‘Meeste tot dusver vanjaar landuit’

Al hoe meer wit Suid-Afrikaners verruil die bekende lewe in stede soos Johannesburg vir ’n nuwe bestaan in die vreemde. Foto: Morné van Rooyen

Kenners voorspel die meeste mense tot dusver sal vanjaar landuit verhuis.

In ʼn onlangse verslag deur Pew Research word geraam dat sowat 900 000 mense wat in Suid-Afrika gebore is, in 2017 in die buiteland gewoon het. Teen die huidige trant sal dit teen die sensus van 2021 tot meer as 1 miljoen toeneem, berig Business Tech. Die meeste van dié emigrante sal volgens die peiling welgestelde, opgevoede wit beroepsmense wees.

Van die byna 1 miljoen Suid-Afrikaners wat reeds landuit verhuis het, woon sowat 210 000 in die Verenigde Koninkryk, die gewildste bestemming vir emigrante. Australië is in die twee plek met 190 000, gevolg deur Amerika (100 000) en Nieu-Seeland (60 000).

Amper 2  000 Suid-Afrikaners, hoofsaaklik wit mense, verhuis op die oomblik maandeliks landuit.

Hoewel Suid-Afrika ʼn rekordgetal immigrante van meer as sowat 1 miljoen tussen 2016 en 2021 sal verwelkom, meld Pew Research dat sowat 115 000 wit Suid-Afrikaners in dieselfde tydperk sal emigreer, die meeste in enige vyfjaartydperk dié eeu, maar nie ʼn drastiese toename vergeleke met die 110 000 wat tussen 2011 en 2016 landuit is nie. Amper 2  000 Suid-Afrikaners, hoofsaaklik wit mense, verhuis op die oomblik maandeliks landuit na veral die Verenigde Koninkryk, Australië en Amerika.

Statistieke Suid-Afrika voorspel dat 430 000 wit mense die land in die twee dekades tot 2021, wanneer die volgende sensus na verwagting gehou sal word, sal verlaat. Dit kom neer op 21 000 per jaar; tog voorspel hulle dat die wit bevolking tussen 2017 en 2018 effens, van 4,49 miljoen tot 4,52 miljoen, sal toeneem.

Business Tech berig wit Suid-Afrikaners emigreer nie meer noodwendig na die gebruiklike Australië, Amerika en die Verenigde Koninkryk nie, want nuwe gewilde bestemmings sluit onverwagte lande soos Griekeland, Portugal en Chili in. Kanada is ook ’n gewilde bestemming; 50 000 Suid-Afrikaners het reeds dié land hul nuwe tuiste gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

168 Kommentare

Deel julle geheime ·

Kan nie glo dis so maklik nie. Ons is oor 50 en as ons nie n sponsored employer het nie vat hulle (het USA en Holland en Poland probeer) nie eers ons aansoeke nie. Hoe kry die mense dit so maklik reg?

Pieter ·

Wel my vriend was 56 jaar en het werk hier in Pole gekry. Maatskappy het werkspermit en alles gereel . Ons gaan nou in vir ons 3 de jaar hier in Krakow. Hou aan soek julle sal regkom.

Brolloks en Bitterbal ·

As jy op 40 yr oud nog nie die realiteit van Suid Afrika besef het nie , is dit te laat, bly waar jy is en maak die beste daarvan.

Magda ·

Oom of tannie..
Probeer Panama (gaan soek dit op google en die huiswerk vir daar)
Maar nie Panama City self nie
Google..
David Panama
Boquete Panama
Volcan Panama
Daar is al BAIE Suid Afrikaners, en die land het n vriendelikheids ooreenkoms met Suid Afrika.
Jy het nie n Visa nodig om soontoe te gaan nie, jy kan alles doen wanneer jy daar is.
Dit is tussen Noord en Suid Amerika.
Ek het baie om te vertel oor die plek :-) regtig die moeitewerd.

