Meeste SA kinders word hiér en deur dié persoon vermoor

Argieffoto

Jong kinders sterf meestal aan die hand van hul eie ma’s.

Só sê Chris Jones, verbonde aan die Eenheid vir Morele Leierskap by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Jones sê in die vaktydskrif HTS Theological Studies die meerderheid van moorde in die eerste kategorie op kinders van jonger as een jaar, kinders tussen een en nege jaar en dan kinders tussen tien en 17 jaar oud, word deur ma’s gepleeg.

Dit word gedoen deur ma’s wat bloot hul babas weggooi of hul kinders noodlottig beseer. “Die belangrikste bydraende faktore tot moorde in hierdie ouderdomsgroep het te make met die ma se geestesgesondheid,” verduidelik Jones.

Dit sluit nageboortedepressie, swak of gebrekkige ouervaardighede veral by baie jong ma’s, asook ’n gebrek aan ondersteuning, hetsy finansieel of emosioneel, vir nuwe ma’s in.

Dié bevindinge is onlangs gemaak deur ʼn navorsingskomitee bestaande uit Jones en ander akademici van die US, en die Universiteite van Kaapstad en Wes-Kaapland.

Die komitee het onder meer die hoofoorsake van kindermoorde in die Wes-Kaap ondersoek en is juis op die been gebring nadat die Kaapstadse Traumasentrum vir Slagoffers van Geweld en Marteling die Wes-Kaapse regering genader het om die vlaag van kindermoorde in veral 2017 en 2018 in die provinsie te ondersoek.

Die komitee het bevind dat meer kinders in die Wes-Kaap vermoor word as in enige ander provinsie in Suid-Afrika. Polisiestatistiek toon dat in 2017 en 2018 alleen 279 kinders in dié provinsie vermoor is.

Volgens Jones dra verskeie sleutelfaktore egter by tot kindermoorde onder kinders tussen die ouderdomme van een en nege jaar. Die faktore sluit in wanfunksionele gesinne asook ’n kultuur van geweld wat deur geestesgesondheidversteurings, dwelm- en alkoholmisbruik, swak verhoudings en gebrekkige hanteringsvaardighede in gesinne.

“Die meeste van hierdie bydraende faktore is ook op kindermoorde op kinders tussen tien en 17 jaar van toepassing, maar die volgende is ook beduidend: die kind se eie risiko-optrede en geestesgesondheid, byvoorbeeld deelname aan bendes, misdaad, misbruik van verslawende middels en skoolverlating.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andreas ·

Die laaste paar weke is daar oorlog teen mans, die vlaag moorde en sexuele misdade teen vrouens en kinders is oorgeneem deur die globale liberalis om hulle oorlog teen mans en die gesins struktuur uit te leef, maar wat nou? Is vrouens kinders se grootste vyand?

Ons ervaar ‘n morele vervalling van epidermisie proposies. God en sy morele maatstaf word orals verwyder en nou leef ons die nagevolge.

Andreas ·

Die laaste paar weke is daar oorlog teen mans, die vlaag moorde en sexuele misdade teen vrouens en kinders is oorgeneem deur die globale liberalis om hulle oorlog teen mans en die gesins struktuur uit te leef, maar wat nou? Is vrouens kinders se grootste vyand?

Ons ervaar ‘n morele vervalling van epidermiese proposies. God en sy morele maatstaf word orals verwyder en nou leef ons die nagevolge.

John ·

Die VFPloeg-Party moet daat by die woort voeè en soontoe trek en hulle eige se volkstaat vir minderhedes beginte… onthou die beursies…. en dan sa alles bieter ga. Die SABCDE se staaasie, genaamde RSG, sa hielp… die aaanties lies die nies ene di ooompies skreeu die boem-boem-naaame vi onse mense na vore… ja nie, onse eige mense syne misuuk…

Cherokee ·

John, die naweek het nog nie begin nie! Môreaand is eers Vrydagaand!

