Meeste klagtes oor dié mediese skemas

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het in 2017 meer as 4 600 klagtes oor mediese skemas ontvang.

Volgens die RMS se jongste jaarverslag wat dié week bekend gemaak is, is 4 667 nuwe klagtes in 2017 ontvang, ʼn raps minder as 4 823 wat in 2016 ontvang is. Die RMS het 3 578 van die klagtes opgelos en op 456 navrae reageer.

Hier is die lys van oop skemas waaroor die meeste klagtes ontvang is:

  1. Spectramed
  2. COMMED
  3. Resolution Health
  4. Genesis
  5. Suremed
  6. Fedhealth
  7. Sizwe
  8. Keyhealth
  9. Medihelp
  10. Hosmed

Die klagtes word gelys op grond van klagtes per 1 000 begunstigdes. Hiervolgens het Spectramed sʼn 4,4 per 1 000 begunstigdes beloop, gevolg deur COMMED se 2,8 per 1 000 begunstigdes.

Die tien geslote skemas waaroor die meeste klagtes ontvang is:

  1. Metropolitan Health Medical Scheme
  2. Transmed
  3. BP Medical Scheme
  4. Parmed
  5. Rhodes University
  6. Government Employees Medical Scheme (GEMS)
  7. PG Group Medical Scheme
  8. TFG Medical Scheme
  9. University of Witwatersrand
  10. Malcor Medical Scheme

Metropolitan het 2,2 klagtes per 1 000 begunstigdes ontvang, gevolg deur Transmed se 1,2 per 1 000 begunstigdes.

Die RMS het gaan kyk na die klagtes wat rakende GEMS ontvang is en die volgende tendense opgemerk:

  • Rekeninge wat nie ten volle betaal word nie en sonder enige werklike rede.
  • Foute wat met betalings gemaak word, word nie reggestel nie.
  • In sekere gevalle is daar aan lede gesê dat hul rekeninge na die eisedepartement verwys sal word vir ondersoek waarna hulle later ingelig is dat die rekeninge oud is en derhalwe afgewys is.
  • Rekeninge rakende voorgeskrewe minimum voordele is nie volledig betaal nie of verwerp.
  • Rekeninge is goedgekeur, maar die goedkeuring is nie verwerk nie.
  • Eise is eers betaal nadat die RMS genader is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

ZAR ·

Ek glo Discovery is die beste. Jy kry punte as jy vlieg, fliek, gym by sekere plekke koop alles … solank jy net nie siek word nie.

Anette ·

Tog nie. Meestal keur hulle eise af as mense vir iets eis waarvoor hulle nie gedek is nie. Ons is al jare by Discovery en GEEN eis is al ooit afgekeur nie!!

Irene ·

Was 2 keer in hosp die jaar Medihelp het goed betaal net sekere dokters vra voor operasie a klomp geld ekstra wat jy self moet betaal

Kleindogter ·

Ja my oupa was nou vir n week in hospitaal en moes bloed ontvang en n operasie en Medihelp het alles behalwe R50 betaal. Ons kan regtig nie kla van hulle nie.

Potlood ·

Hierdie beteken nie veel nie!
Hulle kon net so wel die verslag “Klagtes by teen RMS”, want meeste van die klagtes hou direk in verband met hulle reels wat pateties is…
Pleks doen hulle bietjie hulle werk want daar is nog geen terugvoer van hulle vir 2019 skema reels en voordele nie. Dus sal meeste mense hulle inligting vir 2019 kry nog voor dit goedgekeur is.

Annakapat ·

Ons is by Hosmed met baie goeie voordele maar van dat Medscheme hul administrasie oorgeneem het is dit chaos. Mens moet hulle so fyn dophou en 100’e oproepe maak om seker te maak jou eise word verwerk.

M ·

Discovery Medies tipe van ‘n Ponzie Scheme, Eerste komentaar so waar.

J ·

Ek is weg by Disvory. Bad news dink 2 keer GROOT BYBETALINGS ORALS. Is nou by Bestmed nog nie 1 dag probleme gehad met kronies of rekening wat nie betaal is nie. Bybetalings amper nooit en is bekostibaar.

Karen ·

Ons is by Discovery. My man was verlede jaar 5 maande in die hospitaal, waarvan 3maande in ICU was. Nasorg was 5 maande. Totale rekening R3,2mil. Doscovery het alles betaal. Die jaar het hy n brein aneurime gehad. Weke in ICU. Nie n dag se probleem met eise gehad nie. Mu dogter het 4 weke terug n baba gehad. Sy is op ons medies. Weereens geen probleem met betalings nie.Ek kan net goed praat van Discovery.

J ·

Discovery Bad news. Hulle betaal nie kronies nie jy moet eers doodgaan voor hulle vir gemo of bestraling betaal.
Bestmed Tops minimale klein bybetaling anders dek hulle jou 100% op alles. Bekostigbaar ook . Ek werk nie en kry net n pensioen betaal my eie medies R6700 en het vol medies.

Karen ·

Discovery dek my man en my dogter se kronies al vir jare sonder enige probleme.

