Meer voertuie deur slaggate beskadig

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse Padagentskap (JRA) het Donderdag gesê daar is ʼn toename in die aantal motors wat deur slaggate beskadig word.

“Daar was die afgelope twee weke meer berigte oor voertuie wat deur slaggate beskadig is,” het Bertha Peters-Scheepers, woordvoerder vir die JRA, gesê. Dit word veroorsaak deur swaar reën en vloede in die gebied.

Peters-Scheepers sê herstelwerk aan paaie het begin. “Sodra die reën opklaar kan ons die paaie behoorlik herstel,” het sy gesê. Die JRA sal eers die hoofroetes herstel en dan streek vir streek die paaie herstel. “Streekspanne sal uitgestuur word om die skade te herstel.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boervrou ·

Wat was SA grondpaaie voordat dit grondpaaie was?

Kom ry gerus die R516 tussen Tuinplaas en Crecy …. herstel? Wanneer, wie?

Gaan ry die R34 tussen Vrede en Newcastle. Die teerpad wat in die fliek Platteland verskyn het…daar was vroeër ‘n teerpad om Memel…

Kom ry daagliks ons grondpaaie en probeer verstaan hoekom boere groter motors móét aanskaf. Daar gaan nog ‘n dag van soveel vooruitgang kom, dat ons met donkiekarre dorp toe moet ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.