‘Mees gesoekte’ verdagte in Tzaneen vasgetrek

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 39-jarige “mees gesoekte” verdagte is in Tzaneen in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê dié man het na bewering ʼn skrikbewind onder gemeenskappe in Tzaneen en die Giyani-polisiëringsgebied gevoer. Die verdagte word volgens Mojapelo in verband met minstens 10 sake gesoek.

Volgens Mojapelo was sy jongste beweerde oortreding die kaping van ʼn Audi in Bolobedu in Januarie vanjaar. Die motor is later verlate by sy vriendin se huis in Bolobedu aangetref.

“Hoewel hy nie onmiddellik in hegtenis geneem kon word vir die spesifieke misdaad nie, is hy steeds later vasgetrek vir dié misdaad ná deeglike ondersoek deur die polisie,” het Mojapelo gesê.

Mojapelo het ook gesê die verdagte kon by drie vorige geleenthede daarin slaag om borgtog te kry en het misdade gepleeg terwyl hy op borgtog was.

Die verdagte sal van onder meer die volgende misdade aangekla word: motordiefstal in Maake in 2012; kaping in Maake in 2010; rooftogte in Namakgale onder meer in 2015; huisbraak in Bushbuckridge in Januarie 2017; die besit van ʼn outomatiese vuurwapen in Julie 2017 en ʼn kaping in Phalaborwa in Januarie 2017.

Die verdagte sal Maandag in die Lenyanye-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annie ·

Borgtog – daar gaan ons alweer – hoop hy kry nie die keer weer nie en word vir baie lank toegesluit – suurstof dief.

Dinarie ·

Misdaad terwyl hy op parool is.
Die man besef duidelik nie die erns van sy oortredings nie en moet uit die samelewing vewyder word vir solank as war die wet dsarvoor voorsiening maak.

Lientjie ·

Daar is ‘n baie groot verskil tussen borg en parool, hy was op borgtog uit. Hy het nie ‘n vonnis uitgedien en op parool vrygelaat nie.

neels ·

Daar sal nie weer vir hom borgtog gegee word nie, maar sy helpers binne in die gereg sal hom help om weer die pad te vat. Daar het al hoeveel ontsnappings die laaste maand in Limpopo plaas gevind en syne mag moontlik die volgende wees.

cassie ·

Dinarie,hy verstaan presies hoe die reg werk omdat sy regte by sy vorige verskyninigs aan hom verduidelik is.Na hy die eerste keer borg gekryy het en weer ‘n misdryf gepleeg het moes sy borg terugetrek geword het en hy in hegtenis moes bly tot na sy verhoor of verhore.Hoe het die ondersoekbeampte sy adres vasgestel as hy so rond swerf.

Sarel ·

Hoe is dit moontlik dat hy drie keer al borgtog gekry hey. Staat nie werk gedoen nie. Kan dink wst ek wil.

Lolla ·

Ons reg stelsel is duidelik nie n afskrik middel nie, in teen deel, met al die “regte” wat kriminele het en hoe hulle behandel word, is n tronk en reg stelsel n “walk in the park”, afgerond met n tralie hotel van gratis maaltye.

Alida ·

Waaroor stry julle so? More “ontsnap” hy weer en walla hy doen dit weer en weer.

SjN ·

Kan dit nie toegeskryf word aan onbevoegdheid aan amptenare se kant nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.