil hul in sienings en leefwyses, mekaar steeds met respek te behandel. Om dit egter deur wette reg te kry, gaan nie die verskil in die mense te weeg bring nie. Daar is baie wette, nie almal word nagekom nie. Kyk net al die rasse haatsprake en die verskillende strawwe wat gegee word op grond van die velkleur wat dit uitspreuk. Al wat die nuwe wet gaan doen, is om mense ‘n houvas te gee op kerke se doktrines. Mense moet baie mooi gaan lees hoe hierdie wet hul basiese menseregte en geloofsvryheid gaan skend onder die dekmantel dat dit goeie gevolge kan meebring.

lettie ·

Dit help nie ons reply hierop nie. Ek het n email gestuur na die adres wat jul gegee het in die artikel. Daarop het ek naie goed verduidelik dat ons as wittes nie bevoorreg was in apartheid nie. Baie kon nie universiteite bekostig het nie, wittes het honger gaan slaap, as jy nie jou huur kon betaal nie is jy uitgesit, as jy nie elektrisiteit kon bekostig nie was dit afgesny. Werksoek was n nagmerrie. Dit was die koue werklikheid van apartheid. Om wit mense te vermoor en te verkrag al smeek hul dat hul besittings gevat kan word en hul lewe gespaar word. Leiers wat rassehaat en haatmisdade aanhits moet baie strenger hanteer word.

eerstevorm ·

solank hulle onthou as die k woord haatspraak is is die b(oer) woord ook. om blankes indringers te noem en gronddiewe is ook haatspraak. verder is veral FEES MUST FALL ook haatspraak deur hebsug. PAY OR GO HOME.

li sc ·

Daar kan kans gegee word tot 31 desember 2017 – dit sal nog altyd net die boere wees wat sal skuldig wees aan rassisme. So moenie julle hoop daarop plaas dat iets sal verander nie.

Veritas ·

Die hele gedoente oor ‘rassisme’ en ‘haatspraak’ is ‘ polities geïnspireerd. Dit word heeltemal uit verband geruk deur politici en die media en vererger slegs die reeds brose verhouding tussen rassegroepe. My ondervinding is dat die oorgrote meerderheid van die bevolking, verby ras probeer kyk maar die ekstremiste, aan albei kante, misbruik dit om politieke munt daaruit te slaan. Sodra die regering in ‘n hoek gedruk word oor wat ook al, is ‘rassisme’ ‘n handige weerligafleier wat die aandag van hul vele mislukkings moet aflei. Dié is ongelukkig iets waarmee ons maar moet saamlewe solank daar verskillende rasse op aarde is.

John ·

Hierdie wet, indien aanvaar, sal rassehaat ten hemele opblaas en wrewel aktiveer. Alle ongelukkigheid oor enigiets of enige negatiewe ervaring gaan aan die wanklankende klok gehang word. Regters sal bottels vol antidepressante begin sluk en onderwysers, werkgewers, huisvroue, winkeleienaars… en… en… sal gereeld slaapterapie moet ondergaan om die nimmereindigende stres te verwerk. Wetsoortreders sal hierdie opgepompte gelapte ou swart binneband orals saamdra en uitpluk sodra die watervlakke enkelhoogte raak. T-hempies met ‘Julle is rassiste’ sal die inding wees.

Jean ·

‘n WET is so goed soos die manier waarop hy uitgevoer/toegepas word. Help nie ons het hierdie streng wet teen rassisme en net een gedeelte van die bevolking word vervolg en die ander deel kan steeds sê en doen wat hulle wil nie. Verder voel ek moet die REGERING die voortou neem om rassisme hok te slaan en hulleself nie daaraan skuldig maak nie. Eerlik dink ek gaan dit net meer rassisme ontlok, hoe belagliker dit raak. Alhoewel ek geen haatspraak goedkeur nie, word dit eensydig toegepas, en beteken dit absoluut niks nie. Probeer eerder mense opvoed en leer om saam met mekaar te werk en te leer, motiveer hulle en beloon goeie gedrag as wat jy wette maak en mense in die tronk gooi oor die verkeerde woord. Dit gaan net nog meer haat ontlok.

Alida ·

Skryf die wet sodat dit eenmalik is – dus wat goed is vir die een moet goed wees vir die ander ongeag sy kleur, ras of politieke verbintenis. Maar nou sal hulle dit weer so verdraai dat sekere mense kan se wat hulle wil en wegkom daarmee.

Pierre ·

n Vraag om te vra, hierdie is ‘n wetsontwerp waarop kommentaar gelewer kan word. Ek het in die week ook ‘n epos gesien wat beweer dat daar ‘n wetsontwerp is wat spesifiek gemik is op die Bybel, volgens die berig sou dit daarop neerkom dat indien wetsontwerp deurgevoer word jy sekere dele van die Bybel nie meer mag aanhaal nie en dat oortreding hiervan tronkstraf tot gevolg mag he, dra iemand kennis hiervan, want dit is ongrondwetlik.

Johannes Meintjes ·

Ons as mense wie skriftelik aansoek gerig het rondom die tyd vir kommentaar op die Haatspraakwet is dankbaar vir die verlengde tyd. Die burgers, en veral die Christelike kerk, het nou die geleentheid om die hele aangeleentheid toe te lig en insette te lewer. Op die keper beskou is dit moontlik nadelig om ‘n multi-kulturele gemeenskap so toenemend en brutaal te wil reguleer. Waar sal die gemeenskap dan volgende ‘n uitlaatklep moet soek?

Jannie ·

Hello almal. Ek het vandag afgeskop om # Unite South Africa tebegin. My bedoeling met dit is om op jou FB profile foto vir n week met n ander ras as jy self n foto teneem en n papier of iets vas tehou wat opstaan #Unite South Africa. My bedoeling is hiermee om alle burgers tewys rassisme word aangehits deur n handtjie vol mense en dat Suid Afrikaners saam staan teen rasse haat of rassisme. Kom ons staan saam en wys die ware verhaal van alle Suid Afrikaners op media.

Riana ·

Wat ek nie verstaan, die vrou wat detyds haar werk verloor het asgevolg van iets wat sy gese het en vervolg word, maar Malema kan voor ‘n hof staan en ons witmense uitkryt en dreig en niks gebeur met hom.

Gerda ·

Sodom en Gomora. Ons moet op ons kniee bly en bid en bid vir ons land en die hele wêreld. Ons God is Almagtig

Annette ·

Verandering begin by my eerstens. As elke suid afrikaner begin om positief op te tree teenoor mekaar kan dit al n verskil begin maak. Laat ons saam staan die wat positief is en n begin maak. Beinvloed mekaar om positief te word en te wees. Dit is in elk geval goed vir jou gesondheid. Minder stress en hoë bloeddruk. Minder dr’s rekeninge en medikasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.