Meerderheid kiesers optimisties oor Ramaphosa

Pres. Cyril Rampahosa. Foto: Cindy Waxa/ANA

Die meerderheid van Suid-Afrikaanse kiesers glo die land sal floreer onder die nuwe president Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het oudpres. Jacob Zuma vervang wat verlede maand onder druk van die ANC en opposisiepartye bedank het te midde van bewerings dat sy welgestelde vriende, die Gupta-familie, probeer het om hul vriendskap met hom te misbruik en die regering en openbare ondernemings te beïnvloed. Zuma en die Guptas ontken enige korrupsie.

ʼn Opname deur Kantar Public tussen 20 en 26 Februarie onder 1 112 Suid-Afrikaanse volwassenes, wat die land se ras, geslag, inkomste en provinsiale demografie verteenwoordig, het bevind dat 73% optimisties is dat die ekonomie teen ʼn gesonde pas sal verbeter onder Ramaphosa se bewind.

Van diegene wat aan die opname deelgeneem het, is 65% “tevrede” met Zuma se bedanking in Februarie, teen ʼn kwart wat ontevrede was. In Zuma se provinsie, KwaZulu-Natal, waar hy die meeste ondersteuning geniet, was 49% nie tevrede met sy bedanking nie, alhoewel 39% wel tevrede was.

Die opname het ook menings ondersoek oor ondersteuning vir volgende jaar se algemene verkiesing vir die regerende ANC. Altesaam 59% van respondente is oortuig dat ondersteuning vir die party oor die volgende jaar sal toeneem, maar dit is verdeeld oor rassegrense. Altesaam twee derdes van swart mense het dié mening, maar slegs 38% van wit, Indiër en bruin mense.

Die opname het deur middel van SMS plaasgevind en Kantar Public het die opname vier dae ná Ramaphosa se staatsrede gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Demografie in verhouding? Ek neem aan die demografie van die bevolkingsamestelling het in verhouding onveranderd gebly soos toe Zuma aan die bewind was. Dan lyk die bogemelde % omtrent reg. Vir hom was dit ook so.

Haan ·

“meerderheid” … Pfft

“whenever you find yourself in the majority, it’s time to pause and reflect” – Mark Twain

Grassie ·

Dit is heeltemaal logies. Die meerderheid kiesers sal beslis optimisties wees oor Ramaphosa as hy vir hulle sê hy gaan die witmense se eiendomme sonder vergoeding vat en aan hulle gee.

Erick ·

“Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie”.
-Exodus 23:2-

Pieter ·

Meerderhede kan verkeerd wees en gewillig wees om die reg tot hul vermeende voordele aan te wend. Ek voeg my eerder by die minderheid wat die werklikheid verstaan, veral by dié wat die Bybel glo.

Elsa ·

As ramaphosa meerderheid wil behou sal hy moet dophou en optree tee eff uitsprake wat onaanvaarbaar is….anders kan hy uitgelig kom en in skande sit. Meerderheid beteken nie hy het mag in pag, reg en geregtigheid, lei ‘n volk….

Gestremde ·

Waste bemarkingsveldtog is dit, waar net 1112 mense aan deelneem, om te kan bepaal wat 73% optimisties is oor Mnr. Ramaphosa. Die toets is seker gedoen soos die demografie die land verteenwoordig met 89% swart, 5% wit, 4% kleurling en 2% ander. Dit beteken dus die opinie van ongeveer 1000 swart mense in vergelyking met 112 ander rasse. Die statistieke is so nutteloos en vals soos die statstieke wat gebruik word met AA/EE aanstellings (veral staatsdiens) , grondbesit, ens. Begin eerder konkrete statistieke kry en sien dan wat tussen 1994 en 2018 gebeur het en bepaal dan wie is die meerderheid optimisties kiesers. Enige persoon met ‘n IK van hoër as 60% kan dit bepaal.

Deurdag ·

Jou kommentaar maak baie sin. Stem tot dusver altyd met jou saam.

Poot ·

Gestremde
Ek het net so lekker gelag toe ek die getal gesien het wat genader is vir die opname. Kon seker nie verder tel as 1112 nie….. soos on agbare voormalige Staatshoof.
WAT ‘N GRAP!!!!!

LR ·

In sy SONA toespraak verwys hy na “my people” . Toe Lakota hom vra dat hy moet spesifiseer wie is die “my people” waarna hy verwys was hy ontwykend en het nie sy vraag beantwoord nie.
Toe JM onlangs uitvaar teen Athol Trollip omdat hy wit is en sommer sy keel wil afsny asook ander opruiende uitsprake teen wit mense oor grondhervorming was CR doodstil, trouens ek kan nie onthou of hy al vir JM eenkeer aan ge vat het vir sy uitsprake nie. Op hierdie stadium lyk dit asof hulle hand op blaas is met mekaar.
Dus is daar vir my as witman op hierdie stadium maar bitter min wat my opgewonde maak oor CR. Hopelik is sy stilswye ‘n deel van sy strategie waaroor daar so baie gepraat word.

2018 ·

Dis mos nou wragtie obvious as daar 50 miljoen anderskleuriges is en 4 miljoen blankes en jy doen ‘n opname onder swartes dat Ramaphosa met 90% sal lei . ai .. ons is darem so gullible.

derhalwe ·

as ek die klas sms kry, vloek ek en delete. dalk moet kantar pubkic wees rama inc.

Andre ·

Meerdereid? Die man is `n poppie vir die ANC, hy doen niks nie.

Lee ·

Ek persoonlik vertrou gladnie vir Ramaphosa nie. Hy gaan niks vir ons wittes doen nie en is tjoepstil oor plaasmoorde. Die moorde volgens my is als Polities. Nes dit daai tyd in Zimbabwe gegaan het en die Regering sien niks raak nie. Hulle wil ons uit die land uitdryf. Kantar Public word ook seker deur die ANC besit…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.