Meeste gelees: Nuusstories

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Hier is die nuusstories wat in 2014 die meeste gelees is op Maroela Media. Klik hier om alles te sien wat interessant was in 2014.

1. Video: Tweeling amper ontvoer by winkelsentrum

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ‘n vierjarige tweeling glo amper ontvoer word by die Zambezi Junction-winkelsentrum in Montana, noord van Pretoria.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/video-tweeling-amper-ontvoer-by-winkelsentrum/

2. Oscar Pistorius-hofsaak

Die Oscar Pistorius-hofsaak word beskou as die grootste saak nog in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis. Dié saak het die wêreld sê oë op Suid-Afrika gevestig.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/tag/oscar-pistorius/

3. Kapingsvideo: “Dis maar dinge wat gebeur”

Willem Bester (44), die man van South Crest in Alberton wat in die oprit van sy huis geskiet en gekaap is, wil so gou as moontlik uit die hospitaal ontslaan word.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/kapingsvideo-dis-maar-dinge-wat-gebeur/

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Julius Malema (17 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

4. Video: Julius Malema van aanranding aangekla

ʼn Klag van aanranding is teen Julius Malema, parlementslid en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo wat op kringtelevisiekamera vasgelê is.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/video-julius-malema-van-aanranding-aangekla/

5. Video: Tshwane-metropolisie raak handgemeen met ouers voor kinders

ʼn Rustige uitstappie na Zitapark in Garsfontein het vir twee inwoners van Pretoria in ʼn nagmerrie ontaard toe metropolisiebeamptes hulle glo hardhandig hanteer het ná ʼn woordewisseling oor ʼn Chihuahua.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/video-tshwane-metropolisie-raak-handgemeen-met-ouers-voor-kinders/

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

6. Steve Hofmeyr en ‘Die Stem’

Steve Hofmeyr, sanger en aktivis, het vanjaar ‘n groot debat ontketen nadat hy Suid-Afrika se ou volkslied, Die Stem, gesing het.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/tag/die-stem/

7. Vrou voor familie doodgeskiet

Amanda Vermeulen, wat vir jare lank as ʼn ontvangsdame by ʼn dokterspraktyk in Lichtenburg in Noordwes gewerk het, is tydens ʼn huisbraak voor haar man, skoonsuster en swaer doodgeskiet.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/vrou-voor-familie-doodgeskiet/

8. Akteur kritiek ná motorfietsongeluk

Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorprogram Woema op kykNET, was in November in ʼn motorfietsongeluk in die ooste van Pretoria.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/tag/theunis-nel/

9. Tienerseun skiet broer dood in jag-fratsongeluk

ʼn Jaguitstappie op Jeugdag het in ʼn nagmerrie ontaard toe ʼn 17-jarige seun glo in ‘n fratsongeluk sy ouer broer, Barnie Bamberger (22), op hul plaas naby Ottosdal in Noordwes doodgeskiet het.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/tag/barnie-bamberger/

10. Vrou sterf ná gooi van klip deur motorruit

Irene Myburgh (43), ʼn ma van twee, is dood nadat sy deur ‘n klip getref is wat deur ‘n ruit van die motor waarin sy ‘n passasier was, gegooi is.

Lees: https://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/vrou-sterf-na-gooi-van-klip-deur-motorruit/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.