Rooies ·

Vir Kanada gaan jy sukkel as jy ouer as 35 is. Toe ons geleentheid kom toe spring ons voor ons te oud is. As jou kinders oorsee woon is dit wel moontlik vir hulle om jou te sponsor as hulle reeds langer as 3 jaar hier woon.

Staak saam ·

Die meeste van hulle wat nou so hardloop is die klomp met daai diep gewortelde liberale siekte, die dag as alles hier uit gesorteer is dan moet hulle asb ook net daar bly en ons kinders nie weer kom vergiftig met hulle liberale visie nie.

Ian ·

Dis nou die simpelste opmerking wat ek on ‘n lang tyd gesien het. Ekonomiese en fisiese oorlewing is vir almal wat ek ken die oorweegrede. Ek weet nie hoe bring jy liberalisme hierby uit nie. Miskien moet jy die betekenis daarvan gaan Google…

James ·

Stem saam. Ek het sulke familie – grootbekke gewees oor die Reenboognasie, lekker JA gestem, nou sit hulle, kinders en kleinkinders in Kanada en Aus. Lekker gesaai – weier om te pluk…

Pierre Wolmarans ·

Ek kom terug na 12 jaar in Australie. My kinders nou groot en gevestig. Gedoen vir hulle wat ek moes. Nou is dit ek en my geluk.

Engela de Klerk ·

Regtig Staak Saam! Vertel jou Lib-konkoksie storie vir die gesin waar die swanger vroutjie verkrag is, in hul huis en of die pa, wat sy kinders by hul skool gaan aflaai het en in ‘n hijacking geskiet is en steeds met ‘n patroon in sy borskas loop en of die gesin wiese 19 jarige seun voor sy ma doodgeskiet is en hulle Kanada toe verhuis het met drie kinders. Praat jy nou nog steeds nonsens?!

Liberalis ·

Al my liberale vriende het geimmegreer, nogal na wit lande, die rede is omdat ons daardie lande ook nou koet gaan transformeer, daarna sal ons ruimte toe vlug want dan is daar nerens meer westerse beskawing oor nie.

marco polo ·

Ek werk in China omdat daar vir my as hoogsgeskoolde middeljarige witman nie werk in SA is nie. Ek verseker jou ek sal graag eerder in SA by my familie wou wees, maar dis soos dit is. Jou opmerkings is onvanpas vir mense wat hulself in dieselfde posisie bevind en wat hulle bes doen in die buiteland om mense bewus te maak van wat in SA aangaan.

M ·

Ek kon dit self nie beter gestel het nie. Hoop hulle bly daar … Dinge in die res vd wereld gaan toenemend slegter word. Dan wil hulle seker terug skarrel …

Jaco ·

Ek is land uit as gevolg van frustrasie met die blanke volk wat nie kan saam staan nie. Groot bekke om die braai vleis vuur tot dat daar CPF patrollies geloop moet word…. Nee wat kry julle prioriteite reg dan sal ek dit weer waag om my tyd energie en geld daar te bele.

Hans ·

Ek dink jy veralgemeen. My seun is ‘n chirurg en wat dink jy is sy kanse met die nuwe mediese voorstelle,…zero!!! Hoe graag ons ons kinders hier wil hou, sal ek nooit in hul pad staan as hulle wil “vlug” nie!! Ons ou mense het nie ‘n kans om te immigreer nie.
Wat my bekommer is ek hoor baie kom terug en is die gras nie so groen nie. Ek sal graag statistieke sien van hoeveel kom terug.,. Maroela, wat sê julle?

Ander Koos ·

Vertel asb wie gaan “alles” uitsorteer? Ook sommer hoe. Dankie byvoorbaat

Ai ·

Ja, daar is van hulle. En dit is jammer dat hulle nie nou in die bed lê wat hulle gemaak het nie, maar om te sê die Dorslandtrekkers was Hêndsoppers dui op ‘n lui dinker en jaloesie.

