Talle steun verpligte inenting in die werkplek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Meer as die helfte van Suid-Afrikaanse volwassenes (54%) wat aan ‘n onlangse peiling deelgeneem het, is ten gunste van die verpligte inenting teen Covid-19 vir werknemers. Sowat 51% steun ook die gebruik van sogenaamde entstofpaspoorte vir toegang tot openbare plekke.

Die opname is gedoen deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sentrum vir maatskaplike verandering, in samewerking met ’n navorsingsafdeling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Dit vorm deel van ronde 5 van die UJ/RGN Covid-19-demokrasie-opname, wat data tussen 22 Oktober en 17 November 2021 ingesamel het.

Die vlakke van steun vir dié voorgestelde beleid verskil egter aansienlik wanneer die deelnemers se inentingstatus, vlakke van onderrig én ras in ag geneem word.

Altesame 6 633 volwassenes het aan die peiling deelgeneem. Die navorsers meen egter die bevindinge kan in die breë beskou word as ʼn aanduiding van die sienings van die volwasse bevolking as geheel.

Die meerderheid Indiër en swart volwassenes is tans ten gunste van verpligte inenting in die werkplek, terwyl net sowat drie uit tien wit volwassenes die moontlikheid van só ʼn beleid steun.

Luidens die bevindinge is steun vir verpligte inenting in die werkplek die hoogste onder Indiër volwassenes (65%), gevolg deur swart volwassenes (56%), bruin volwassenes (49%) en die laagste onder wit volwassenes (32%).

Steun vir entstofpaspoorte is ook verreweg die laagste onder wit volwassenes (32%) vergeleke met swart volwassenes (54%), Indiër volwassenes (51%) en bruin volwassenes (46%).

In Suid-Afrika is sowat ʼn kwart van die volwasse bevolking nou ten volle ingeënt. (Argieffoto: Daniel Leal/AFP)

Wat Suid-Afrikaanse volwassenes se gewilligheid om hul te laat inent betref, is onderskeidelik 75% van ingeënte individue ten gunste van verpligte inenting in die werkplek en 78% van ’n entstofpaspoort. Dít teenoor minder as 10% steun onder persone wat nie ingeënt is nie en nie van plan is om die entstof te ontvang nie.

Die navorsers het verder opgemerk hoe hoër ʼn individu se vlak van onderwys of opleiding is, hoe minder geneë is hy of sy om verpligte inenting en entstofpasoorte te steun.

Sowat 61% van volwassenes wat nié matriek voltooi het nie, steun verpligte inenting in die werkplek, vergeleke met 39% van diegene wat matriek behaal het en daarna verdere opleiding ontvang het.

Dié verhouding blyk byna dieselfde te wees wat betref die gebruik van entstofpaspoorte om toegang tot openbare plekke te verkry (60/40).

Die verskille volgens geslag en ouderdom is weglaatbaar klein, sê die navorsers oor hul bevindinge.

Volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 24 jaar oud is effens meer ten gunste van verpligte werkplekinenting vergeleke met ouer ouderdomsgroepe – 57% vergeleke met 52% onder persone van 55 jaar en ouer.

Jong volwassenes toon egter effens minder steun vir entstofpaspoorte (51%) vergeleke met die steun (55%) van persone 55 jaar en ouer.

‘n Soortgelyke peiling onder verbruikers van die webtuiste Dear South Afrika, het egter gewys dat 113 128 uit 139 600 (81%) verbruikers nié ten gunste is van verpligte inentings nie.  Redes sluit in dat alle mense die reg tot vryheid van keuse behoort te hê en dat die inenting moontlik onveilig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

116 Kommentare

Frank ·

Nou wat daarvan? Die meerderheid in Suid Afrika stem ook ANC. Die 32% syfer is egter baie interressant

piet ·

Maar hoeveel van die 32% was ingeent? Die rede is dat die persentasie ingeentes wat ten gunste van verpligting is baie hoog is. Daar is ‘n tendens dat mense meer ten gunste van verpligte maatreels raak sodra hulle ingeent is. Siende dat redelik min mense al ingeent is, kan mens verwag dat die stem vir verpligte inentings sal styg soos meer mense self ingeent word.

