‘Mees gesoekte’ sluipmoordenaar in Durban aangekeer

Die 32-jarige verdagte het ʼn vuurwapen en ammunisie by hom gehad (Foto: SAPD)

ʼn Beweerde sluipmoordenaar wat voorvlugtig was en gesoek is in verband met verskeie taxi-verwante moorde, is in ʼn voorstad in Durban aangekeer, het die polisie Woensdag gesê.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die “mees gesoekte” 32-jarige man het ʼn vuurwapen en ammunisie by hom gehad toe hy in Berea aangekeer is.

“Die verdagte word gesoek in verband met gesteelde motors, en sake van moord en roof in Umhlali, Montclair, Msunduzi, Mpumalanga, Inchanga en Durban se middestad. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. Hy word vermoedelik ook verbind met verskeie taxi-verwante misdade in die provinsie.”

Die 32-jarige verdagte het ʼn vuurwapen en ammunisie by hom gehad (Foto: SAPD)

Mbele het gesê die man is ʼn verdagte in die volgende sake:
– Die moord op die 29-jarige taxi-eienaar Dustin Pilllay wat op 23 September 2019 in Shakaskraal doodgeskiet is. Twee insittendes van ʼn wit Jeep het op Pillay losgebrand. Mfanufikile Dlamini (29) is ook onlangs in verband met die moord in hegtenis geneem en het in die hof verskyn.

– Die moord op Sibusiso Shozi en Sibonelo Mazibuko in Mobeni op 9 Maart 2019. Die mans het deur die woonbuurt gery toe ʼn onbekende skieter op hulle losgebrand en daarna van die toneel gevlug het. Shozi en Mazibuko is dood aangetref in hul motor met verskeie skietwonde.

– Die moord op Sandile Ndimande en Mthoko Ndimande op 29 Augustus 2019. Die mans is in ʼn taxi ingedwing en hul liggame is later met skietwonde gevind.

– ʼn 41-jarige man beweer hy het op 5 November 2018 sy Toyota Quantum by Fredville parkeer toe twee verdagtes hom met ʼn vuurwapen gedreig en met sy motor weggery het. Die motor is later in Cliffdale opgespoor.

– ʼn 28-jarige vrou se motor is in Mpumalanga-township gesteel.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes geloof vir die inhegtenisneming. “Ons is dankbaar dat die verdagte uiteindelik aangekeer is. Ons is seker dat hy vir ʼn lang tyd agter tralies sal bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

grensvegter ·

Te minste ken hy sy wapens, CZ75 parrabelum beste en betroubaartse 9mil wat gemaak is…

TooL ·

Ek sal graag die persoonlik wil ontmoet. Sulke mense fassineer my ongelooflik baie, want elkeen se storie, persoonlikheid en houding is vir my boeiend. Ek voel tog jammer vir die slagoffers, want hulle verdien dit nie.

Pieter C ·

Ek is seker daarvan hy is ook een van die eienaars wat ‘n gevaar inhou vir die land se veiligheid omdat hy ‘n gelisensieerde vuurwapen in sy besit gehad het en dit nie vrywillig tydens die amnestie tyd ingehandig het nie. Moet wees, want dis mos net die ouens met ongelisensieerde vuurwapens wat nie aan kriminele dade deel het nie.

Cherokee ·

Sam se broer het tot gister ‘n Uber taxi in Durban bestuur. Gister het iemand hom gevra om na elders geneem te word. Die iemand was ‘n taxi-eienaar. Uit ‘n verbygaande motor is, volgens wat Sam se vrou vanmôre aan my vertel het, meer as ‘veertig’ skote in die Uber en insittendes gevuur. Die media weet die minimum, absolute minimum van wat in hierdie gefaalde land aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.