Meeste Suid-Afrikaners verkies uitstel van plaaslike verkiesing

Argieffoto (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die meeste Suid-Afrikaners wat deelgeneem het aan ʼn peiling voel die komende plaaslike regeringsverkiesing moet uitgestel word.

ʼn Opname deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het bevind omtrent twee derdes (61%) van volwasse Suid-Afrikaners meen die verkiesing moet te midde van die Covid-19-pandemie uitgestel word.

Met die voortslepende effek van die Covid-19-pandemie en ʼn toename in infeksies tydens die derde vlaag van die dodelike pandemie, is daar toenemend kommer oor die wenslikheid van die verkiesing later vanjaar. Die plaaslike verkiesings vind, as alles volgens plan verloop, landwyd op Woensdag 27 Oktober plaas.

Die UJ en RGN het die opname op 25 Junie gedoen en altesame 4 728 Suid-Afrikaners het daaraan deelgeneem. Die bevindinge is aangepas in ooreenstemming met Statistieke Suid-Afrika se data oor ras, opvoedingvlak en ouderdom.

Sienings oor die uitstel verskil tussen rassegroepe, maar die meeste bevolkingsgroepe steun oorwegend die uitstel daarvan. Altesame 82% van Indiërs en Asiërs is sterk ten gunste van ʼn uitstel, terwyl wit volwassenes die laaste vlak van steun (52%) daarvoor toon.

Altesame 62% van stedelinge steun die uitstel van die verkiesing, vergeleke die 61% van mense in landelike gebiede.

Op partypolitieke vlak is ANC-ondersteuners meer geneig om ʼn uitstel te steun: 67% van ANC-ondersteuners is ten gunste van die uitstel van die verkiesing, gevolg deur EFF- en DA-ondersteuners met onderskeidelik 63% en 61%.

Ondersteuners van ander politieke partye is minder ten gunste van die uitstel (53%). Hierdie groep is ook meer geneig om neutraal of onseker te wees as die ondersteuners van die drie grootste politieke partye.

“Die bevindinge word meer beïnvloed deur mense se houdings met betrekking tot politieke vertroue, hul siening oor Covid-19 en die risiko’s wat daarmee gepaard gaan asook die oortuigings oor hoe om veilig op te tree in die kollektiewe belang van die gesondheid van alle Suid-Afrikaners tydens die pandemie,” lui die verslag.

Maroela Media het vroeër berig dat berig voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke ʼn hersieningsproses van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gaan lei wat moet help bepaal of die komende plaaslike regeringsverkiesing te midde van die Covid-19-pandemie uitgestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Clssf* ·

Ja want dit pas die politisie omdat hulle weet hulle posisie raak al swakker. Genade by Oktober is die 3de vlaag alweer verby en gaan mense weer aan soos normaal, maar te bang om te gaan stem? Daar is nog genoeg tyd vir die wat bang is om in ‘n tou te staan, om inge-ent te word voor dan. So hou op verskonings soek….

JohanR ·

Ek WIL stem want kan nie wag vir die ANC om geskiedenis te wees nie.

jou gewete ·

As jou wens tog sou gebeur maar ek is bevrees dis geil eiers waarop jy broei

Maggies ·

Ek wonder wie sal nou nog vir die heersende party wil stem. Beslis nie mense wat regdenkend is nie.

jou gewete ·

Uitstekende idee ja. Teen huidige inentings koers sal dit dan nagenoeg 4 jaar jaar neem voor daar gestem kan word en intussen kan die grootste deel van die land lekker aanploeter met swak dienslewering en wanbestuur. Dankie tog vir Wes Kaap wat grotendeels goed bestuur word.

VaalDonkie ·

Niemand het MY gevra nie. Ek wil stem vir nog 5 jaar van DA (wel, ek stem VF+, maar sal “settle” vir DA) hier in die Kaap.

MAGRIETHA ·

Stem moet ons stem so gou as moontlik ons land gaan agter uit ,ons moet reg stem weti vi wie nie al die partye se hul da vi die mense ma dit lyk nie so nie so ekke sal n studie doen voor ekke stem

Michael ·

Wanneer gaan die volk oor hul vrees vir covid kom? Wil voorkom of die boodskap baie effektief was. Dit pas die kommunistiese regime natuurlik uitstekend. Hoe langer die volk in vrees bly hoe beter en hoe meer beheer kan hulle gaandeweg oor die mense kry. Die uitstel van die verkiesing sal die ANC pas en as hulle nog kan verklaar dat die mense dit wil uitstel dan kan hulle met groot smaak verkondig dat hulle na die mense luister. Word asb wakker mense-gaan stem nou, dis dalk die beste en laaste kans om van die kommuniste ontslae te raak

Willem ·

As die huidige regerende party die land se staatskas nie so geplunder het nie kon Suid-Afrika ook al ‘n moderne elektroniese verkiesingstelsel gehad het wat mense toelaat om aanlyn te stem soos in die VSA en ander ontwikkelde lande.

Ria ·

Wie moet verkies word…. nog ‘n skelm hel wat net in sy status en sy salaris belangstel. Die een wat nog aanhou stem vir hopelose kamtige leiers, moenie onthuts wees as dinge net al slegter gaan raak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.