Meeste plaasaanvalle ooit aangeteken

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Suid-Afrikaanse boere en plaaswerkers het in 2015 die wreedste jaar nóg beleef, volgens ʼn verslag wat deur die burgerregte-organisasie AfriForum en TLU SA bekendgestel is.

Die verslag is Woensdag in Centurion bekendgestel en dui aan die meeste aangetekende plaasaanvalle het in 2015 plaasgevind sedert in 1990 begin is om aanvalle aan te teken.

Volgens die twee organisasies is die afgelope jaar se syfers verwerk en geverifieer om die akkuraatste weerspieëling te gee van die aard en omvang van plaasaanvalle in Suid-Afrika. ’n Totaal van 318 plaasaanvalle het in 2015 plaasgevind, waartydens 64 boere en werkers hul lewens verloor het. Hoewel 64 moorde ook in 2010 gepleeg is, het plaasmoorde sedert 2011 (toe 48 moorde gepleeg is) weer ’n geleidelik toegeneem.

In die 318 plaasaanvalle in 2015, was altesaam 570 boere, hul gesinne, werkers en kuiergaste slagoffers. In 40 gevalle was 65 plaaswerkers direkte slagoffers. Hoewel verskeie gesinne met klein kinders en babas ook aangeval is, blyk dit dat ouer mense makliker geteiken word.

Hierdie analise is deur die AfriForum Navorsingsinstituut, onder leiding van Lorraine Claasen, navorser by AfriForum, opgestel. Statistiek is gedurende 2015 deur AfriForum en TLU SA ingesamel en deurlopend met mekaar vergelyk.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die stelling van die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, dat plaasmoorde groter prioriteit geniet, word verwelkom en die organisasie sal graag met die polisie saamwerk. “Die erkenning dat iets aan die krisis gedoen moet word, beteken nog nie die krisis is opgelos nie,” het Roets gesê.

“Uiteindelik bepaal die syfers op grondvlak of daar gedurende 2016 ’n afname in plaasaanvalle gaan wees. In hierdie verband kan ons ’n konstruktiewe rol speel. Intussen sal ons volstoom met ons veldtog voortgaan om plaasmoorde te prioritiseer.”

Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder by TLU SA, het gesê plaasmoorde is een van die probleme saam met die droogte en daar moet ook ter wille van voedselsekerheid holisties na boere se veiligheid gekyk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hein ·

‘N minderheid kan nie praat van ons regering nie. Organisasies soos TLU SA en afriforum doen die werk. Hulle gaan Geneve, Sydney en New York toe om hierdie syfers bekend te stel. Politieke partye doen niks vir die sy kiesers nie. VF+ is deel van die Ongebonde volke Organisasie van die wêreld. Hulle doen iets vir dy kieders. Die DA doen niks en is net nog ‘n swart party. Ek sê doen eers iets vir my en dan kry jy my stem.

Landie ·

Skokend. Was daar nie gese ” kill the farmer…. Kill the boer” nie. Is dit nie presies wat gebeur nie?

Arie ·

Die Anc sal nie want hulle sit agter dit, soek mos al die wit boere se grond.

Pappa Beer ·

Dis tyd dat die kommando’s weer ontplooi word om die plase te patrolleer. Hulle is ontbind om die boere en hulle plase makliker te teiken. En vir dieselfde rede is die “nuwe” wapen wet in gestel om die boere te ontwapen sodat hulle nie hulleself, hulle grond en hulle werkers kan verdedig teen aanvallers nie.

m ·

En dit gaan ma net erger word, moenie vir een oomblik dink hierdie nonsens gaan ooit stop nie. Hierdie mense soek grond en dis hoe hulle dit wil kry.

Boerekryger ·

Sover ek kan onthou het AfriForum ʼn paar weke gelede samesprekings gevoer met die ANC se minister van landbou om gesamentlik plaasaanvalle te “prioritiseer”. Wat het daarvan geword? Nou lees ons dat AfriForum graag met die polisie sal wil saamwerk om dieselfde te bereik…

Johann S ·

Jy is reg – die antwoord le binne n komando stelsel maar ek en jy weet dit sal nooit ooit terug kom nie. Dit is iewers versteek saam met die doodstraf, effektiewe misdaad voorkoming en betroubare polisiering!

Maar – ons kan weer n wettige struktuur skep wat presies soos n komando funksioneer. Dit kan terug gebring word (wettiglik) maar daarvoor het jy mense nodig om deel te vorm daarvan.

En dit spreek boekdele in opsig self oor hoekom dit nie maklik sal wees om terug te bring nie.

WH ·

Die EFF en ANC sit agter al die aanvalle hulle sal niks daaraan doen nie. Ons moet self geepad van die plase af sodat ons grond vir opkomende boere gegee kan word. Sodat ons net so produktief soos Zim kan wees.

