Meeste dele van Pretoria-Oos het nou weer krag

Herstelwerk aan die Mooikloof-substasie (Foto: Stad Tshwane/Twitter)

Die meeste Pretoriase huishoudings wat elektrisiteit vanaf die Mooikloof-substasie in die ooste van die stad ontvang, se ligte is nou weer aan.

Die kragtoevoer is Sondagaand na die Mooikloof Ridge-landgoed, die Woodhill-landgoed, The Wilds-landgoed, die Pretoria Oos-hospitaal, dele van Pretorius Park en die oorblywende dele van Moreletapark herstel.

Inwoners van dié gebiede het sekerlik ’n sug van verligting geslaak nadat hulle byna twee weke lank sonder elektrisiteit gestrand gelaat is. Daar is aanvanklik gesê dat die herstelwerk nege dae sou duur ná ’n brand op 1 Desember by die substasie uitgebreek het. Onweer het egter die herstelwerk vertraag.

Die Stad Tshwane sê sy spanne het deur die nag aan die kabelfoute gewerk sodat die kragtoevoer na sommige gebiede herstel kon word.

Die installering van die boonste en onderste geleistange in afdeling C is intussen voltooi en die transformator-enkelkabels is buite werking gestel.

Daar wag egter nog heelwat werk op die span en die munisipaliteit sal teen vanmiddag inwoners in die oorblywende gebiede beter kan inlig oor hoe lank hulle nog sonder elektrisiteit sal moet klaarkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shakespeare ·

Mooi so maar……..is die onbevoegde, kriminele al gevang wat dit veroorsaak het ??

Hendrik ·

Ek het nou vir 4 jaar geen krag onderbreking nie en is beslis nie Siener nie.

Johann ·

En die brand het hoe uitgebreek? En hoe is dit moontlik dat daar SOVEEL skade is? En askuus….maar reën of nie, die kapasiteit van die “statsraad” is twyfelagtig. Met twee kragonderbrekings in Monumentpark, tussen 12 enn 16 ure sonder krag. Terwyl dit letterlik n paar sekondes neem om die “stelsel” aan te sit?

Grond ·

Hierdie vertragings in die regmaak van die stelsels agv reën is net so swak verskoning as Escom se nat steenkool storie ‘n jaar of twee gelede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.