Mees gesoekte verdagte agter tralies

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Een van Limpopo se mees gesoekte verdagtes, wat glo verantwoordelik is vir misdrywe in verskeie dele van die provinsie, is Vrydagaand tydens ʼn intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 53-jarige verdagte is in Rathidili, Tshilwavhusiku, naby Louis Trichardt, vasgetrek.

“Die verdagte word reeds met ten minste 11 sake verbind wat verband hou met sakerooftogte, pogings tot moord, gewapende rooftogte en kapings van voertuie. Hy was veral bedrywig in omgewings van Makhado, Tshitale, Saselemani, Mogwadi en meer onlangs in Modimolle,” het Ledwaba gesê.

ʼn Ongelisensieerde vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl was en ammunisie is in sy besit gevind. Die vuurwapen sal vir ballistiese toeste gestuur word om te bepaal om dit in ander misdade gebruik is.

Die verdagte moet binnekort in die Tshilwavhusiku-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SNEL ·

Dis goed, maar ek dink daar is nog n hele klomp “gesoektes” daar buite.

Sarie ·

Geluk SAPD.. Ek is dankbaar dat daar èèn minder is, maar voel die Polisiemag moet beter toegerus word om in hierdie “oorlog” te kan “veg”!!! Oorlog “speel”, se tyd is verby… Daar behoort niè aan sulke mense ènige genade betoon te word nie, want hùlle voel nìks vir andere nie!!!

Sue ·

Veels geluk. Goeie werk. Laat die kriminele sit vir ‘n baie lang tyd.

Jurie ·

Hoop van harte dat van hul kollegas nie die verdagte gaan help ontsnap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.