Frikkels ·

Niemand het my niks gevra nie, wonder hoekom word daar nie ñ referendum uitgeroep nie? Ek dink hulle is te bang ñ referendum se uitslag sal ñ stokkie in die kaders se sosialistiese wiele steek en die soustrein tot stilstand laat knars!

Yolandie ·

Presies. Dit is ‘n klomp twak! As die peiling reg was, sou 92% van SA al in geënt gewees het!!

Elméne ·

Wonder ek ook??? Waar kry hulle hul inligting – o ja!!, ek het bietjie vergeet. Kyk net hoe plat is hulle duime al gesuig!!

Francois Le Cochon ·

Madelein, dit is die wetenskap van statistiek. Bv. indien ‘n maatspappy een klagte ontvang, en die statistiese metodiek dui aan dat slegs een uit 600 ontevrede klante fisies kla, dan word elke een klagte met 600 vermeenigvuldig. Indien 100 klante dus kla, beskou die maatskappy dit as 60,000 ontevrede klante. Steekproewe en peilings werk op dieselfde wyse.

Gerhard ·

Maklik. Dis n erkende statistiek metode om n goeie idee te kry van wat die oorgrootte meerderheid se opinie is. . Net omdat jy nie van die antwoorde hou nie beteken nie die metode is verkeerd nie.

bobmartin ·

Natuurlik sal die 6000 wat inenting pasboek besit die verpligting van inenting steun teenoor 60 000 000 wat nie n pasboek besit nie. So goed en wel ek gaan vra Soweto vir wie hulle stem tydens verkiesing. Almal gaan se ANC.

Di ·

Sowat 61% van volwassenes wat nié matriek voltooi het nie, steun verpligte inenting in die werkplek, vergeleke met 39% van diegene wat matriek behaal het en daarna verdere opleiding ontvang het. Nogal interressant, wonder hoe hulle DIT bepaal het. Meeste in die land is ongeskoold

MakersMark ·

Ek dink jy beweeg nou nader aan die wortel van die probleem. Wat ek al lankal sê.

piet ·

En welke persentasie van die verskilllende rasse was ingeent en hoeveel nie. Dis ‘n te klein steekproef om al die veranderlikes te beproef.

Liesje ·

Wel by my werksplek het almal wat nou positief getoets is die “jab” gehad..so?
Is getoets omdat hulle nie lekker gevoel het nie en moes toets volgens werksplek se protokol

Marius ·

En tog is daar groter steun in eerste wêreld waar die oorgrote meerderheid naskoolse kwalifikasies het?

Julius ·

Lees die bevinding net slimmer mense is gekant teen verpligte inenting, dit sê baie.

Johan D ·

Iemand met matriek of naskoolse opleiding is nie noodwendig slim nie!

Marius ·

Nou hoe verduidelik dit die hoë inentingskoers van hoër geskoolde eerstewêrelde?

Yolandie ·

Jy is mos ingeënt, as jou spuit dan so goed is en wel werk, hoekom bekommer jy jou oor haar??

Genis ·

Wat vir my snaakste is, ek is sover die enigste een wat nie by werk ge-ent is nie… Ons werk wel van die huis af… Nietemin meeste het die nuwe virus….

Nici ·

Wat todat hul by die 5de inenting kom en dan gaan ingeente mense ook keelvol raak.

Francois Le Cochon ·

Nici, ek is ingeent en ook al keelvol, maar ek doen wat gedoen moet word.

piet ·

Dit sal afhang van die gevaarlikheidgraad van ‘n nuwe variant of ek sal gaan vir ‘n booster shot of nie. Ek is oor die algemeen ‘n gesonde persoon wat reeds 2 shots ontvang het so tensy daar nou rerig ‘n dodelike variant uitbreek, sal ek nie sommer vir ‘n booster shot gaan nie.

