Meer tyd vir openbare insette oor grondonteiening

parlement-wikimedia-commons

Die parlementsgebou in Kaapstad. Foto: Wikimedia.org

Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het aangekondig dat die publiek nog tot 31 Mei het om skriftelike insette te lewer oor die wenslikheid al dan nie van die onteiening van grond sonder vergoeding.

Die kwessie dien tans voor die komitee nadat die Nasionale Vergadering in Februarie oorwegend ten gunste daarvan gestem het dat ʼn wysiging in die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, ondersoek moet word.

Sedertdien het die veelpartykomitee, onder voorsitterskap van die ANC-LP Vincent Smith, gevra vir skriftelike voorleggings deur belanghebbendes en die algemene publiek.

Dié soort openbare deelname deur die algemene publiek moet ernstig deur die parlement oorweeg en in ag geneem word. Trouens, elke inset moet kragtens die parlement se reëls verantwoordbaar in ag geneem word omdat die parlement moet voldoen aan die vereistes van ʼn volksparlement wat landsburgers se belange op die hart dra.

Dit is daarom gebiedend noodsaaklik dat elkeen wat sterk voel vir of teen onteiening sonder vergoeding sy of haar oortuigings op skrif stel (en wel op oorspronklike wyse – dit help niks mense skryf bewoordings by mekaar af nie) en stuur aan: Die Grondwetlike Hersieningskomitee (of Constitutional Review Committee, as hulle in Engels wil skryf), Parlement, Posbus 15, Kaapstad, 8000.

Nadat die skriftelike insette verkry is, sal die komitee openbare verhore in al nege provinsies hou, waarna mondelinge insette in die parlement gelewer sal word.

Ná afloop van al die insette deur die publiek sal die komitee oor die saak samesprekings en debatte voer, waarna hulle ʼn verslag sal opstel wat deur die parlement aanvaar of verwerp sal word.

Die kern van die hele proses is dus die kwessie van openbare deelname en die insette van die publiek wat nie geïgnoreer mag word nie. Dit is hierdie proses wat aan mense die geleentheid bied om hul stem te laat hoor – ʼn belangrike proses waarvoor die skriftelike geleentheid nog tot 31 Mei vir alle Suid-Afrikaners bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Ek kan bewys lewer dat die regering my reg op grondbesit erken. Die akte is deur die staat se aktekantoor uitgereik. Daarby kan ek toon dat ek belastings betaal op die grond aan die regering in lyn met wetgewing wat deur die regering self ingestel is. Dus kan niemand sê ek het nie ‘n reg op grond nie, allermins nie nie regering self nie.

Jaun ·

Weet nie wat om te ondersteun nie want ek en my vrou werk en het 2 kinders in die skool en sal nooit n huis kan bekostig nie moet oor 8000 n maand betaal net vir huur en gaan jy bank toe vir huis lening pay ons te min en kan net n huis koop van oor die 500000 so se maar net watse huis jy met dit kan koop. Maar ek dink nie dis reg om n ander man se huis te vat waarvoor hy sy lewe lank moet werk of gewerk het nie net omdat n ander man se dit was sy voor ouers se grond en wat as hulle dit wel wetig gekoop het dan gaan daai mense nog steeds se maar dit is sy grond en dan some dubbel betaal word en dan kry hy sy grond trug.

Helizna ·

Juan as jy n erf koop en containers of siteform opsit kan jy n lekker huisie besit. Spaar op vir die deposito as jy kan. Of probeer Eureka.

Mar P ·

Casper dis baie goed gese. Ek stem volkome saam met jou dit gaan moeilik wees om jou grond te vat as dit reeds op jou naam geregistreer is.

Tanzie ·

Indien die poskantoor hulle werk doen, sal die pos eers oor 3 weke by die bestemming kom.

Judge Dredd ·

Hierdie komitee en sy prosesse is maar net nog ‘n klug wat gemanipuleer gaan word. As hulle rerig die mense se menings wou hoor dan sou hulle ‘n referendum hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.