‘Meeste studente in Afrika’ skryf tegelyk aanlyn eksamen

Argieffoto (Foto: JESHOOTScom/Pixabay)

Die grootste groep regstudente in Afrika nóg het Vrydag vir die eerste keer tegelyk ʼn aanlyn regseksamen geskryf.

Amper 27 000 regstudente van Unisa se regskollege, die grootste regsfakulteit in Afrika, het Vrydagaand suksesvol by die universiteit se aanlyn eksamenstelsel ingeteken om die vraestel vir “Inleiding tot die reg” te skryf. Die universiteit beskou dié gebeurtenis as ʼn mylpaal in die oorkoming van die uitdagings wat Covid-19 aan die hoër onderwysstelsel stel.

Die dosent wat verantwoordelik was vir die vraestel asook ander dosente en ʼn IT-span was beskikbaar om regstreekse hulp deur middel van e-pos of telefoonoproepe te verskaf, sou studente probleme met die stelsel ervaar. Dié span het inligting met mekaar gedeel deur middel van Microsoft Teams.

“Vrydagaand se eksamensessie is betyds en sonder groot probleme afgehandel,” sê prof. Veronica McKay, Unisa se waarnemende vise-hoof vir onderrig, leer, gemeenskapskakeling en -ondersteuning. Sy sê dit is tot dusver die meeste studente wat op een slag aanlyn eksamen geskryf het en was werklik ʼn tegniese oorwinning.

McKay sê die universiteit het geleer uit probleme tydens vorige, kleiner eksamensessies en het die stelsel uitgebrei en die aanlyn bandwydte vergroot.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Juffrou ·

Wonderlike tegnologie! Net jammer oor hulle Afrika tale beleid!

Dirk Mostert ·

Verduidelik asb aan ‘n tegnologiese agtergeblewene soos ek. Word die aanlyn-eksamens tuis afgele en met toesieners? Wat verhinder die gebruik van teksboeke, klasnotas, “crib notes”, internet/selfoon?

Martie Smartie ·

Goeie vraag Dirk. Net jammer Unisa is nie so flink as dit kom by die betaling van hulle eksterne merkers nie. Ek is een en wag nou nog vir my betaling vir tweede semester 2019 se merkwerk. Ten spyte van vele en vele navrae, het ek einste Prof Vernoica McKay genader en sy gooi die probleem terug na die departement waarvoor ek merk. En nou gebruik hulle die lockdown as verskoning, maar my eise is al Sep, Okt en Des laas jaar ingedien. Wonder of ander merkers ook so swak behandel word deur UNISA

Meyndert ·

Die probleem met die stelsel is as hulle jou Pdf kan oop maak maar nie weet hoe om daarop kommentaar te skryf nie dan weier hulle om dit te merk en skuil sgter die verskoning dat jy dit met ‘n wagwoord beskerm het. Die PDf program wat dit kan doen kos baie geld en is definitief nie deel van ‘n student se programatuur nie. 5 verskillende mense vir wie die pdf gestuur is kon dit sonder probleme oop maak en kommentaar lewer sonder enige probleme. Hoe verdedig jy jouself teen sulke onkunde of is dit dalk moedswillig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.