VaalDonkie ·

Piet, nou praat jy sin. Sien, jy besluit vir jouself en dis al wat ek ook vir my wil he. Die idee dat ‘n jong meisietjie in haar 20’s daar bo in Gauteng namens my besluit het ek MOET ‘n spuit kry of ek word afgedank, is wat my pla. Ek wil ook soos jy vry wees om te besluit wat die beste vir my is.

piet ·

Maar ek het darem al my shots gekry so moenie te gou bly raak omdat ek nie sommer vir ‘n booster shot sal gaan nie. Ek ondersteun ondernemings wat ‘n veiliger werksplek wil skep en dus het ek nie probleme met verpligtige inentings vir werknemers nie.

Mercia ·

Onthou net piet…..dan gaan daardie “freepass” waarvoor julle so roep nie werk nie. Sover ek verstaan gaan jy moet aanhou spuit vir daardie stukkie papier om nog geldig te wees. M.a.w na elke 6md (ten minste) boostershot of “no entry” nes die res wat nog geen jab gevat het nie.

Strandloper ·

Mercia…dit is ook goed so…ek kan nie verstaan hoekom almal so moan oor hulp nie? Dit maak my kop regtig seer. Doen tog biekie navorsing of is kla makliker?

johan ·

Hierdie is nie ‘n demokratiese issue nie. Die is’ n besluit oor jou eie liggaam. Geen meerderheids stem of enige regter se uitspraak maak saak nie. Dis my liggaam en my keuse ALLEEN.

Nici ·

Ek stem, niemand gaan vir jou sorg as jy ‘n bloedklont deur die brein kry nie.

Elinette ·

Raai, wie hardloop die vinnigste (as jy kan) dokter of hospitaal toe, as jy snak na asem nadat jy COVID opgedoen het?

Pieter ·

Presies, Elinette. Dis tragies maar dis net hulle liggam en besluit tot hulle na asem begin snak. Dan maak daardie liggaam oop vir die naaste dokter.

Vlooitjie ·

Meeste mense wat nie die inenting neem nie, glo ook dat verkoue, griep, bronchites en longontsteking ook wel nog bestaan. As ons siekerig voel het ons beslis nie ‘n covid paniek aanval soos almal dink nie.

Pierre ·

Daar is absoluut geen geloof wat mediese hulp verbied nie, so jy was nog nooit ingeent nie?

Vlakvark ·

Sowat 61% van volwassenes wat nié matriek voltooi het nie, steun verpligte inenting in die werkplek, vergeleke met 39% van diegene wat matriek behaal het en daarna verdere opleiding ontvang het.
Ha ha daar het jy dit.

Frik ·

Dis in elk geval ongrondwetlik en geen arbeidswetgewing laat dit toe nie.
Maatskappy wat hul werkers dwing om die spuit te vat is besig om vir hulself groot probleme te maak en gaan duur betaal hiervoor!

Miskruier ·

Regtig???na familie in Nederland al drie spuite gehad het en nou in kwarantyn is.

bobmartin ·

Hoekom dan die verpligting van inenting maak? Ek meen dan kan die wat inenting neem mos nie bekommer wees oor die wat nie die inenting neem.

Vleiskuif ·

Navorsing soos die is ongelukkig net so onbetroubaar soos navorsing om verkiesings uitslae te bepaal (soos wat ons gesien het in die verlede). Jy kan nie die hele populasie gebruik nie, so jy gebruik net ‘n steekrpoef wat nie regtig verteenwoordigend is nie.

Net logies…as die uitkoms se dat 51 % verpligte inenting steun , hoekom is nog net 27% mense ingeent?

piet ·

Ons weet nie hoeveel mense in die steekproef ingeent is nie.

