Meer werk, maar SA’ners ly steeds honger

Foto ter illustrasie: (Foto: Facebook)

ʼn Opname oor die uitwerking van die koronavirus-pandemie op die ekonomie dui op ʼn afname in werkloosheid tussen Junie en Oktober verlede jaar, toe die afsonderingsregulasies weens Covid-19 effens verslap en die ekonomie weer oopgestel is.

Die nasionale studie oor inkomste dinamika (Nids), wat deur navorsers aan ʼn verskeidenheid Suid-Afrikaanse universiteite onderneem is, wys dat net meer as die helfte (53%) van Suid-Afrikaners van werkende ouderdom in Oktober in diens geneem of met betaalde verlof was. Dit is amper net soveel as die persentasie Suid-Afrikaners (54%) wat in Februarie ʼn salaris verdien het, voordat die nasionale inperkingsregulasies ingestel is. Dit dui ook op ʼn toename in Suid-Afrikaners wat in Junie (45%) en April (40%) ʼn salaris verdien het.

Die opname is tussen 2 November en 13 Desember gedoen.

“Dit is egter noemenswaardig dat slegs die helfte van mense wat hul werk ná Februarie verloor het, weer in Oktober aangestel is. Net ʼn derde van mense wat reeds in Februarie sonder werk gesit het, is boonop in Oktober in diens geneem. Dit dui op aansienlike druk op en veranderings binne die arbeidsmark sedert die nasionale afsonderingstydperk ingestel is,” lui die verslag.

Die verslag wys ook dat geskoolde Suid-Afrikaners, veral jong mense, makliker weer werk gekry het toe die afsonderingsregulasies verslap is. Jong mense wat ná skool verder studeer het, het nóg makliker werk gekry.

Luidens die verslag stem dié data ooreen met data oor produksie en verkope wat maandeliks deur StatsSA vrygestel word. “Dié syfers dui daarop dat belangrike sektore soos mynbou, kleinhandel en vervaardiging weer in Oktober op dreef was en selfs in sommige gevalle beter as in Februarie gevaar het.”

Hongersnood onder kinders het egter weer in Desember ʼn hoogtepunt bereik, met 16% van huishoudings wat aangedui het dat een van die kinders in hul huishouding die voorafgaande sewe dae honger gely het. In Mei en Junie was dié persentasie 15% en in Julie en Augustus 12%. Een uit elke vyf huishoudings het boonop in Desember aangedui dat ʼn lid van die huishouding – dus nie net kinders nie – die week voor die opname honger gely het. Luidens die verslag was dié wat aangedui het dat hulle honger ly, ook meer geneig om depressiewe simptome te toon.

Onderwys

Die opname het ook gewys dat ouers in November minder bekommerd daaroor was om hul kinders skool toe te stuur, as vroeër verlede jaar. Net meer as die helfte van respondente is egter steeds nie gemaklik daarmee om kinders terug te stuur skool toe nie. Arm huishoudings is boonop drie keer meer as ryker huishoudings geneig om “baie bekommerd” hieroor te wees.

In Julie het 72% van huishoudings wat kinders het, aangedui hulle is “baie bekommerd” daaroor om hul kinders terug skool toe te stuur. In November was 52% van huishoudings steeds bekommerd oor hul kinders se terugkeer skool toe. Altesaam 59% van die armste huishoudings en 18% van die rykste huishoudings is baie bekommerd daaroor om hul kinders terug te stuur skool toe.

Bitter min kinders het sentrums vir vroeë kinderontwikkeling bygewoon sedert die begin van die pandemie. Volgens die verslag het minder as ʼn derde (31%) van huishoudings in November aangedui dat hul kinders jonger as ses jaar die voorafgaande week skool bygewoon het. Dit is wel meer as dubbel die 15% wat in Julie en Augustus aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Dink nie enige iemand wat vir die goverment werk nie gaan, of het honger gegaan. Sedert 26ste Maart plop daai salaris einde maand in die rekening en dan vreet hulle. Waaneer julle weer stem moet nooit daai polisiewa vergeet wat die minister Lindiwe Zulu laat staan het voor ‘n toegesluite kinder huis Cradle of Hope in Krugersdorp. Daai kinders kon darem elke dag ‘n grondboontjie toebroodtjie en ‘n piesang kry en toe is die deure gesluit seker terwyl die minister in haar hoed en camo en lipstiffie haar seker iewers elke dag gaan dik vreet het! Ek weet ek sal… Lees meer »

Jacobus

Dit was ‘n Jaar gelede voorspel maar wurgbeheer was om een of ander obskure rede belangriker as gesonde verstand. Daar gaan waarskynlik meer mense sterf aan verwaarlosing en wanvoeding as Covid. Die wurgstaat is vernietigend!!!

Charles

Pandemie wereldwyd is ń rookskerm vir vertraping van regte en vryhede. Dit wat ons nou opgee sal baie moeilik terug gekry word.

Danie

Wel kry maar vir julle.
Die werkgewers is weens hul velkleur uit die land verjaag.

Anoniem

Tito Mboweni het onlangs op twitter geskryf dat “party blankes” vir anderskleurigers nog steeds as slawe beskou. Hy dra blykbaar geen kennis van die hordes sopkombuise in SA waar die BLANKE staan om ons “slawe” aan die lewe te hou.