Moeg geploeg ·

Almal wat dink Discovery is so wonderlik, wag maar net tot jy hulle werklik nodig het, dan praat ons weer. Ek sukkel elke liewe maand met my ma se rekeninge vir haar kankerbehandeling. As sy, wat met tye gans te siek was vir uitgerekte fights op die telefoon, self als moes behartig, sou sy of al dood gewees het van stres, of sy sou brandarm gewees het van die duisende rande wat sy verkeerdelik uit haar eie sak sou moes betaal.

Deon Meyer ·

Discovery se 2019 premies vir Key Care Plus word verhoog met 43% op ‘n heel slinkse wyse omdat hulle die inkomste kategorie verander het. Discovery verkondig dat hul gemiddelde premie verhogings net so 9% is, Wat ‘n klomp TWAK.

Martie ·

Graag net my beskeie opine…. ek het begrip vir die woede oor die Skemas, maar mag ek net noem, ek werk vir Makelaar wat die Top 9 Skemas bemark. 95% van alle probleme het te doen met verkeerde kodes wat deur Dr’s/ Spesialiste geeis word, en dan op die koop toe nog tot en met 700% Skema Tarrief vra. So as ons nugter daaroor dink, as die Mediese Skemas die Dr’s dan ten volle moes betaal vir hulle buitensporige bedrae, dan sou 1 van 2 dinge gebeur, ons sou nie meer Privaat Medies kon he of bekostig nie want hulle melk die stelsel. Wat kronies aanbetref moet kliente doodseker maak dat jou kronies wel as VMV geregistreer is. Ek se altyd mens kan nie vir ‘n Volla betaal en verwag om ‘n Ferrari te ry nie, en dit geld vir alle aspekte van die lewe. Ek is al persoonlik 15 jr by Discovery, het verskeie groot operasies gehad en geen probleme met betalings of by betalings gehad nie. Bybetalings is nie dieselfde as Tarief oorskrydings nie en meeste kliente verwar ook die 2. Bybetalings is ‘n definitiewe bepaling deur ‘n Mediese Fonds, tarief oorskrydings is wat meer as Skema tarierf gevra word (deur Dr’s).

LB S ·

Martie, ek stem 100% met jou saam. Ek is by Keyhealth, ons werk mooi saam, en het nog GEEN klagtes gehad nie. Leukemia gediagnoseer 2013, deur chemo, als, niks inbetaal nie. MAAR : Skielik sedert Jan 2018 mag ek nie in Medikliniek opgeneem word nie! My Hemotoloog werk slegs by Panorama Medikliniek. Nou word ek forseer om na 5 jaar my getroue dokter te verlaat en na ‘n vreemde een by ‘n hospitaal verder weg te gaan indien ek ooit weens die Kanker in die hospitaal opgeneem moet word. Intussen mag ek hom behou en steeds by sy kamers besoek. DIT maak nie vir my sin nie. Ek oorweeg Bonitas. Het jy advies, asb?

Chantell Vickery ·

Fedhealth gave hospital authorization # landed up suspending my membership while I was in hospital for a non disclosure investigation as it was discover that I need surgery on my back. I was advised that the investigation would take 3-4 days this was already on the 27th August 2018 to date I’m still under investigation, no medical cover at all membership fees is still being deducted and I’m getting the bills as medical aid also advised doctors that I was suspended as from the 1st August 2018, if that’s the case then why did they give the authorization to be admitted.

Cherokee ·

My vrou en ek is lede van ‘n geslote skema, OMSMAF. Wat wonderlike diens! Ons is lede daarvan die afgelope 28 jaar en het niks anders as komplimente vir die skema. Persoonlik dink ek daar is geen ander mediese skema wat met hul kwaliteit diens kan vergelyk nie.

Andrea ·

Ons is Bestmed-lede. Nog nooit in 30 jaar n probleem met hul gehad nie.

Yolandi ·

GEMS (government medies) is pateties. Bel hulle, praat jy met n masjien. As die masjien jou nie afsny nie kom jy na 45min by iemand uit wat net sê “e ehhhhh I don’t knóó” of “wrong department” of hul sit di foon in jou oor neer.

Sunet ·

Ek is by resolution. Foundation plan. Ek kan nie regtig kla vir dit wat ek betaal nie. Daar is nou sprake dat hul saam spectramed gaan smelt. Gaan ook nie kla nie. Was by hul jare terug en ook net goeie diens gekry.

Alta ·

Ek is al sedert 2007 lid van Discovery en nog geen probleme gehad nie.

Illine ·

By Discovery en my man kry elke maand biologics vir RA. Nog nooit probleme gehad nie. Dek alles en oom met albei kinders se geboortes alles gedek. Baba was onlangs by ongevalle en in selfbetalingsgaping, ook dit betaal sonder enige probleme. En werklik nie so duur as mens werklik appels met appels vergelyk nie.

Karin ·

I had the same problem a few years ago with Genesis, still paying off debt to the hospital who admit me without authoration from them. And srtuggling with my back

Jorika Loubser ·

Ek stem 100% saam met die peiling oor Spectramed. Dis die mees patetieste mediese fonds wat daar is en ek praat uit ervaring en prokureursbriewe. Hoe hulle nog bestaan gaan my verstand te bowe!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.