KB ·

Wie is aan die bestuur van hierdie meningspeiling/projek? Wie betaal sy/haar salaris?
Ek dink dit mag dalk ʼn interessante antwoord wees.
Moenie net goedsmoeds sulke beweringe glo nie…

Jessey ·

Jare lank geveg teen die “Dompas”, nou word daar geveg om dit weer te implementeer

Anna-Marie ·

In Duitsland het hulle die groen pas. Dit beteken of jy het is ten volle gevaksineer of jy het reeds herstel van covid of jy het n negatiewe PCR toets. Een of ander belangrike persoon het onlangs gesê dat hulle sal moet begin om die gevaksineerdes ook te laat toets vir akute infeksie op n gereelde basis, want hulle word nog steeds siek en versprei nog steeds die virus. Die WGO beveel nie verpligte inentings aan nie, slegs bemarking. Dan wonder ek maar net wat gaan gebeur as n werkplek 50% van hulle ervare opgeleide werkers verloor agv verligte enting of restaurant en ander besighede 50% van hulle kliënte verloor. Kan Suid-Afrika dit werklik bekostig?

Tanja ·

Niks en niemand sal my verplig om enigeiets aan my liggaam te doen of in te neem wat ek nie wil nie PUNT

MakersMark ·

As jy in ‘n geinduseerde koma op ventilasie is doen hul aan jou liggaam wat hul moet om jou te probeer red. Inspuiting kon dit als verhoed het. En dis minder ” intrusive”…..

Vlooitjie ·

Jy kan covid ook by iemand kry wat inge-ent is. Hou op voorgeet dis net oninge-ente mense wat almal siek maak. Die inspuiting keer nie dir siekte volkome om op te doen of aan te steek nie.

Frans ·

Opskrif moet eerder lees: ‘UJ sê meerderheid steun verpligte inenting in die werkplek’. Anders klink dit soos propaganda… (hmm)
Hoekom is minder as 40% van volwasse mense in SA dan ingeënt?
As die UJ navorsing korrek is dan moet meer as 54% (ten minste) van volwassenes mos ingeënt wees…?

Cryptogruppe ·

Sien hier is die logika. Na jou vierde of vydfe spuit, is daar ‘n nuwe variant en dan moet jy weer gespuit word. ‘n nimmer-eindigende siklus. Spuit jy dan nie, verval jou paspoort en word jy dan weer beskou as “vaccine hesitant” en kan jy dan ook verban word om deel te wees van die samelewing. Daar gaan ;n punt kom wanner selfs jy gaan se , ‘Genoeg is genoeg”

bobmartin ·

Die wat die inenting so neem gaan binnekort agterkom hoe dit voel om nie in te pas wanneer hul inenting pasboek nie op datum is. Self die wat inent neem gaan moet wag om pasboek op datum te bring voor hulle mag gaan werk.

Stofdonkie ·

Nee. Wat het ‘n ingeënte en ongeënte mens in gemeen? Nie een sal ooit ten volle geënt wees nie. Ek wonder wat gaan die spuit kos om jou te help teen die newe-effekte van die enting. Dis waar hulle hulle groot geld gaan maak om jou te genees van die newe-effekte van die entstof

Blikkies ·

Absoluut belaglik. Lyk my die mense wil terug gaan na Apartheid era. Jy word ingeperk met geen vrye beweging, en moet boonop n pasboek saam dra? Ek het my inspuitings, maar hierdie ding ruk nou hand uit. Basta met die verpligte inspuitings.

bobmartin ·

Strandloper. Ek moet se ek stem nie altyd saam jou komentaar. Maar hier kan ek se is jy ongelukkig reg. Oorlewing. Mense letterlik neem die entstof en pasboek om te bewys dat hulle inenting geneem het vir meer as net mediese redes. Vir werk omdat jy nie sonder pasboek kan werk, beter toekom met n pasboek, geld met n inenting pasboek en die lys gaan aan. Ek ken n hele paar wat dit net geneem het om hul werk te kan behou al is hulle teen inenting gewees. Het nie n keuse gehad.

Strandloper ·

Bobmartin. My stelling is 100% gemik op mediese oorlewing. Dit wat jy noem is n bonus. Glo my eks banger vir die bug as my skoonma.

Toy ·

Ek sien my opinie tel nie hier nie, dit word gladnie geplaas nie, maar ek se weer ek sal nie die inenting vat nie, ek vertrou dit gladnie en gelukkig my werk verplig niemand om dit te vat nie.

