Meer vryheid vir Schabir Shaik

Schabir Shaik Foto: Werner Beukes/SAPA

Schabir Shaik Foto: Werner Beukes/SAPA

Die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se paroolvoorwaardes is effens verslap op grond van goeie gedrag, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.

“Ons het die afgelope paar maande geen probleme gehad nie,” het James Smallberger, die departement se adjunk-hoofkommissaris verantwoordelik vir aanhouding, gesê.

Smallberger het gesê as gevolg hiervan is Shaik geregtig op ʼn verligting van sy paroolvoorwaardes. Volgens hom is dit standaard-prosedure met alle gevangenis wat op parool vrygelaat is.

Smallberger het egter berigte ontken dat die departement ʼn aansoek deur Shaik se regsverteenwoordigers toegestaan het dat hy oorsee kan reis vir mediese behandeling. “Daar moes ’n verkeerde interpretasie of vals aanname ontstaan het uit vrae wat in die portefeuljekomitee gevra is,” het hy gesê, met verwysing na ’n inligtingsessie Dinsdag deur die departement aan LP’s.

Shaik, ’n voormalige raadgewer van pres. Jacob Zuma, is in 2005 tot ʼn effektiewe 15 jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie en bedrog. Shaik is in Junie 2009 op mediese parool vrygelaat.

Smallberger het gesê Shaik se parool verval in 2021.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Schabir Shaik op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit sou meer aanvaarbaar en geloofwaardig gewees het as daar n totale hersiening van sy aanvanklike parool voorwaardes en redes vir sy parool was. Die knaap lyk vir my springlewendig en n goeie kandidaat om sy aanvanklike vonnis nou uit te dien.

rina ·

Ek stem saam, die ou lyk so gesond soos ‘n vis in die water, terug tronk toe is beter as ‘n nice trip oorsee,

Theresa ·

Julle is net so korrup soos die ander. Kyk bietjie na julle prioriteite en doen wat reg is en nie wat julle wil nie……………….!!!!!!!!!!!!!!!!

Ria ·

Enigiemand en enigiets wat verband is met Zuma is korrup en ‘n klug. Die man is so gesond en gaan nog 100 jaar leef. Ek voel ook dit moet ondersoek word.

Bloedgeld ·

Gaan Maroela niks se oor die mense wat op Grootvlei Kragstasie dood is nie? As daar nog goeie joernaliste was sou hulle bietjie navorsing gaan doen het en uitgevind het dat Eskom besig is met n RBI (Risk Based Inspection) program. Dit behels dat die 3 jaarlikse statutere inspeksies en toetse (wat wet is volgens die Pressure Equipment Regulations) uitgeskuif word gebasseer op informasie van die vorige jare. RBI word gedoen deur te kyk wat is die kanse dat toerusting sal breek en wat is die gevolge as dit breek. Grootvlei Eenheid 2 se 3 jaarlikse statutere inspeksie moes al laas jaar gebeur het. Omdat Eskom se RBI Sisteem nognie goedgekeur was nie, het hulle n sogenaamde “Mini RBI” gaan doen op die eenheid. Die gevolg is nou dat die eerste mense dood is agv hulle kort paaie? Hoeveel meer gaan sterf indien hulle die sisteem op al hulle kragstasies instel?

Wil weet ·

Maar Clive mag nie eers huistoe gaan nie. En hy is REGTIG siek. Die hele Shaik storie is n klug. Wie kry nou weer hoeveel???

CHRISTA ·

Jy kan sien wie het Zuma al die ‘tricks of the trade’ geleer!!!

scalla ·

Volgens my beteken terminaal siek dat jou lewensverwagtiging minder as 12 maande is, die kalant is so gesond soos kan kom, dis seker die gholf wat hom so wonderbaarlik laat herstel, hersien sy borgvoorwaardes en pos hom terug om sy vonnis uit te dien.

nico ·

Ag shame dit is hoog tyd dat die ouens wat hom help om uit die tronk te bly ondersoek word want hulle kry dinge darem te vinnig reg of is dit weer ek help en sorg vir jou in ruil vir n lekker vet tender

Debs ·

gi!!!! die man lyk mos nie siek nie…. jy hoor niks van sy gesondheid nie …. als net ‘n klomp aansit stories gewees om uit tekom …. kyk mooi hy gaan pad vat ….. dis ‘n kwessie van tyd !!! ek wonder hoeveel word hulle betaal?

Gerhard Bezuidenhout ·

Wonder watse “cut” Zuma, ou Maharasj en van die ander kaders uit die oorspronklike ooreenkoms gekry het want hulle het gelieg soos net die ANC kan.

Hannes ·

Wat wil hy in die buiteland maak? Ons dokters staan vir niks terug. Hy hoort hier in ‘n staatshospitaal sodat die buitelandse dokters (Kubane ens.) hom onder hande kan kry. Hy verdien nie beter ! Hierdie knape sal hom iets gee om oor na te dink.

Michiel ·

Sy paroolvorwaardes is effens verslap? Nie dta hy hom in elk geval aan enige paroolvoorwaardes gesteur het nie ne! Nou-ja, spreekwoordelik kry elke hond sy dag en die brakke kry twee, so… die wiel draai en eendag moet ons almal voor dieselfde koning staan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.