‘Mees gesoekte’ verdagtes in Jhb aangekeer

Argieffoto

Agt verdagtes is die afgelope naweek in Westbury, Johannesburg, in hegtenis geneem wat op die polisie se “mees gesoekte”-lys verskyn.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings volg waar polisiebeamptes saam met ander wetstoepassersagentskappe werk om sigbaarheid in Westbury te verhoog en ʼn verskerpte poging om die gemeenskap se klagtes oor dwelmhandel en bendebedrywighede aan te spreek.

Vier van die agt verdagtes staan tereg op aanklagte wat verband hou met die moord op die 31-jarige Bradley Saul, wat in Julie 2018 vermoor is nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die seun van een van die verdagtes vermoor het. Die ander vier is in hegtenis geneem op aanklag van die besit en handeldryf met dwelmmiddels, het Peters bygevoeg.

Daar is ook beslag gelê op ʼn vuurwapen en dwelmmiddels, waarvan die waarde nog nie bekend gemaak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adriaan ·

Met die openbare aandag op Westbury, is daar die verwagte “whack-a-mole” optrede deur die owerhede. Ek kry die indruk die 8 “mees gesoekte” verdagtes was heeltyd lewensgroot daar sonder dat daar teen hulle opgetree was.

carel ·

Mees gesoekte……? Is van hulle se name dan miskien Gupta…of ……Zuma?

KP ·

Binnekort weer los want hulle was dan reeds daar geplant deur die polisie en politisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.