Porseleintjie ·

Elke mens se liggaam behoort aan hom/haarself. Geen een kan tog vir n ander se wat om met jou eie liggaam te doen nie. Dus, bepaal jou by jou eie keuse. Leef jou lewe en los die uit wat ook hul reg op hul eie liggaam uitoefen. Elkeen sal self voor God rekenskap oor jou eie liggaam gee en nie jou bure of kollega sn nie. Dalk moet die selfaangestelde regters net dit in gedagte hou.

Francois Le Cochon ·

Watse rekenskap gaan jy gee oor jou polio, masels, pokke…. inentings?

bobmartin ·

Polio, masels en pokke inenting is nie Covid inenting nie.

Stephen ·

Wonder dan hoekom die steekproef op DearSA met 137000+ stemme dan 82% teen verpligte vaksinasie is. Gaan kyk maar self op hul webwerf. Ek ruik ñ rot met hierdie artikel se betreklik klein steekproef.

KB ·

Ek het dit ook gelees (DearSA) se petisie.
Die UJ het lankal geloofwaardigheid verloor…dis so goed mens glo vir CNN, of Suikerklontjie, of oompie George (Soros)…

Johan D ·

Jy kyk in die antwoord vas, Dear SA het net oor die 131,000 lede en almal is met Internet deur die groep bereik! Ander steekproewe vind meestal plaas waar mense fisies genader word vir ʼn mening!

johan ·

Spuit julle almal aub gaan groot moet nie terug hou nie. SPUIT aub Suid Afrika het groot werkloosheid en dit gaan ons oplosing wees. Want werk gaan volop raak. As die gif eers gaan begin werk dan gaan daar nie meer werkloosheid wees nie.

Petrus Klipkop ·

Die vraag is of die organisasies wat die navorsing gedoen het, self ten gunste van of teen verpligte inentings is. Gaan lees hulle beleid, stellings aan die pers, bronne van befondsing, en besluit dan self. Ek bevraagteken geensins die metodologie of die heersende paradigma nie, ek sê net gaan kyk wat hulle self in die openbaar kwytgeraak het en maak dan ‘n gevolgtrekking. Gaan kyk ook na die aard van die vrae in die vraelys, die karaktertrekke van die steekproef, en ander faktore. Dit sal tot ‘n beter gevolgtrekking lei of die steekproef sò opgestel is om ‘n hipotese te staaf (werk vanaf die eindpunt tot die begin sodat die data by die hipotese kan pas), al dan nie (werk vanaf die beginpunt tot die gevolgtrekking, en verander dan die hipotese as die data nie pas nie). Ek sal bitter verbaas wees as MM enige sulke tipe vrae gaan toelaat, omdat dit nie vir of teen ‘n narratief is nie, maar dat dit ‘n voorbeeld van dink vir jouself is.

Deon ·

Die persentasie mense wat ge ent is klop nie met hierdie navorsings syfers nie, 25 persent ge ent alhoewel 54 persent dit ondersteun, maak nie sin nie

Marianna ·

Hoekom word die mense nie ingelig hoe hulle hul kan behandel wanneer hulle die Omicron het nie? Hoekom vertel dokters nie vir pasiente om die goed te gebruik wat werk nie? Hoekom moet mense nou vir die vax gaan? Wat van Ivermectin? Dit werk ook goed vir die Omicron. Elke tweede advertensie is oor inenting.

Francois Le Cochon ·

Marianna, verduidelik asb vir my, tot op die molekulere vlak van die chemiese samestelling van Ivermektien, hoe Ivermektien covid kan beveg. Nie meer as 100 bladsye asb. Kry my epos by MM. Ek wag dankie.

JohnnyS ·

Francois Le Cochon – Madelein het Marianna die moeite gespaar. Gaan lees maar gerus die baie insiggewende artikels.

