‘Mees gesoekte verdagte’ eindelik in Vrystaat vasgetrek

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Een van die mees gesoekte verdagtes in die Vrystaat is vandeesweek buite Harrismith in hegtenis geneem nadat hy in 2010 saam met verskeie makkers uit ʼn tronk op dié dorp ontsnap het.

Brig. Motantshi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die man is vroeër vandeesweek in die Makgolokweng-nedersetting buite die dorp in hegtenis geneem.

Hy is die afgelope nege jaar gesoek vir ʼn reeks misdade wat tussen 2007 en 2015 in die Qwaqwa-, Senekal- en Allanridge-omgewing gepleeg is. Dit sluit huisbraak, huisroof, sakeroof, verkragting en plaasaanvalle in.

Volgens Makhele word die verdagte deur middel van DNS aan dié misdade verbind en die moontlikheid van nog aanklagte is nie uitgesluit nie.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, is verheug oor die inhegtenisneming. “Dit wys dat ʼn mens kan weghardloop, maar nie kan wegkruip van die oë van ’n toegewyde gemeenskap en polisie wat geregtigheid wil laat geskied nie,” sê Sempe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Daan Erasmus ·

En hy het seker nog strykdeur van misdaad gelewe. Nie probeer om ‘n eerlike lewe te maak nie.

Andre ·

Lid van die ANC of EFF?

Wat het geword van ‘Justice delayed is justice denied?”

sweis ·

Niks met die polisie te doen nie as iemand hom nie verklap het nie sou die polisie nog 9 jaar na hom gesoek het en dan is die kans groot dat hy intussen by die polisie kon aansluit en bevorder word to kolonel.

Johann ·

Sweis die polisie moes hom steeds in hegtenis neem. Ek wil ook graag weet wat se werk jy doen. In meeste werke is jy van ander mense afhanklik, selfs al werk jy op ‘n rekenaarstelsel want dit word deur MENSE in stand gehou. So BRAVO SAPS!!!

Julie Jansen van Rensburg ·

Wat’n jammerte dat ene ACE nog nie vir alsy misdade vasgetrek ie nie. Hopelik sal iemand eendag wakker skrik en besef dat hierdie ghwar agter tralies hoort en die sleutel iewers wegraak of weggegoo word…

JohanR ·

Sal seker weer ontsnap met die polisie se hulp. Oops….het ek rerig vergeet om die tronk se deur te sluit! Daai arme Vrystaat is ‘n rerige ANC aders nes! Maar dan as jy aanhou ANC stem, dan kry jy wat jy voor gestem het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.