Meer werk in formele sektor – StatsSA

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Altesame 22 000 meer mense werk tans in die formele sakesektor – ʼn styging van 0,2% sedert die vorige kwartaal.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het pas sy kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir 2019 se eerste kwartaal bekend gestel en ondanks die ekonomie wat knyp, was daar tog goeie nuus.

Werksgeleenthede

Die getal mense wat in die formele sektor (landbou uitgesluit) werk, het gestyg van 10 152 000 tot 10 174 000, grootliks danksy stygings in die gemeenskapsdienstebedryf (19 000 of 0,7%), myn- en gruisbedryf (6 000 of 1,3%), vervaardigingsektor (5 000 of 0,4%) en by sakedienste (5 000 of 0,2%).

In verskeie ander sektore was daar egter ʼn inkrimping. Dit sluit in handel (-8 000 of 0,4%), vervoer (-3 000 of 0,6%), die kragbedryf (-1 000 of -1,6%), asook die konstruksiebedryf (-1 000 of 0,2%).

Algehele indiensneming het op ʼn jaargrondslag gestyg met 76 000 werksgeleenthede, oftewel 0,8%, tussen Maart 2018 en Maart 2019.

Voltydse indiensneming het kwartaalliks met 34 000 gestyg – van 9 099 000 in Desember 2018 tot 9 133 000 in Maart 2019.

Altesame 12 000 tydelike werkers is egter hulle inkomste kwyt.

Die syfer vir tydelike werkers het gedaal van 1 053 000 in Desember 2018 tot 1 041 000 in Maart vanjaar.

Die verliese was grootliks weens dalings in die handelsektor (-20 000 of 8,5%), konstruksiebedryf (-6 000 of -6,6%), vervaardiging (-2 000 of -2,4%), vervoerbedryf (-2 000 of -10,0%) en sakedienstebedryf (-1 000 of -0,4%).

Indiensnemingsyfers vir die kragbedryf was onveranderd.

Die gemeenskapsdienstebedryf het 19 000 meer tydelike werksgeleenthede oor die afgelope kwartaal bygekry, ʼn styging van 5,1%.

Op ʼn jaargrondslag was daar 54 000 (-4,9%) tydelike werksverliese tussen Maart 2018 en Maart vanjaar.

Inkomste

Die totale salarisse wat aan werkers betaal is, het in Maart 2019 altesame R688 miljard beloop, ʼn daling van Desember 2018 se R728 miljard. Dit is ʼn kwartaallikse afname van R40 miljard (-5,6%).

Die vermindering in bruto inkomste word hoofsaaklik toegeskryf aan die gemeenskapsdienstebedryf (R9,6 miljard), handel (R8,0 miljard), vervaardiging (R7,8 miljard), konstruksie (R4,7 miljard), sakedienstebedryf (R4,6 miljard), vervoer (R3,6 miljard), krag (R1,5 miljard) en mynbedryf (R0,5 miljard).

Op ʼn jaargrondslag het bruto inkomste gestyg met 3,7%, of nagenoeg R25 miljard.

Die peiling wys ʼn daling van 1,9% in die gemiddelde maandelikse salaris wat werkers in die formele (nie-landboubedryf) verdien. Dit het gedaal van R21 256 in November 2018 tot R20 855 in Februarie 2019. Op ʼn jaargrondslag verdien werkers nou 3,8% meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

zoom zoom ·

Kan iemand vir my sê hoe die stats bepaal word om by die getalle te kom. Klink vir my na raai raai rieppa storie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.