Meeste klagtes by MRK oor rassisme

Foto ter illustrasie: Pixabay

Die Mensregtekommissie (MRK) sê die algemeenste soort klagtes wat hy ontvang, handel oor gelykheid, waarvan amper 70% met rassisme verband hou.

Dit het aan die lig gekom in die MRK se jongste tendens-ontledingsverslag vir die boekjaar 2016-’17.

Van die 5 012 sake wat in dié boekjaar ingedien is, het 705 met gelykheid verband gehou. Die naasgewildste soort klagtes was oor gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekuriteit. In die derde plek was klagtes wat verband gehou het met mense wat in hegtenis geneem of aangehou is, terwyl klagtes oor arbeidsverhoudinge in die vierde plek was.

Daar was die afgelope vier jaar ʼn skerp toename in klagtes oor gelykheid van 493 in 2014-’15 tot die jongste syfer van 705. Altesaam 486 klagtes, die meeste tot dusver, is oor rassediskriminasie ontvang. Dis veel meer as die naasmeeste, 69 oor diskriminasie op grond van gestremdheid. Net 27 klagtes is ontvang oor diskriminasie op grond van etniese agtergrond en 24 oor seksuele oriëntasie.

Die kommissie sê die feit dat hy net nege klagtes oor geslagsdiskriminasie ontvang het, weerspieël nie die ware toedrag van sake nie omdat dié soort klagtes gewoonlik direk by die kommissie vir geslagsgelykheid ingedien word.

Wat rassediskriminasie betref, sê die kommissie dit is danksy die toenemende gewildheid van Facebook en Twitter dat dié soort diskriminasie ál meer aan die groot klok gehang word. Terselfdertyd gebruik mense die sosiale media om rassisme te verwoord, wat noodwendig tot ʼn oënskynlike toename in die voorkoms daarvan aanleiding gegee het.

“Neerhalende aanmerkings wat bedoel is om swart mense se intelligensie, menslikheid, voorkoms en geloofsoortuigings af te kraak, kom volop voor,” sê die MRK. “Rassistiese aanmerkings sluit dikwels terme soos ‘bobbejaan’, ‘aap’, ‘h****t’ en ‘k******’ in. Die k-woord word algemeen gebruik.”

Rassediskriminasie kom voor by skole, universiteite, sakeondernemings en in die werkplek.

Maar die MRK sê diskriminasie is geensins tot die sosiale media beperk nie. “Gevalle van rassediskriminasie kom voor by skole, universiteite, sakeondernemings en in die werkplek. Dit behels nie net mondelinge mishandeling nie, maar dikwels ook verdere oortredings, soos liggaamlike geweld, intimidasie, molestering of aanranding.”

Die MRK stel reeds sedert die 2012-’13-boekjaar jaarliks ʼn verslag saam oor die klagtes wat hy ontvang. Volgens die jongste syfers, vir die 2016-’17-boekjaar, was daar die afgelope vier jaar geen toename in klagtes nie. Dit bly konstant op sowat 4 950, behalwe in 2014-’15, toe net 3 685 klagtes ingedien is.

Die Wes-Kaap is ál provinsie met meer sake wat nog aktief is as dié wat reeds afgehandel is. In die afgelope vier jaar het die kommissie gemiddeld 76% van alle sake afgehandel in die jaar waarin dit aangemeld is.

In die Wes-Kaap is egter aan die einde van die 2016-’17-boekjaar net 309 sake afgehandel, maar was 452 nog aktief. In Mpumalanga is 602 afgehandel en net 37 was nog aktief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Irma ·

As dit dan die waarheid is hoekom hoor ons so min van skuldig bevindings of publieke veroordeling van die mense wat so graag hul monde uitspoel oor die onwelkome ras in SA ? Hulle raak al so mak dat hulle oral op verhoë hul haatspraak uitbasuin , en dan wil hulle hê ons moet hul “bevindinge” glo?? Dit het so maklik geword om die waarheid te verdrasai. Neewat ek glo dit nie. Hier is iets anders besig om te gebeur en goed wat weggesteek word.

pinkie ·

Ek lees niks van rassistiese aanmerkings en doodsdreigemente teenoor die wit ras nie? Of word dit nie as rassisme geklassifiseer nie?

