“Meerminne” stuur vrou glo om te moor

Argieffoto

Argieffoto

Charnice Smith, ʼn 29-jarige vrou van Jan Hofmeyer in Johannesburg, is vir sielkundige waarneming gestuur nadat sy glo deur meerminne aangesê is om ʼn vyfjarige seun aan te val.

Smith het Dinsdag vlugtig in die Newlands-landdroshof verskyn, berig Beeld. Sy word van aanranding aangekla nadat sy die seun glo verlede Woensdag met ʼn stuk glas in sy rug gesteek het. Sy is dieselfde dag in hegtenis geneem en is sedert die voorval in aanhouding.

Volgens die berig was die bure besig met opknapwerk en Smith het glo op die kinders, wat buite op die sypaadjie gespeel het, begin skree en hulle geskel.

Charon Scott, die buurvrou, het vir die kinders gesê om Smith te ignoreer, maar sy het later uit die huis gestorm met ʼn stuk glas en na bewering die seuntjie aangeval.

“Sy het geskree die ‘meerminne’ het haar gestuur om almal te vermoor,” het Scott gesê. Sy het beskryf hoe sy die vrou, wat in daardie stadium vol bloed was, van die kinders af moes wegstamp. Sy het gesê die seuntjie se ma is bly dat hy nie dood of ernstig gewond is nie.

Smith is na die Sterkfontein-hospitaal gestuur vir waarneming. Sy moet weer op 28 Augustus in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EMK ·

Meerminne?! Klink na iets wat gesnuif/gespuit of gedrink is deur haar. Kom ons kyk of Maroela die plaas, mense kan mos allerhande goed sê maar laat ek nou net dan word dit gemodereer.

Johann ·

Hierdie voorval laat my onwillekeurig aan die verhaal in Markus 5 dink.
Die gevoel van Godverlatenheid is dikwels die oorsaak van sulke dade.

Charnice Smith het dringend hulp nodig.
Sielkundig en Geestelike hulp.

Ek bid dat die Heilige Gees weer besit sal neem van haar lewe. Daar is nie ‘n ander Geneesmiddel nie.
Dat sy verantwoordelikheid van haar dade moet neem is ‘n feit maar dat reg en regverdigheid aan haar laat geskied.

Dat sy van die bose beskerm sal word.

Amen.

AmY ·

Seker die goedkoop vervalste sigarette wat sy rook? Of iets wat sy gedrink het?

Of het sy dalk gom gesnuif?

Genade, sit haar in ‘n inrigting en vergeet van haar, asb!!!

Belinda ·

Dis nou n K** storie as ek in my lewe van een gehoor het………………….seke Tik se skuld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.