Meeste beroepslui ten gunste van vierdag-werkweek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Israel Andrade/Unsplash)

Sowat 90% van beroepslui wat aan ʼn onlangse meningspeiling deelgeneem het, is ten gunste van ʼn vier dag lange werkweek, terwyl net minder as die helfte van hulle bereid is om werkgesellighede en ʼn verhouding met kollegas prys te gee in ruil vir een dag minder by die werk.

Hierdie opname kom te midde van ʼn amptelike proefneming by verskeie sakeondernemings in Suid-Afrika om die uitwerking van ʼn korter werkweek te bepaal.

Die spesialiswerwingsagentskap Robert Walters Suid-Afrika het die peiling onlangs onder 2 000 werkende beroepslui gedoen.

Jasmine Araujo, senior bestuurder van die maatskappy, sê die bevindinge van die peilings kan om verskeie redes as kommerwekkend beskou word.

“Werkplekke het nou eers weer aan die gang gekom met meer mense wat terug is op kantoor. Daarmee saam kom ʼn groot klomp energie, samewerking, kreatiwiteit en produktiwiteit. Dit is nogal ʼn slag om te hoor dat ʼn progressiewe welstandsinisiatief soos die vierdag-werkweek eintlik ʼn nadelige uitwerking op werkplekkultuur en sakeverhoudings kan hê.”

Araujo sê dit is moeilik om te bepaal wat presies die langtermyn uitwerking van ʼn korter werkweek op ʼn sakeondernemings sou wees.

“Met dié dat 46% van beroepslui wat bereid is om sosiale en sakeverhoudings op te offer, moet sakeondernemings ook daarop bedag wees dat maatskappykultuur teen ʼn prys kom.

“Soos ons tydens die Covid-19-pandemie ondervind het – toe afstandwerk nodig was en daar na ʼn hibriede stelsel oorgeskakel is – bring enige verandering in die werkplek uitdagings mee en ʼn vierdag-werkweek sal nie anders wees nie.

“Sakeleiers moet dus fyn trap.”

Ten spyte van die verdeeldheid beskou die respondente in die peiling steeds ʼn vierdag-werkweek as die mees wesenlike byvoordeel wanneer hulle vir ʼn werkgeleentheid aansoek doen. Altesame 44% van die deelnemers vind aanklank by dié soort posbeskrywing, gevolg deur die geleentheid om tuis te werk (38%).

Die bevindinge dui wel daarop dat byna ʼn derde (27%) van die werkmag bereid is om hibriede werkreëlings te laat vaar. Dit blyk egter dat baie minder (16%) bereid is om opleidingsgeleenthede op te offer ten gunste van minder werkdae.

Blote eiegeregtigheid?

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kate Sade/Unsplash)

Meer as die helfte van respondente het ook aangedui dat hulle sou verwag dat hul salarisse dieselfde bly – selfs al werk hulle ʼn dag minder.

Dié soort ingesteldheid het groot debat ontlok oor of die arbeidsmag ná die koronaviruspandemie “die mees eiegeregtigde werkmag nog” is, met minder beroepslui wat enige verantwoordelikheid vir die finansiële welstand of bestendigheid van hul werkgewer voel.

Slegs 16% het aangedui dat hulle ʼn 10%- tot 15%-salarisverhoging sal verkies eerder as die opsie van ʼn vierdag-werkweek.

Dit lyk wel of kantoorgedrewe byvoordele, soos sosiale werkgeleenthede of komplimentêre middagete of ontbyt, minder aanloklik is as minder werkdae ʼn opsie is. Net 2% van die deelnemers sê hulle sal hierdie voordele eerder as minder werkdae verkies.

“Dit is waar dat werkplekke meer verantwoordelik gehou moet word vir die welstand van hul werknemers, maar beroepslui moet bedag wees op die feit dat hierdie verantwoordelikheid albei kante toe sny en dat hulle ʼn plig het om by te dra tot die sukses van ʼn onderneming, veral in hierdie huidige tyd van ekonomiese onsekerheid.”

