Mees gesoekte verdagtes in Welkom aangekeer

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Daniel Kock (45) en sy vrou, Stephanie Kock (49) is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem op aanklag van bedrog.

“Die twee persone is verlede week by ʼn huis in Welkom in hegtenis geneem,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Kapt. Wouter Jerling en kapt. Bennie Strydom van die Welkom-speurspan het op 5 Julie omstreeks 19:00 die egpaar in hegtenis geneem. “Hulle word daarvan verdink dat hulle betrokke was by verskeie sake van bedrog in verskillende dorpe. Hulle het verskillende dorpe besoek, ʼn huis gehuur en pamflette uitgedeel om hul dienste te adverteer. Sodra hulle ʼn voornemende koper gekry het, het hulle weer verdwyn.”

Daniel word verbind met sewe sake in Park Road, Humewood, Jeffreysbaai, Da Gamaskop, Welkom, Richardsbaai en Wesselsbron tussen 2012 en 2017.

Stephanie word verbind met drie sake van Jeffreysbaai en een van Park Road.

“Die egpaar het op 7 Julie in die hof verskyn en hulle het in aanhouding gebly. Hulle moet op 14 Julie weer in die hof verskyn,” het Thakeng bygevoeg.

“Die twee betrokke speurders word geloof dat hulle so vinnig reageer het nadat hulle ʼn wenk ontvang het,” het kol. Christo van der Merwe, bevelvoerder van die speureenheid in Welkom, gesê. “Ons beskou hierdie inhegtenisnemings as ʼn deurbraak en bedank die besorgde inwoners van Welkom wat die polisie in kennis gestel het van hierdie verdagtes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My bydra ·

As ek dit mag se: dis nou weereens bewys en nog altyd bewys dat skelmstreke niemand iets in die sak bring nie. Een of ander tyd word jy gevang en dan moet jy boet vir jou dade en so kry elkeen sy of haar dag. Ek wonder net wanneer gaan Zuma,Guptas en almal wat betrokke is met hierdie tipe misdaad se dag eendag kom. Hopelik nog in ons leeftyd.

Koos1 ·

Met die lees van die opskrif begin ek bly word dat plaas moordenaars of verkragters gearresteer is. Maar nee die “Mees Gesoekte Verdagdes” is toe gesoek vir bedrog.
Ek dink die opskrif is misleidend.
Nogmaas kriminele wat maar hulle pak moet vat.

Andre ·

Wanneer gaan ons hoor dat die menigte wat so houtgerus by biljoene se korrupsie betrokke is, gearresteer en aangekla word? Die wet geld baie ooglopend net vir sommiges.

Swannie ·

Die berig is glad nie duidelik vir my nie.

“Die mense huur `n huis, adverteer hul dienste en sodra `n voornemende koper opdaag, verdwyn hulle ”

Om `n huis te huur is nie `n misdaad nie
Watter dienste het hul geadverteer ?
`n Voornemende koper is nog glad nie `n koper nie – so waar is die misdaad ?

Baie swak berig volgens my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.