Daar was gesinne wat die hoogste prys betaal het in die geveg téén hierdie liberale Afrikaners, terwyl ronde handjie Afrikaner soort gelyk aan die wat vandag te ordentlik is om saam met “kommin” Steve en vekrampte Afriform te veg, sit en toe kyk het.

Ek gun hierdie Patriote die die biedjie rus in die buiteland, terwyl hulle wag dat elke sleg Afrikaner wat in sy luukse kompleks wegkriuip, wakker skrik – kommin en ordentlik gaan saam bloei!

Tobie Klarens ·

Uitgesorteer? Ek neem aan jy maak n grappie? In minder as 22 jaar, sal die wit bevolking afneem van die huidige 8.5% na onder 1%. Anders gesien, sal elke groep van 100, tussen ouderdomme 0-24 jaar, bestaan uit 91 swart, 7 kleurlinge, 1 Indier en 1 witte. Daarna, vergroot daai verhouding tot 1:200; 1:300; 1:400 ekponensieel na slegs n verdere 11, 8, 5 jaar— Seker “uitgesorteer ” soos in Kenia, Tanzanie, Zambie, Zimbabwe, Malawi, Angola, Mosambiek—

se maar net ·

Kry mens werklik mense soos staak saam? Jy stem seker anc en ondersteun kwota rugny en krieket spanne ook. Mense wat padgee is moeg vir swak diensen moord en diefstal en skelm onbevoegde politieke ” leiers”

Marius ·

Hou asb op met jou opmerking. Dit is onvanpas, en heeltemal uit voeling met die werklikheid. Jy wil vir my en vir honderde ander Suid-Afrikaners[wit, bruin, Indier en swart] wat aan SAMVOA behoort dat ons nou eweskielik neo-liberalisties is. Kom asb by – ons lede wat hier in Perth, Australie en 5 ander groot stede woon is almal ex-SAW wat miskien ondervinding van ‘n ander kleur het as jy wat ‘n baie duidelik ‘n “sleutelbord-kryger” is. Ons is ook miskien van ‘n ander ouderdoms groep. Die hoeveelheid geld wat ons stuur aan arm blanke gemeenskappe word nooit van melding gemaak nie.

Netso ·

Vat my nommer as jy ook wil draad spring teen daai tyd as als in SA in sy “die goed wat agter bly in filter koffie is” in is asb?

Jan Alleman ·

Google bietjie die 1976 Zimbabwe Chicken Run. Waar sit Zimbabwe vandag?

Al daai Chickens wat gehardloop het is vandag in vrede oorsee…. Die res in sak en as. Wees maar versigtig vir jou veroordeling.

Staak saam ·

Ian jou opmerking is seker die ontkennindste een wat ek nog gelees het. Hoe skryf ek dit toe aan liberalisme,, maklik, die konerwatiewes het nie JA loop stem agter de klerk aan nie.
Ekonomiese druk en veiligheid is n dierekte resultaat van die papbroekke.
Dit is die aksie van liberaliste wat veroorsaak het dat daar BEE en weteloosheid is, waar is daai reënboogland, ons wag al 24jaar.
Elke aksie het n reaksie, wees tevrede met die gevoel van die konserwatiewes want dit is grondig.

Louis ·

Dis nou nie mooi nie, dink jy vir een oomblik dat jy kan besluit wie mag gaan en terug kom soos hulle wil? Bly jy maar waar jy is, jy klink in elk geval te onnosel om iets van die lewe te verstaan.

What a joke! ·

Ek is oorsee en ek is die presiese teenoorgestelde van n liberaal! Is dit nie juis die liberale wat nou daar wil agterbly nie??? Ek meen soos die blankes wat die land aan die lewe hou tragies minder word kan hul die liberale mos nou hul lewens in hulle eie selfgeskepde gekkeparadys uitlewe of hoe?? So wat is jou punt ou bitterbal!