Volgens Gallup se State of the Global Workplace se 2022-verslag is slegs 24% van Suid-Afrikaanse werkers aktief betrokke by die werk en net ʼn derde floreer in hul algehele welstand by die werk.

Suid-Afrika het een van die laagste geestesgesondheidtellings ter wêreld en daarom is verskeie ondernemings ten gunste van ʼn proeflopie vir ʼn korter werkweek.

Hoewel minder werkdae aanloklik lyk vir baie werkers wat sukkel om af te skakel, wys bevindings van dieselfde proeflopie oor ʼn korter werkweek in die Verenigde Koninkryk dat dit nie net maanskyn en rose is nie.

“Hierdie bevindinge is geensins ʼn aanduiding dat ʼn vierdag-week egter nie kan werk nie,” sê Araujo.

“Net soos met enige soort proefneming moet ʼn gebalanseerde siening van die resultate verskaf word om ons te help om te verstaan ​​wat werk en wat nie werk nie.

“Daar is beslis plek vir die vierdag-werkweek in die sakewêreld, maar miskien is dit nie die enigste aspek wat produktiwiteit en welstand verbeter, soos aanvanklik gedink is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Bite Me ·

Al wat basies sal gebeur is dat jy in 4 dae, 5 dae se werk moet voltooi. So maw jy gaan 4 dae ‘n week oortyd werk om als klaar te kry vir die week… Die werk gaan nie eweskulik minder word nie!

JvR ·

As ek werkgewer was sou ek salarisse gesny het. Daarom is uurlikse loon so handig

piet ·

Ek stem vir ‘n 3 dag werksweek. Elke week ‘n langnaweek, LOL. En ek sal jou ‘n weddenskap aangaan dat die ouens sal werk dat dit klap om alles klaar te kry in die 3 dae.

Papsak ·

Si ai liewe vader net vier dae werksweek klink siek hille te lui om te werk alles verniet he

Andries ·

Nee wat dit is pure luiheid di. En om dan te verwag salaris moet dieselfde bly. Bai duidelik ons is besig om sleg te word. Dalk moet di manne met di jasse en dasse oorweeg, dat mens direk na skool met pensioen gaan…

Gaitsigubib ·

n Luiaard sal altyd minder wil werk want hy het n opsie om op ander te teer ( in n kommunistise land). Waarom wil n mens dan in die sweet van jou aangesig jou brood verdien as jy op jou buurman wat hard werk kan teer?

Elize ·

Ek sit klaar met sulke bure. Vyf van hulle wat niks doen om hulself te help nie en ek (69 jaar oud) moet kos gee want word op gevoel gespeel met “tannie ons het niks om te eet nie”. Ek kan nie meer nie en gee van my eie bietjie kos weg en eet dan maar ‘n snytjie brood. Hulle sal reguit vra vir vleis ook!

Mallie ·

Gin wonder ons word as n lui land bedtempel nie. Almal wil lang naweke he maar niemand wil werk nie.

Wielspore ·

Ons werk alreeds langer ure Maandag tot Donderdag, elke Vrydag loop ons 14h00. Vrydae is gewoonlik lekker besig en as jy besef is dit tyd om huis toe te gaan. Ek is ten gunste van ‘n 4 dag werk week.

Skim ·

Meeste mense in meer senior poste sal in elk geval by die huis werk, al het hul die dag af, want hulle is reeds toegegooi onder werk. Die werkslading gaan net groter word.

Chris ·

Maar net nog ‘n NWO plan – “Is it time for the 4-day work week? Hear the discussion from Davos 2022”

JvR ·

Lande wat huidiglik n vier dag werk week toets. Australie, Belgie, Kanada, Denemarke, Finland, Duitsland, Ysland, Ierland, Japan, Nederland, New Zealand, Skotland, Spanje, Swede, Arabie, Ekenland, Amerika, Daar is iets bie verkeerd aan die gang.

ameli ·

Proeflopie is seker in die regering gedoen. Hulle leuse is kan nie baie doen nie

efjy ·

As niks aan my salaris verander nie, is ek bereid om slegs een dag per week te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.