Meeste PPE‑bedrog in GP‑onderwys

‘n Skool in Gauteng word ontsmet. (Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die Gautengse departement van onderwys is die staatsdepartement wat die meeste bedrieglike kontrakte met betrekking tot die aankoop van persoonlike beskermende toerusting aangegaan het. Dit volgens ʼn verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE). Dit is ook die departement waarvan die meeste PPE-kontrakte (1 597) landswyd ondersoek is vir moontlike bedrog. Dit verteenwoordige die oorgrote meerderheid van kontrakte reg oor Gauteng (1 906) wat ondersoek is. Die SOE het bevind dat 93% van dié kontrakte wel onregmatig aangegaan is.

Aangesien 5 467 kontrakte landswyd ondersoek is, beteken dit een uit elke vyf kontrakte wat ondersoek is, was dié wat die Gautengse departement van onderwys aangegaan het.

Maroela Media het in Januarie verlede jaar berig dié departement het in net drie maande sowat R431 miljoen bestee om skole in dié provinsie te ontsmet.

Die SOE moes onreëlmatighede met die regering se besteding aan PPE ondersoek. Die verslag hieroor is Dinsdag bekendgestel en het bevind dat meer as die helfte van die kontrakte wat aangegaan is (62%), onreëlmatig was. Dit kom neer op R2,1 miljard wat weens korrupsie verlore gegaan het.

Gevolglik is 224 sake vir dissiplinêre optrede teen regeringsbeamptes en 386 sake vir kriminele vervolging verwys. ʼn Verdere R170 miljoen se kontrakte is ook intussen tersyde gestel.

Wat die nasionale departement betref, is die meeste van die PPE-kontrakte wat vir bedrog ondersoek is, deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangegaan (225). Altesaam 171 kontrakte deur die nasionale departement van onderwys en 32 kontrakte deur die departement van korrektiewe dienste is ondersoek. Van al dié kontrakte, is 63% bedrieglik aangegaan.

In Mpumalanga is 888 kontrakte ondersoek, die meeste hiervan (387) in die provinsiale departement van menslike nedersetting, gevolg deur die departement van gesondheid (133). Amper die helfte (44%) van dié kontrakte, was onreëlmatig.

Net 54 kontrakte wat deur ʼn departement in die Wes-Kaap aangegaan is, is ondersoek, waarvan slegs 19% bedrieglik was. Die SOE het grotendeels kontrakte ondersoek wat deur onderskeie munisipaliteite, waaronder die Stad Kaapstad, aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Lesufi wat nou.,jou departement in Gangsterparsdise is lyk my die grootste sondebokke en jy braak gal oor Afrikaanse skole,maar natuurlik weet jy niks van hierdie korrupsie en bedrog nie.Maak soos hoogheilige Mkhize en bedank.Die dag as die geld van die korrupte verhaal word sal ‘n goeie dag wees.Maar wat my g.t se deksel is die ANC het net bly geld leen om die korrupsie te finansier.

ROELOF ·

Laat hul sommer n lifestyle audit op die skoorsoeker Lesufi ook doen

Nie Verbaas ·

Die DA is vakleerlinge teenoor ANC as dit by korrupsie kom.

annie ·

Ag nee, dit kan nie waar wees nie. Nog ‘n edele droomleier wat in covid-gel gegly het? En hy het al amper ‘n hoed gaan koop om soos onse ander begrafnisondernemer besoeke te bring aan skole waar skandes en skade leerders in trane het nog voor hul skooldag kan begin. Hoeveel sondes en virusse was ‘n blertsie-verdamp van die hande af?

Johan ·

Hoekom is mense so verbaas daaroor, dit was dan van die begin af die doel met die regulasies…julle het tog nie gedink die edele regering wil jul lewens red nie. Dalk het medici so gedink, maar hulle is maar bitterlik naïef.

Pieter ·

Lesufi en die anc se sakke is vol gaan lekker hier in anc land en ons belastingbetalers bly maar net stil. Ouer people gaan niks se nie want die sleg anc deel mos net grants uit en ons betaal. Die land het sy agterend gesien en klaar.

Grassie ·

Die hoof van ‘n departemnt se taak is sekerlik om toesig te hou oor al die werksaamhesde en toe sien dat korrupsie nie plaasvind nie. Dit maak vir Lepufi skuldig aan ernstige pligsversuim. Hy is altyd baie vinnig om ‘n blanke skoolhoof af te dank as daar iets verkeerd loop by ‘n skool. Hoe kan R2.1 miljard wegraak en die departementshoof weet kamtig nie daarvan nie? Hy verdien nou ‘n ministerspos in die ANC-regering. Ons kyk maar wat gebeur in die volgende kabinetskommeling.

minnie muis ·

wonder oor morele waardes, lyk my daai geen ontbreek by sekere mense

Misky ·

Lesoufie moet gaan en verantwoordelik gehou word!!!!! Ons, as belastingbetalers, vereis dit!!

Antoinette ·

Ja-nee lefusi se departement is die grootste sondebok.
Hulle moet hom ook ondersoek, kom ons kyk of hy op “betaalde spesiale verlof” geplaas gaan word agv die korrupsie in sy departement.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.