Paul ·

Ek het klomp jaar gelede my werk as gevolg van rassisme verloor en daardie praktyk word vandag as die norm aanvaar, want ek is wit. Vandag kan ek as gevolg van daardie selfde praktyk nog steeds nie werk kry nie, maar dit word ook deur die MRK nie as verkeerd gesien nie.

Johan ·

Die mense wat dink dat Swartmense nie rassisties kan wees nie, leef in ‘n dwaalwêreld. Hulle het ook skeldwoorde vir ander rasgroepe. Doen gerus navraag!
My standpunt is dat die aanhitsing tot moord baie, baie ernstiger is as beledigings (ek praat lg baie beslis nie goed nie) Maar as iemand 3 jaar kry vir die gebruik van die k-woord, moet die persoon wat doods-dreigemente uiter 15 jaar kry. Ongeag die velkleur

Words don't come easy ·

Dis raak nou die “R”-woord die “?” -woord…….
Simptome van wonder ek.
Die oorsaak loop los daarbuite en word nie met die wette beperk nie.
Politiek op sy beste as jy my vra

honourable member ·

Af foeitog. Weet julle hoe moeg is ons om “boertjies” genoem te word. Dis ook maar rassisties maar soos gewoonlik is ons maar bereid om nie n drama daaroor te maaak nie.

Bekommerd ·

Wittes moet ook hoftoe met n woord wat dit maklik maak tot rasisme en dan daarmee in die hof boer. Met wat nou wel bestaan moet nie net aanvaar word nie. Daar moet met enige vorme van rasisme hoftoe gegaan word.

Bekommerd ·

Blankes moet met enige vorme van rasisme ook hoftoe gegaan word. Sommer ook die woord “boer” veban kry.

lewies ·

As jy die motief waarom die woord “wit” of “boer” gebruik word is dit ook rasisme. Jy kan dit net nie bewys nie

Kasper ·

Kyk wie en wat sit agter die MRK, dan sal julle verstaan hoekom hulle anti wit is.

Se maar net ·

Die MRK is nie onpartydig nie, alles is eensydig wat van wit mense wat omgekeerde rasisme ervaar

Edward ·

Miskien moet die woorde “witmense, swartmense en bruinmense,” ook verban word, dan het ons mos nie ‘n MRK nodig nie.

Mrs H ·

Ek dink hul syfers en die wat die syfers opstel, het almal een of ander mediese komplikasie…. duidelik!

Ja Nee ·

Waar is die klagte teen Andile van blf. Rassehaat openlik, maar dit is seker OK!

Henry ·

N mens kan glad nie die MRK se uitsprake as geloofwaardig uitmaak nie. As n wit persoon enige haat of moor slagspreke op n publieke platform moet maak sal so persoon onmiddelik in die tronk gegooi word. Wat nog te se as blanke betogers by besighede in stap en alles afbreek en aan die brand steek. MRK is besig om by te dra tot rassisme en rasse verdeeltheid. Wag tot die MRK voor die gelykheids HOF moet staan om te verduidelik. Dis n grap. Die dag sal wel kom . Wanneer die wiel desai.

Andrew ·

Hulle mag sê wat hulle wil ons regering bevorder glad nie eenheid nie diskrimineer teen ons en sommige van ons blankes se humeer neem oor. Ons hoop is net in Christus

Bernard Jacobs ·

Die MRK maak ‘n bespotting van wat reg is en wat verkeerd is! ‘n Blanke persoon word tronk toe egstuur omdat sy die “K-word” gebruik maar rassistiese ekstremiste soos die BLF se leier, Malema en nog BAIE ander kan uitsprake maak soos hulle wil en hulle kom absoluut niks oor nie. Waar is die regverdigheid en konsekwentheid daarin en waste geloofwaardigheid kan ENIGE-IEMAND heg aan enige-iets wat die MRK sê of bevind! dis net eenvoudig ‘n grap en daar is twee aparte standaarde wat in Suid Afrika toegepas word: 1. Standaarde vir die blankes van hierdie land en….. 2. Standaarde vir die res van Suid Afrika se bevolking. Voordat ongelykhede soos hierdie nie reggestel en/of uitgewis word nie sal daar geen vordering in rasse-verhoudinge in hierdie land wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.