Meeste sardiens nóg aan Suidkus – navorser

(Foto: Dr. Ryan Daly)

ʼn Durbanse navorser sê die skole sardiens wat die afgelope ruk hul opwagting aan Suid-Afrika se kuslyn gemaak het, is die meeste wat hy nóg gesien het.

Dr. Ryan Daly, verbonde aan die Oseanografiese Navorsingsinstituut, het ook fassinerende onderwaterfoto’s van die verskynsel gedeel.

“Wat ʼn goudmyn van vis! Dit was oorweldigend met so baie sardiens. As ʼn navorser en iemand wat al jare lank die sardiens volg, was dit verstommend om die hoeveelheid te sien,” het Daly die afgelope week gesê.

(Foto: Justin Klusener/Facebook)

Daly sê hy het gevrees dat veranderinge aan die omgewing moontlik die sardientjieloop negatief kan raak, maar dat dit nie die geval was nie.

“Dit is beslis die meeste sardiens wat ek nog ooit aan die KwaZulu-Natalse Suidkus gesien het. Weens klimaatsverandering, moontlike druk weens kommersiële visvang en veranderinge in die manier waarop diere op die omgewing reageer, was baie navorsers bekommerd dat groot sardientjielope iets van die verlede sou wees. Dit is dus fantasties om die oplewing in bedrywighede te sien. Dit voorspel ʼn fantastiese seisoen,” het Daly gesê.

Volgens hom was daar vanjaar ʼn gebrek aan inligting oor die sardientjieloop weens die Covid-19-pandemie.

(Foto: Justin Klusener/Facebook)

“Ons weet nie werklik hoeveel aktiwiteit daar aan die Wildekus was, of hierdie net ʼn groep was wat hul opwagting aan die Suidkus gemaak het en of dit deur ʼn veel groter groep voorafgegaan is nie.”

Phelisa Mangcu, uitvoerende hoof van Ugu-Suidkus-toerisme (USCT), het beaam dat dit die beste sardientjieloop is wat die provinsie in ʼn lang tyd gesien het.

Mangcu sê die koue weer het die afgelope paar dae ook skole sardiens na plekke soos Sezela, Ramsgate, Scottburgh, Southbroom en Pennington gelok.

“Dit is net die begin van dié wintergebeurtenis en ons sien uit na nog heelwat aktiwiteit oor die volgende paar dae. USCT wil almal bedank wat plaaslike vissermanne in dié tyd ondersteun, asook diegene wat plaaslike restaurante en kafees ondersteun,” het sy gesê.

“Ons moedig almal aan om die nodige veiligheid- en gesondheidsprotokolle te gehoorsaam, wat insluit die dra van maskers, ontsmetting van hande en sosiale afstandhandhawing.”

Ugu South Coast Tourism (USCT) is excited to be able to share a glimpse beneath the surface of the sardine run action from a diver’s perspective. Dr Ryan Daly (underwater photographer) and his spearfishing dive buddy Carl Elkington (diver pictured) went spearfishing in amongst the shoals of sardines near Scottburgh (KZN South Coast) on Tuesday, 16 June with dolphins, sharks and gannets pursuing the bait balls of little silver fish. The sardine run is usually a big tourism drawcard for the South Coast and they are pleased to welcome recreational anglers back to the shores. For official updates of the Sardine Run and to watch all the action, visit ‘South Coast Tourism’ on Facebook or @infosouthcoast on Twitter. IMAGE CREDIT: Dr Ryan Daly#greatestshoalonearth #sardinerun #2020sardinerun #sardinefever #winteronthesouthcoastkzn #tourismsouthcoast #visitkznsouthcoast #kznsouthcoast #travelkznsouthcoast #tourismsouthcoastkzn

Posted by South Coast Tourism on Wednesday, June 17, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Dankie sardiens. Daar is darem nog een keer ‘n jaar ietsie in Suid Afrika wat vry is!

Sandra ·

Dit is omdat die see ‘n bietjie kon asemhaal tydens die lockdown.

Adam Adriaan ·

Dit is seker weer die skuld van aardverwarming soos gedryf deur die mens wat niks meer het om aan te dink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.