VaalDonkie ·

Ivermectin is nie ‘n wondermiddel nie. Dit help wel, maar dit alleen gaan jou nie gesond hou nie. Jy het nodig om die lugweg-infeksie vinnig onder beheer te kry en dan moet jy ook die allergie en inflammasie onder beheer kry wat op dag 8 begin. Ivermectin kan help tot ‘n mate, maar jy moet goed soos dexamethesone of prednisone ook gebruik, sowel as ander goed. Ek is nie ‘n dokter nie so ek kan en gaan nie vir jou ‘n volledige lysie gee nie.

Madelein ·

Stem saam. Daar is protokolle om die virus te behandel met Ivermektien en ander middels soos zink, vit d, vit c, doxycline etc. Dit moet net vroeg gebeur dan is jou kanse baie goed en dan het jy sommeer natuurlike immuniteit.

JohnnyS ·

VaalDonkie jy is 100% reg. ‘n Goeie dokter behandel so gou moontlik die simptome van COVID-19. En daar is wel dokters wat Ivermectin voorskryf, maar ongelukkig is daar baie “slim” mense wat met oogklappe aan loop.

PieterJ ·

Opnames is baie maklik om te manupileer soos dit jou pas, vra net die regte tipe mense. Kan gewoonlik maklik sien die tipe wat bang is vir covid.

Die Goodwoodianer ·

God het ons die verstand gegee om mediese deurbrake te kan maak, inentings te ontwikkel en vorentoe te kan gaan in die lewe. Magtig, mense. Wat is die probleem? Wat is die probleem nou eintlik? Hou op so verdomp hardkoppig te wees, daar is reeds so min van ons oor!

Die inenting was ontwikkel in n korter tyd as 100 gelede WANT tegnologie het ver gevorder sedertdien. My Ouma (1918-2009) het altyd vertel van die inentings en dat daar die was wat dit nie geneem het nie, en ongelukkig gesterf het. Die ouer garde het geweet waarvan hulle praat – hulle het gesien wat gebeur het.

Maar nee, die internet maak mense mos kwansuis dokters en dink hulle weet alles. Vat die inenting, kry klaar. Hou op glo dat 5G-strale CV19 versprei en dat mikro-skyfies in jou geplant gaan word. Jy is reeds “gemerk” – as dit jou redenasie is – wel, jy het ñ ID-boek en ñ nommer met ñ skandering-kode op. Jy is ook heel moontlik ingeënt as baba. So nou wat, nou wat nou???

Piet ·

Dit gaan oor “Verpligte” Ek is oortuig daarvan as mense beter benader word en dit beter verduidlik word as om net te dwing, sal meer mense dit neem. As jy iemand dwing om iets te doen is die kans baie goed dat iets nie pluis is nie, hoekom dwing?

KB ·

Siende dat jy so goedgelowig wil wees…:
GEEN entof word in 21 maande ontwikkel nie, GEEN!
Dit neem 10 jaar en langer. Gaan doen bietjie navorsing, gaan lees wyer…

God hét ook vir ONS ʼn verstand gegee (ja) OM TE GEBRUIK, Hy het ook vir ons INSIG gegee, HY het ook vir ons RIGLYNE gegee…Hy het ons twee oë en twee ore gegee…maar een mond (die les is logies: Lees meer, Luister meer…en praat minder).

Anoniem ·

Wyer navorsing beteken hou aan soek tot jy iets kry wat met jou saamstem

Josua ·

Wonder of Maroela my weer gaan blok??? Net die volgende, jy is 100% reg, God het mense geskape met sekere tallente om vaksiene ens te ontdek maar satan gebruik daai selfde mense ook om n geld god te aanbid. Jare gelde toe vliegtuie ontdek was was dit hoog nuus nie waar nie, ook geseende tallenvolle mense! Vliegtuie was ontwerp om mense ens te vervoer n vlietuig het met een enjin begin en vandag dalk vier van een mense te vervoer tot 300 op n slag? Nou in die “moderne” era maak hulle drones, vier, ses, agt, tien en nog meer enjins om dieselfde werk te doen maar omdat dit battery krag is word dit skielik n verskriklike prestasie, Amerika vervaardig die ospry helikopter vliegtuig bv met twee enjins wat dubbel die hoeveelheid petrol gebruik terwyl n enkel metorige helikopter dieselfde werk kan doen teen die helfte die koste en dit is nuwe tegnologie?? On is besig om baie vinnig agteruit te presteer en dit word beskou as modern ek twyfel baie sterk dink mooi wat ek sê.

