Meeste regeringswebtuistes herstel ná ineenstorting

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay/JESHOOTS)

Op die vooraand van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede het die webtuiste van die presidensie, asook talle ander staatsinstellings se webtuistes, onder andere die van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), ineengestort.

Dit kom nadat onluste naby die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) se infrastruktuur groot skade veroorsaak het.

Teen Donderdagoggend was die meeste van die instellings se webtuistes egter weer herstel nadat tegnici gespook het om hulle weer aanlyn te kry.

Tlali Tlali, woordvoerder van die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita), het ten tyde van die onklaarrakings gesê daar was onrus naby sy infrastruktuur met mense wat puin gebrand het.

Sita se tegniese spanne het Woensdagaand gespook om saam met sy diensverskaffer die beskadigde infrastruktuur te vervang.

“ʼn Volskaalse ondersoek sal van stapel gestuur word om vas te stel wat tot die skade aan die infrastruktuur gelei het,” het Tlali gesê.

Die Tshwane-metro het op sy beurt ʼn kennisgewing uitgestuur wat sê dat inwoners van Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal nie van verskeie regeringsdienste gebruik kan maak nie weens die ineenstorting.

“Die implikasie is dat die inwoners van Tshwane nie van die stad se e-dienste gebruik kan maak nie. Dit sluit in die voorafbetaalde elektrisiteitverkoopstelsel en ander verwante aanlyn dienste,” lui die kennisgewing.

Dit is onduidelik of dié dienste al hervat is en of inwoners weer elektrisiteit van die stelsel kan koop.

Diegene wat Woensdag afsprake wou maak om identiteitsdokumente of paspoorte te hernu, kon ook nie van hierdie dienste op binnelandse sake se webtuiste gebruik maak nie. Dié dienste is skynbaar weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Suzette ·

SA is besig om ineen te stort…. dis net ‘n kwessie van tyd voor die laaste baksteen val.

Wit Leeu ·

TIPIES ! SOOS DIE HELE LAND VAL ALS UITMEKAAR ! EN SY NIKSWERD TOESPRAAK KAN HY MAAR DRUK WAAR DIT SAAK MAAK !!!!

domheks ·

“”met mense wat puin gebrand het.””
Kan iemand dalk verduidelik wat daarmee bedoel word?

Nie Verbaas ·

Ja dit beteken hulle het wat oor is van staatsorganisasies gebrand. Vuur was nie groot nie.

Realis Thailand ·

Dit beteken tafels en stoele wat hulle vernietig het en alles wat hulle nie kon gebruik nie
Sal nie meer se want dan word ek weer gesensor

Di ·

Laat hulle die hele land afbrand en klaar kry. Die regering se mooi praatjies om nie te plunder en te verwoes nie moet einde kry en drastiese optrede teen hulle moet ingestel word. Mooi praat help NIKS in die land nie

Nommer 7 ·

Alle tipes netwerke moet “redundency” he^. Daar moet ten minste ‘n roete A en B wees. As die een foutief gaan, vat die ander een oor.

VaalDonkie ·

Ek glo nie die storie nie. Daar was die afgelope tyd ‘n KLOMP webtuistes wat nie gewerk het nie. Selfs Facebook, Instagram, en ook ons eie Maroela Media het lekker gesukkel. Iets anders is aan die gang op die internet. Ek weet nie waarom hulle voel dis nodig om te lieg oor wat aangaan nie, maar daar kom my waardevolle inset nou tot ‘n einde.

Lillian ·

Wat verwag hulle as daar nie vir die dienste betaal word nie? Vele polisiestasies het ook nie meer landlyne nie, want Telkom is nie betaal nie. Landdroshowe se lyne is afgesny….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.