Sonja ·

Dis my ou boerevolk se probleem… venynig, gun ander mense niks nie. Ons woon al van 1992 in die VSA, en as ons S.A. toe gaan sê mense ons is verraaiers. Maar dis altyd die ou bitterbekke. Die met verstand verstaan dat ons ‘n moeilike keuse gemaak het. Ek is so teleurgesteld dat ons boere nasie nog net mooi niks geleer het nie. Die mooi rympies en versies help niks as jy nie jou houding verander teenoor jou medemens nie. Verskoon my dat ek lewe. En ja, ek sal terugkom as dit my pas. Dit sal nie afhang van my mede Suid Afrikaner wat rondloop met haat in sy hart vir almal nie.

Siener van Melbourne ·

Staak Saam ek gaan vir jou sê wat my ma my altyd toegesnou het ” as dit nie uitwerk vir jou nie moenie by my kom huil nie. Ek dink jou verstand is in lalaland. “

Tobie Klarens ·

Was jou voorgeslagte “liberaal” omdat hulle uit Europa padgegee het? Inteendeel, dit is oorwegend die liberale wie agterbly, en gegee dat die wit bevolking in minder as 22 jaar gaan afneem van die huidige 8.5% tot onder 1%, sal jy of moet “liberaliseer” of “Afrikaniseer”, bloot net om te oorleef.

RG ·

@Staak saam, hulle stook die liberale vure nog meer van die ander kant af. As ek nou moet kies tussen SA en Griekeland, bly ek liewer hier.

Dink Self ·

Weet jy dit vir ‘n feit? Ek weet vir ‘n feit jy was nie by die 2013 Kerkstraat bomaanval herdenking, of Solidariteit verset teen SASOL betrokke nie!

Tiepse Afrikaner wat kritiseer, maar wat omself nie van die braai en brannas kan weg kry nie.

RG ·

@DinkSelf – Ek weet vir ‘n feit jy verwar my met een van jou vriende.

B ·

Jy slaan die bal ver, ver mis ‘staak saam’.

Jammer dat mens jou vaderland moet verlaat agv ‘swartifikasie’ en ‘witstaatsloosheid’

Charlie ·

Staak saam! Ek moes die land verlaat, ek wou nie maar my man het vir langer as 2 jaar en 7 maande gesukkel om werk te kry. Dink jy dis maklik om alles wat jy ken, al jou geliefdes te los. Jou kinders die vreemde in te vat. Nee my maat dis seker die moeilikste ding om te doen. Ek maak geensins my kinders rassisties groot nie. Hier is soveel ander kulture, kleure en nasies wat hier woon en snaaks genoeg hulle respekteer mekaar. Ek is bitter lief vir my land Suid Afrika. Ek bid regtig dat God ons tuiste sal herstel. Maar wie gaan vir ons sorg as my man nie werk kry nie. Jy gaan defnitief nie my help nie. Ons huil baie aande om, kindertjies huil oor ouma en oupa. Huis alles moes ons opgee het met 8 tasse en 4 kratte gekom. Die res moes alles gaan. Ons kon nie bekostig om ons goed saam te bring nie. Dink mooi voor jy net oordeel.

jennefer ·

Mans bo 50 jaar, geleerd is nie welkom in ons land, myne moes buiteland toe om te werk.

Charlie ·

Dink mooi voor julle oordeel. Ek moes die land uit. Wie gaan vir my sorg as my man vir langer as 2j en 7 maande nie werk kry nie.

Werkloos ·

Charlie, ek kan jou uit ervaring antwoord – niemand sal jou help nie. Die ‘ons’ wat soveel gehoor en gedeel word bestaan alleen in liedjies. Nee, jy is alleen!

Grietjie ·

Die Nuwe SA dryf ons landuit en hulle wil nie nuwe nasie opbou nie. Die land sal nie suksesnwees nie. Kyk na ander Afrika lande.

