‘Mees gesoekte verdagte’ eindelik in Vrystaat vasgetrek

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Een van die mees gesoekte verdagtes in die Vrystaat is vandeesweek buite Harrismith in hegtenis geneem nadat hy in 2010 saam met verskeie makkers uit ʼn tronk op dié dorp ontsnap het.

Brig. Motantshi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die man is vroeër vandeesweek in die Makgolokweng-nedersetting buite die dorp in hegtenis geneem.

Hy is die afgelope nege jaar gesoek vir ʼn reeks misdade wat tussen 2007 en 2015 in die Qwaqwa-, Senekal- en Allanridge-omgewing gepleeg is. Dit sluit huisbraak, huisroof, sakeroof, verkragting en plaasaanvalle in.

Volgens Makhele word die verdagte deur middel van DNS aan dié misdade verbind en die moontlikheid van nog aanklagte is nie uitgesluit nie.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, is verheug oor die inhegtenisneming. “Dit wys dat ʼn mens kan weghardloop, maar nie kan wegkruip van die oë van ’n toegewyde gemeenskap en polisie wat geregtigheid wil laat geskied nie,” sê Sempe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daan Erasmus

En hy het seker nog strykdeur van misdaad gelewe. Nie probeer om ‘n eerlike lewe te maak nie.

Spook op thaba

Na 9 JAAR . Ekt nie woorde

Andre

Lid van die ANC of EFF?

Wat het geword van ‘Justice delayed is justice denied?”

Hagar

Bravo Polisie

SjN

Nou wys sy gesig vir die publiek