Die Gautengse polisie het een van die mees gesoekte verdagtes in dié provinsie in Diepsloot doodgeskiet. Die betrokke verdagte is gesoek in verband met verskeie misdade waaronder gewapende roof, sakeroof, transitoroof en motorkaping.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê polisiebeamptes het Vrydagaand aan die deur van die betrokke verdagte se vriendin in Riverside View geklop.
Volgens Makhubele het die verdagte besef dat die polisie op hom toeslaan, waarna hy ’n skoot afgevuur het. Die polisiebeamptes het egter teruggeskiet en die betrokke verdagte is in die proses noodlotting gewond.
Die vriendin se huis is deursoek waar polisiebeamptes op ’n sak met nege pistole, twee gewere en magasyne met ammunisie afgekom het. ’n Wit Mercedes-Benz AMG is ook in die erf aangetref. Dié motor is vermoedelik gekaap, het Makhubele gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Die vriendin behoort ook gearresteer te word…
is die vriendin agter tralies, sys mos medepligtige
Een booswig dra nie nege pistole nie . Hoop hulle vind die ander …in soortgelyke omstandighede .
Hy was seker oppad om die vuurwapens onder amnestie in te handig…..
As jou handwapen se lisensie verval het vereis hulle dat jy hom inhandig en weer aansoek om n lisensie doen.
Die vrou het 11 ONWETTIGE vuurwapens in haar huis gehad.
Hoe nou meneer Cele?
Dit is nou ‘n baie gepaste straf.