Piet Pompies ·

Ons is hier om te bly, die mense wat besluit het om weg te gaan het hulle redes en dit was hulle keuse en volgens my is hulle net so welkom om weer terug te kom.
My spore het ek begin trap as Suid Afrikaner en so gaan dit wees tot die dag wat my tyd op aarde om is. Intussen gaan ons lewe voort, bid vir ons land en regering, werk hard, geniet die lewe, kuier saam met familie en vriende, braai, swem, stap.
Om nou te gaan sit en ‘n doodsvonnis op jouself uit te spreek oor ons land terwyl jy nog leef is ‘n vermorsing van tyd. Tyd is kosbaar, tree so op.

Pieterv ·

Piet, jy en Pierre se koppe is reg aangeskroef!!
Ja, daar lê ‘n pad van stryd voor (stryd soos in taal, kultuur, geloof , identiteit ens).
Nee, dit gaan nie maklik wees nie.
Wat in ons guns tel is dat ons as volk al hoeveel keer deur rerugslae getoets is maar, omdat ons is wat ons is, sal ons weer ‘n pad vir onself vind en met trots daarop loop. Doodgewone en nugter denke met inspirasie en leiding van Bo saam met generasies se voorbeeld van ” nie gaan lê nie” is daar meer as net hoop.

Jerry ·

Witmense, ingesluit Afrikaners wil nuut begin, die mense strewe daarna om te wil leef, laat leef en herleef en ongelukkig is dit nie meer n lewensvatbare opsie in SA nie danksy duistere agendas, links en regs van die politieke en burgerregte spektrum. Mense is kwaad, maar nie oor die redes wat Solidariteit en AfriForum aanvoer nie! Mense is kwaad omrede Solidariteit en AfriForum nie hulle beloftes gestand gedoen het nie en veel eerder met skoorsoek en ondermyning witmense se belange laat teiken het en sodoende verdere verdeeldheid tussen wit en swart en wit en wit teweeg bring het. SA kan nie vir veel langer, beide AfriForum en die EFF, verduur nie!

Dark One ·

Jerry, wat se beloftes het Solidariteit en Afriforum wanneer waaroor gemaak? (Ek besef ons is beide van die punt af, die onderwerp in ag genome, maar dit sal waardeer word as jy antwoord.)

Twakkie ·

Jerry, as ek jou reg verstaan, is jy een van die groep (wit) Afrikaans-sprekendes in SA wat steeds glo dat ons almal hier vrééslik gelukkig sou kon saamleef as dit net nie was vir AfriForum en die EFF nie. Dit was/is ‘n onrealistiese droom. Die gaping tussen die Westerse suksesvolle kapitalisme en tradisionele Afrika-sosialisme is te groot, soos voorbeelde elders in Afrika ook aantoon. Die skeuring tussen “verligte” en “verkrampte” Afrikaners is deur die Afrikaanse hoofstroommedia geskep en eintlik irrelevant in die groter politieke prentjie. Solidariteit en AfriForum het geensins dié skeuring veroorsaak nie, die joernaliste wat hulle gereeld daarvan beskuldig, is juis dié wat gedink het hulle “verligtheid” gaan vir hulle ‘n plekkie in die nuwe SA se son verseker, maar nou is hulle ook maar net te wit. AfriForum probeer maar net die ergste vergrype teen die minderhede keer deur hulle op internasionale reg ten opsigte van minderhede te beroep. Nie almal van ons kan landuit nie, om baie redes, en ons het die soort beskerming wat ‘n burgerlike organisasie soos AfriForum bied, broodnodig. Beskuldigings dat ver-regses en ver-linkses al is wat tussen SA en utopie staan, is gewoon dom.

Paul ·

Twakkie, jy mos jou asem . Ek het ook vir lank, soos baie ander, vir maande, as dit nie nou al ‘n jaar is nie hom probeer reghelp, en daar is nie salf te smeer nie. Seven single of ‘n 33 plaat haak nooit vas nie, dis nou Jerry.

Hy sal vir jou vertel dat hy gewen het omdat jy hom lees en reaksie stuur. Dit pomp hom op en laat sy adrenalien pomp.

