Meeste SA’ners ondersteun afsondering – peiling

Weermaglede op patrollie in Gauteng tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Polisie)

Die meerderheid Suid-Afrikaners meen dat algehele afsondering die regte stap was om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Volgens ʼn aanlyn peiling wat Ipsos gedoen het meen 84% van Suid-Afrikaners wat toegang tot internet het, dat die afsondering ʼn goeie idee was. Die res van die deelnemers aan die studie het gemeen die regering oorreageer.

Die peiling is van 20 tot 22 April onder 1 000 Suid-Afrikaanse volwassenes gedoen.

Die regering het die afgelope weke onder erge kritiek van ekonomiese kenners deurgeloop oor sy besluit om streng regulasies tydens die afsonderingstydperk toe te pas. Die peiling bewys egter dat volwasse Suid-Afrikaners van alle ouderdomme die regering se besluit grotendeels ondersteun.

Deelnemers tussen die ouderdom van 56 en 65 jaar (77% van die deelnemers) was egter minder ondersteunend ten opsigte van die besluit.

‘n Kliënt besoek ‘n winkel in Plettenbergbaai. (Foto: David Ritchie/ANA)

Meer as ʼn driekwart van die deelnemers aan die peiling (78%) het ook verwag dat die afsondering ná einde April gaan voortduur. Slegs 3% van die deelnemers het gesê hulle het nie gedink dat die afsondering ná April sou voortduur nie. Die meerderheid van die deelnemers (86%) meen ook daar moet baie streng opgetree word teen dié wat die regulasies oortree en amper almal (92%) sê hulle neem die risiko van Covid-19 in ag wanneer hulle oorweeg waarheen hulle gaan en wie hulle gaan ontmoet.

Covid-19 het egter nie so ʼn groot invloed op Suid-Afrikaners se koopgewoontes gehad nie. Net meer as ʼn vyfde van deelnemers (22%) het aangedui dat hulle nou meer gereeld inkopies aanlyn doen as voorheen. Dit terwyl 95% van die deelnemers aangedui het dat hulle onlangs hul huise verlaat het om kos te koop. Veral dié tussen die ouderdom van 26 en 35 jaar (36%) is meer geneë om aanlyn inkopies te doen. Die produkte wat die meeste aanlyn gekoop word is toiletpapier (59% van deelnemers), kos en drinkgoed (57%), ontsmettingsmiddels (57%) en klere (40%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Hoekom het julle nie gevra wie is hulle werkgewer nie sou interessant wees. Ek vermoed byna almal sou se hulle werk vir die belasting betaler.

Burgermeester ·

Wie doen hierdie meningspeiling? ‘n Duisend deelnemers word nou nie in my oë getel as ‘n “meederheid” Suid Afrikaners nie. Wat is die demografiese samestelling van die ‘meederheid’ Suid Afrikaners? As ek ‘n meningspeiling onder my gemeenskap gaan doen, gaan jy defnitief ‘n ander opinie kry.

Frannie ·

Lagwekkend. Ek dink hulle moet hierdie week weer ‘n opname maak en met meer mense wat verteenwoordigend van die land se mense. Mense se oë is besig om oop te gaan en is besig om te sien wat aangaan met die WHO wat die wêreldleiers en pers boelie. Hulle is duidelik besig is om ‘n One world Order te probeer bewerkstellig.

Alleen Wolf ·

Meeste wêreldleiers weet nie om hierdie krisis te bestuur nie, China het voor geloop en “Lockdown” ingestel, toe klim die res van die wêreld lyers op die wa en die laaste een skop die leer om, so nou is hulle gesnoeker, hulle kan nie afklim nie want dan verloor hulle aansien en stemme in die volgende verkiesing, ons eie regering is ook in daai bootjie maar boonop met ‘n verskuilde agenda.

Hennie J ·

Die ou gesegde:”statistics is like a bikini-what it reveals is exciting, what it conceals is vital.”

JohanR ·

Rerig? Niemand het my gevra wat ek dink van die afsondering, en van die ANC KGB komitee nie. As ek moes my se en denke gee, sal ek dadelik en vir altyd hier verban word! Soe siek sat en dik vir NDZ, Bkeki Cele, Ebrahim Patel, Fikile Mabalula, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Thulas Nxesi ens. Die enigste twee wat net net enige geloofvardigheid het is Cyril Ramaphosa en Zwelini Mkhize, en dit raak stadig dun. Stem vir die ANC? Het nog nooit, en sal ook nooit!

Erica ·

So net n 1000 mense het vir hoeveel mense gepraat? Die is weer bog. Net soos die kamstig 2000 besluit het oor rook. Rerig?? Dit is n klug. So ek neem aan die 1000 werk vir die ANC en hulle het salaris gekry, hoef nie met die gevolge van die lockdown te sit nie.

Gerhardus ·

Iewers sit iemand met sy/haar 30% slaagsyfer en dink ons moet nou glo dat 85% van 1000 mense die “meerderheid Suid Afrikaners” verteenwoordig.

Indien jy vir ‘n groep kurrupte mense vra of korrupsie reg is, sal die meeste, (indien nie almal nie), sê “ja”.

Vra jy dieselfde vraag vir eerlike persone sal die antwoord ‘n besliste “nee” wees.

‘n Meningspeing is ‘n demografiese opstelling/raaiskoot.

Vra dieselfde vraag vir mense wat erg benadeel is en jy sal ‘n totale ommekeer kry.

Ek glo in elkgeval nie in sulke opnames nie. Soos bv. 2000 mense kan besluit dat miljoene nie mag rook nie. Lagwekkend.

KB ·

Ek sou seker ook een van diegene gewees het wat gesê het dat die inperking nodig was, sou ek gevra gewees het, MAAR:
Nadat die regering ‘n dreigende en drakoniese houding ingeneem het, swaai my skaal absoluut negatief teen die regering. Hul uitsprake is ondeurdag en soms selfs arrogant (so asof hulle verhewe bo die wet en ander landsburgers is). Daar is veral ‘n paar wat baie skuldig staan hier.
Ek voorsien erge teenstand van die publiek teenoor die regering, baie binnekort. Hongerte en swaarkry is ‘n geweldige dryfveer; voeg daarby opsweping en betogings, en die frustrasie, leuens en ontkenning van regte en die regering het chaos (soos hy nog nooit ervaar het nie) – die SAPD en SANW sal slegs tweede kom.
Ook in die res vd wêreld is die publiek besig om keelvol te raak vir politici wat hul magte oorskry (VSA, Frankryk, Spanje, Duitsland, VK, ens. om nie eers van lande in Suid-Amerika te praat nie).
Die SA Regering is reeds deur die VN, en ook Mike Pompeo gewaarsku!

Denise ·

Foto van kliënt wie se temperatuur geneem word in Plettenbergbaai – die personeellid wat die toetser hanteer, se neus word nie deur die masker bedek nie!

Elsabé ·

Miskien kan Maroela Media hierdie opname nou doen en deurgee. As jy vir staatsamptenare vra, gaan almal natuurlik sê dis ‘n goeie ding, want dis lekker by die huis en ek kry ‘n salaris. As jy vir ‘n besigheidseienaar wat sy besigheid gaan moet sluit, of ‘n werker wat nie salaris kry nie, vra, gaan jy ‘n ander antwoord kry.

Belinda ·

Hulle het nie vir my gevra nie, stem definitief nie saam nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.