DPJ ·

Dankie vir julle goeie. Werk TLU en Aftriform. Dit is waarom ek by julle aangesluit het en al is die bydra klein maak dit tog ‘n verskil en ist ek nie agteroor op gemakstoel en kriteer nie.
Elke druppel help. Ek glo dat die aanvalle sal afneem want ons(al is ons hoe min) glo en vertrou dat God ons RSA sal red as ons mense tot God drie enig terug draai.
Dankie ook aan al onslede wat weet en vertrou dat nou dat die saak geprioriseeri is sal afneen

Boerekryger ·

Solank derduisende Afrikaners onnadenkend glo dat óf God, óf die regering, óf die misleiers in AfriForum sal sorg dat die plaasaanvalle sal afneem, kan ons maar die ergste verwag in hierdie land. Naïewe en oningeligte mense (en diegene wat talle spelfoute maak in hul kommentare!) was nog altyd die ywerigste ondersteuners van misleiers in die politiek en in die kerke…

Celia Tjaden ·

Baie dankie Boerekryger vir die posetiewe kommentaar. Keer terug na God glo bid en vertrou.

Kiewiet ·

Dit sal goed wees as die navorsingsinatituut ook kan sê hoe die intensiteit van aanvalle toegeneem het. Ons weet ouer mense is teikens , maar deur hoeveel alarms,hekke en veiligheidsmaatrëels gaan hierdie aanvallers om by hul teikens uit te kom. Dit is ook opmerklik dat die hoeveelheid aanvallers toeneem. Dit is asof besluit word om aan te val ongeag die sekuriteit en tyd. Die kennis wat verlore raak met die afmaai van ons boere is net só hartseer soos die verlies aan die lewens self. Ons arme boere…

johan ·

TLU en Afriform, dankie vir julle goeie werk. Dit is duidelik dat julle baie vir die land beteken. Die anc, eff en da is kop in een mus. Vir hulle gaan dit oor mag en geld nie oor ons land en sy mense nie.

Boerekryger ·

johan. As jy nog steeds onder die wanindruk verkeer dat dit vir AfriForum (en Solidariteit en die Afrikanerbond) gaan oor die welstand van hierdie land se mense en nié oor mag en geld nie, is ek bevrees dat daar nog baie is wat jy moet leer. Hierdie sg. samewerking met die polisie is net so ʼn groot foefie soos die (oorle) samewerking met die minister van landbou!

Celia Tjaden ·

Net n gedagte: Daar is soveel van ons mense in nedersettings en plakkerskampe- kan hulle nie verplaas word na plase veral waar ouer mense bv eensaam woon nie. Hul gaan verseker werk, onderhou, nie steel nie en afbreek nie. Hoeveel mense is in plakkerskampe? Ek wens ek kan help my hart BLOEI vir my volk!

david ras ·

Operation Mayebuye 1963——“in this phase of our guerrilla operations the key word is :”Shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong”
Mayebuye was die ANC se kodenaam vir die beplande rewolusie at by Rivonia ontmasker is.

Bejaardes , vrouens en kinders is mos die “swakkes” of hoe ?

Praat liewer van die REGIME as die regering—dis veel nader aan die waarheid…

Aggie ·

dankie Afriforum vir jul goeie werk. Aan al die lede, asb reklameer Afriforum onder jul vriende en bekendes sodat hul nog sterker kan staan om ons Afrikaners by te staan

Oom Boer ·

Wat is die werklike doelwit en strategie agter al die plaasaanvalle? Is dit werklik net oor grond waar daar derduisende kilometers van onontwikkelde grond (onbewerk) regdeur Afrika lê. Daar is menige voedsel tekorte in baie dele van Afrika. Kan die regering dan nie van die opkomende boere in ‘n ontwikkelings program daar ook aanwend nie. Aanvalle op Sagte teikens word aangewend om op ‘n stadige vlak of slakke pas wat nie maklik op ander maniere besigtig of sigbaar moet wees nie om van ‘n bedreigde ras ontslae te raak.

Kobus ·

Dit blyk vir my ook meer na die waarheid. Hulle het amper alles gekry maar dis nie genoeg nie en sal nooit wees nie.

Peet J ·

Om die mense wat in plakkerskampe woon na die plase te wil verplaas sal veroorsaak dat hulle lewens ook in gevaar gestel word mans, vrouens en kinders. Dit is nie ‘n oplossing vir plaasmoorde nie.
Enige persoon /persone wat wil help om verligting te bring by plakkerskampe is welkom om items soos kos, klere, beddegoed, geld e.d.m. te skenk.
Hierdie mense in die kampe werk vir hulself plant groentes, kook kos,herstel items en verkoop dit weer gaan stel maar gerus ondersoek in. Sover my wete strek kyk die instansies soos reeds genoem ander pad.

Bietjie ·

Enige kans om hierdie artikel in Engels te kry ?
Wil dit graag versprei !

Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.