MakersMark ·

Beste aanmerking in ‘n lang tyd. Maar omdat wat jy se so waar is en sin maak sal dit seker binnekort verwyder word terwyl die antivaxers aanhou vals informasie versprei en dit geplaas word.

annievantshwanie ·

Dis baie insig gewend, siende dat sekere rasse dan die voordele en nadele van alles raaksien….gestel die entstof word verpligtend in die werksplek, gaan BAIE nie meer werk nie en bygese BAIE nie meer tax betaal nie, wat dus dan die tax betaler se las gaan VERGROOT …
In n pandemie word gesondheids werkers gewoonlik benodig, maar nou word hul gedwing anders verloor hulle hul werk, hoe dodelik en erg is die pandemie dan as jy kan kans sien om van jou gesondheidswerkers te verloor?

piet ·

Ek moet se vanoggend by Clicks was daar nogal ‘n lang ry vir inentings, lanklaas mense gesien wat sit en wag. Lyk my die vooma-veldtog werk. Mense wil ook seker inent voor hulle met vakansie weggaan.

Madelein ·

Siende dat net 10% van oningeënte mense ten gunste van mandate is en dat die studie meen dat 51% van mense ten gunste van mandate is, sê dit vir my dat die peiling oorheers is deur ingeëntes. Net sowat 24-30% van mense is ingeënt in Suid-Afrika. Ek is van mening dat hierdie peiling baie eensydig is en nie die wyer publiek verteenwoordig nie.

JohnnyS ·

Hoe het Martino altyd gesê – Kul jou hier, kul jou daar en siedaar. Die berig is oë verblindery. Die eintlike syfers wat behoort ontleed te word en groot “fanfare” gemaak van te word, is die aangaande peiling van Dear South Africa wat skaars vier reëls onder aan die berig kry. Hier kan enige persoon sy stem laat tel. Wie gee om wat 6633 “uit verkose” kandidate te sê het. Hoop almal gaan Dear SA se peiling ondersteun.

bobmartin ·

Enige een kan ook 10 mense gaan vra of hulle ten gunste van verpligting van entstof is. Dan kyk n persoon net vir 6 van die wat inenting pasboek het en 4 wat nie inenting pasboek het. Stel n raport op en se vir die wereld talle steun verpligte inenting in die werksplek.

Madeleine ·

Ek is 100 % seker Dat ek NIE die inspuiting (dis nie n ent nie) Sal vat NIE.

Schalk ·

Ek is 56 jaar oud en vertrou my eie ligaam se imunnieteit stelsel meer as ‘n inspuiting wat skaars ‘n jaar op die mark is.

john ·

DIE werkgewers wat inenting verplig besef nie hulle stel hulle bloot aan groot hoffsake en eise. Ten eerste is dit ongrondwettlik en Hulle kan by die human right commison angekla word wat hulle miljoene rande kan kos en as iemand skade berokken word agv van die vaccine kan hulle ook gedagvaar word. So julle werkgewers wat die vaccine onwettig afdwing julle gaan nog spyt wees.

MakersMark ·

Hou maar die arbeidswet in gedagte dat dit die werkgewer se plig is om ‘n veilige werkplek aan werkers te verskaf. Individue se grille wat potensieel die meerderheid benadeel sal nie bo die van die meerderheid gestel word nie. So dink maar weer. Hoe kan groot maatskappye is SA al reeds dit ‘n vereiste gemaak het ?

john ·

75% van ingentis is ten gunste van verpligting .. Dit is die domste statistiek ooit statistics 101. die steek proef moet representive wees vd bevolking. Jy kan nie 100 covid gevalle vat en toets en dan se 100% vd mense is covid positief nie. dis nog al logies die wat die inspuiting gevat het gaan meer stem voor gedwonge inentings. Die soort gemanipuleerde statistieke word net deur die media gebruik om te mislei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.