‘Mees gesoekte verdagtes’ rakende taxigeweld vas

Argieffoto

Die Gautengse polisie het Vrydag drie mees gesoekte verdagtes wat verbind word met taxigeweld waartydens ’n groot aantal slagoffers vermoor is in Benoni aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het vroeër inligting ontvang dat die verdagtes hulle moontlik in Benoni bevind waarna die polisiebeamptes die omgewing fyn dopgehou het.

Die verdagtes is Vrydag omstreeks 11:30 in ’n silwergrys Nissan Qashqai in Benoni opgemerk waarna polisiebeamptes die voertuig onderskep het.

Volgens Masondo is die verdagtes, onderskeidelik 22, 29 en 35 jaar oud, teruggeneem na die woonstel waar hulle bly en twee vuurwapens, sewe magasyne en talle soorte ammunisie is in die woonstel gevind.

Die hoofverdagte het daarna die polisie na Windmillpark in Vosloorus gelei waar die polisie op ’n gelaaide AK-47-aanvalsgeweer beslag gelê het.

“Die verdagtes word met verskeie sake verbind waaronder ’n saak waarin ’n taxi-eienaar en sy broer in Protea Glen, Soweto, in Julie 2019 doodgeskiet is, asook ’n saak waarin ’n taxi-eienaar en sy bestuurder in Maart 2019 in Kensington doodgeskiet is.

“Die vuurwapens sal nou ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit gebruik is om misdade te pleeg,” het Masondo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Waar op dees aarde kry hulle die wapens? Genade dis om van mal te raak.

Ons wat wettig wapens besit mag nie eers ‘n AK-47 hê nie en as ek wil aansoek doen dan is dit die grootste ramp ooit al behoort ek aan hoeveel organisasies en het als wat nodig is…

Gerrie ·

Die ANC in die pre-1994 tyd het aksies soos burgerlike ongehoorsaamheid, bomaanvalle in publieke plekke, en insmokkel van vuurwapens vir misdadighede as deel van hul strategie teen die destydse regering geloods en bedryf. Nou kan hulle hul eie babas nie in toom hou nie. Hulle kan sê wat hulle wil, maar dis manifestering van hul wêreldondersteunde nalatenskap!

Flip ·

Hoekom sien ons nooit fotos van die skurke nie? Lyk vir my hulle word deur die media beskerm….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.