Die meerderheid van Suid-Afrikaanse kiesers glo die land sal floreer onder die nuwe president Cyril Ramaphosa.
Ramaphosa het oudpres. Jacob Zuma vervang wat verlede maand onder druk van die ANC en opposisiepartye bedank het te midde van bewerings dat sy welgestelde vriende, die Gupta-familie, probeer het om hul vriendskap met hom te misbruik en die regering en openbare ondernemings te beïnvloed. Zuma en die Guptas ontken enige korrupsie.
ʼn Opname deur Kantar Public tussen 20 en 26 Februarie onder 1 112 Suid-Afrikaanse volwassenes, wat die land se ras, geslag, inkomste en provinsiale demografie verteenwoordig, het bevind dat 73% optimisties is dat die ekonomie teen ʼn gesonde pas sal verbeter onder Ramaphosa se bewind.
Van diegene wat aan die opname deelgeneem het, is 65% “tevrede” met Zuma se bedanking in Februarie, teen ʼn kwart wat ontevrede was. In Zuma se provinsie, KwaZulu-Natal, waar hy die meeste ondersteuning geniet, was 49% nie tevrede met sy bedanking nie, alhoewel 39% wel tevrede was.
Die opname het ook menings ondersoek oor ondersteuning vir volgende jaar se algemene verkiesing vir die regerende ANC. Altesaam 59% van respondente is oortuig dat ondersteuning vir die party oor die volgende jaar sal toeneem, maar dit is verdeeld oor rassegrense. Altesaam twee derdes van swart mense het dié mening, maar slegs 38% van wit, Indiër en bruin mense.
Die opname het deur middel van SMS plaasgevind en Kantar Public het die opname vier dae ná Ramaphosa se staatsrede gehou.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Demografie in verhouding? Ek neem aan die demografie van die bevolkingsamestelling het in verhouding onveranderd gebly soos toe Zuma aan die bewind was. Dan lyk die bogemelde % omtrent reg. Vir hom was dit ook so.
“meerderheid” … Pfft
“whenever you find yourself in the majority, it’s time to pause and reflect” – Mark Twain
Dit is heeltemaal logies. Die meerderheid kiesers sal beslis optimisties wees oor Ramaphosa as hy vir hulle sê hy gaan die witmense se eiendomme sonder vergoeding vat en aan hulle gee.
Meerderhede het ook vir Zuma gesteun en vir Mugabe ….
“Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie”.
-Exodus 23:2-