Stephanie Van Niekerk ·

Wat ek al meeste van my lang lewe wil weet, Ianie. Hoekom bring mense wat nie kinders behoort te hê nie onskuldige babas die wêreld in? Hulle kan dit nie bekostig om vir die kind ‘n opvoeding of kos of klere of ‘n toekoms te voorsien nie. Meeste van die tyd is die pa lankal vort. Hulle weet wat ‘n kind veroorsaak en daar is geboortebeperking by die kliniek beskikbaar maar hulle maak nie daarvan gebruik nie, dikwels om “kulturele” redes. Kulturele se g-t. As hulle versteurd of verslaaf is, hoekom neem hul ouers of broers en susters nie verantwoordelikheid en plaas hulle op geboortebeperking nie – laat haar elke paar maande inspuit sodat sy nie ‘n onskuldige lewe inbring en verwoes nie. Wat ek besef het is dat mense eenvoudig nie verantwoordelikheid neem vir hulle keuses nie. Hulle dink nie. Hulle doen net. En dan blameer hulle iemand anders en die belastingbetaler moet opdok of hulle raak van die probleem ontslae deur te vernietig. Nie ek of jy of enigiemand buiten hul onmiddelike kring kan probeer om dit te keer nie. Mense sonder verstand en morele standaarde gaan van oomblik tot oomblik voort asof dinge net met hulle “gebeur”. So ook dié wat nooit geleer is om die verstand wat hulle wel gegee is, te gebruik nie. Ek praat nie hier van jong meisietjies of vroue wat mishandel en verkrag word nie maar wel van dié wat kan kies. Dis ‘n hopelose stryd.

Nienie ·

Wil ek ook weet. Daar is genoeg voorbehoeding teen onwelkome swangerskappe. Ons ander landgenote kry kinders om d social grant te kry. Baie skeef, maar hartseer.

Elsabe ·

Ek kry mans jammer vandag. Hulle rol is bepalend belangrik om die balans in die gesin te handhaaf maar word oral aangeval en geminag. Vroue verlustig hulle in geniepsige”manbashing” ipv om mans te respekteer vir hulle bydrae. Daar is baie oulike en ordentlike manne as jy hulle met respek hanteer. Klein seuntjies hoor hoe mammas teenoor mekaar kla en groei op met die idee dat niks wat hulle doen inelk geval reg is nie. Net vroue kan manne soos manne laat voel en optree, en dis nie met sarkasme en neerhalende opmerkings nie.

Melanie ·

julle ek wil nou nie hare kloof nie, maar die geweld teen vrouens en kinders kom gewoonlik van alle rasse, maar in die mederheid swak ouerskap vanaf die moeder se kant weens ouderdom is oor die algemeen nie by alle rasse nie.. moet ek meer se

Atta ·

Tel ook die “wettige” moord op babas in die baarmoeder by en die prentjie raak net al donkerder. Moord bly moord, maak nie saak aan watter kant van die geboortekanaal ‘n kind is nie, ook nie of die regering dit wettig nie.

ANDREW ·

My kommentaar op verlede week se artikel Misdaadsyfers onderskat SA se intelligensie is summier verwyder. Daarin het ek ondermeer verwys dat politici en ook NGO’s die statistiek plooi om hul programme en ook hul bronne van inkomste te verseker.

Mans is nie altyd die probleem nie – nie in die aanmeldingsyfers as sulks nie. My ervaring van baie meer as 40 jaar in die polisie leer ook die ander kant van die munt. Daardie vals aanmeldings om iets anders – gewoonlik geld of toesig oor kinders te bekom. ‘n Huiswerker wat ontevrede is met haar afdanking kla die eienaar van die huis aan van verkragting, studente en ander vroue beweer hul is verkrag om hul swangerskap of ander wangedrag weg te steek. Vroue kla hul eie mans aan van seksuele oortredings teenoor hul kinders om toesig te verseker ens ens.

Ja, die gevalle is daar, maar om alle mans te blameer kom op sielkundige verkragting neer en is ‘n openlike poging om die rol van die man in die huisgesin af te breek. No spring ook al die organisasies wat alternatiewe seksuele oortuigings voostaan ook in die borrelbad van vals inligting en promosie van eie persepsies en voorkeure.

Martie ·

Ek wonder of die nuwe wet dat n ouer nie n kind mag pakgee nie, iets te doen het met hierdie statistieke? Dan is dit maar baie dom, want daar is n GROOT verskil tussen n kind dissiplineer en n kind aanrand om dood te maak! Maatskaplike dienste, trek tog asb. vir ons n baie duidelike lyn! Daar moet dissipline wees en die meeste ouers, 99,99% wil nie hulle kinders doodmaak nie, daardie wet is absurd, dat jy nie jou kinders mag tugtig nie!

Martie ·

Wil net byvoeg dat 60 % van huishoudings deur enkel-ouers bestuur word, wat meestal vroue is, wat nou nie meer die reg het om stoute Jannie of Sannie te tugtig nie!! Sy is alreeds alleen-ouer, en nou kan sy dalk krimineel aangekla word as sy net n gewone pakslae uitdeel, absoluut absurd! Ek sien al hoe 10-jarige vir mammie laat tronk toe gaan…

Gert ·

Te veel regte vir kinders. Hulle brand land af. P pak slae en dissipline.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.