Paul ·

Twakkie, Jerry sal jou terug antwoord dat hy relevant is …. die bewys is omdat jy op sy twak reageer het, sal hy beduie. Ek het vir maande, seker van die begin van die jaar af op sy kommentare reageer, maar so ‘n maand gelede opgehou. Soos met Julius moet mens hom ignoreer.

What a joke! ·

Jerry waarvan praat jy? Soos altyd klink jy erg verward!
Afriforum en solidariteit tree op in reaksie om die al ewige rassistiese aanvalle van die ANC, Eff, Blf op die blankes!
Juis oor die aanhoudende onderdrukking en miskenning van ons regte as blanke Suid Afrikaanse burgers verlaat die blankes die land op soek na n beter, veiliger lewe!
Ons word vermoor, aangerand, onderdruk en ondermein deur n regering wat dit duidelik maak dat die blankes nie welkom in Suid Afrika is nie!

So wat jy basies se is geen blankes moet opstaan vir hul regte nie en maar net stil bly om vertrap word! Die hartseer feite van die saak vir my is die blankes wou saam werk en bou tot die reenboog nasie maar sien nie meer hoop in n land waar hy heeltyd soos n derderangse burger behandel word nie! Die reenboog nasie was n klug en een hengse flop!
Maar moet nie bekommer nie ou lingse Jerry spoedig sal jy sit en wens daai einste ou blankes wie jy so verafsku was nog daar saam jou soos jy stoksiel alleen gaan sit en sien hoe alles rondom jou verbrokkel en verval…

Nouja ·

Jy woon seker aan die bevooregte kant van die Hugenote tonnel.

Dries du Toit ·

Jerry is presies wat hy Afriforum van beskuldig. Skoorsoekend. As dit nie vir Afriforum en sSolidariteit was nie was daar maar Geen hoop vir die blanke in die land nie. Dan was ek ook weg. Jerry het geen oplossing nie.

Engela de Klerk ·

Die getal vir Kanada is hopeloos verkeerd. Net in Ontario is meer as 50 duisend Suid-Afrikaners.

Liberalis ·

Slim opmerking. Die getalle is baie groter maar dis nie polities korrek om dit te noem nie. Gaan kyk na die tegniese definisies van wat emmigrante ‘meen’, dis hoe my liberale meesters met leuns wegkom.

Blommetjie ·

Daar is n gesegde wat sê: Blom waar jy geplant is. Was al oorsee. My wortels is hier. Mooi gesê Piet Pompies!

Tobie Klarens ·

Was jou voorouers nie in Europa “geplant” nie, of was hulle ongehoorsaam om na SA te kom?

Sak ·

Staak saam. Eks regs. Geen voorbehoude. En ek wil uit. Wil niks meer met hierdie helhool te doen he nie. Die libs het geskep wat ons nou beleef. Hulle moet gedwing word om te bly en dit wat hulle geskep het uit te leef. Met eish ja!!!

Werkloos ·

Charlie, ek kan jou uit ervaring antwoord – niemand sal jou help nie. Die ‘ons’ wat soveel gehoor en gedeel word bestaan alleen in liedjies. Nee, jy is alleen!

Werkloos ·

@ Sak

Jou gebrek aan kennis van die geskiedenis van hierdie land word waarskynlik net deur jou onnoselheid oortref.

Phil de Wet ·

Is ons nie self van immigrante afkoms nie. Franse Hugenote, mense wat moes vlug vir hul godsdiens? En as jy vandag sou “vlug” agv misdaad en diskriminasie in die werksplek en sakeomgewing, wat is fout daarmee?
Dit raak wereldwyd al hoe moeiliker om ïn te kom”. Iemand wat dink/glo dat SA gaan regkom leef in n droomwereld.

TINRSA ·

Maroela Media. Vir ‘n Afrikaanse publikasie is julle patties. Opgeleide is nie dieselfde as opgevoede nie.

GM van Rooyen ·

TINRSA, kan jou klippe gooi na Maroela Media as jy praat van patties?

Ekke ·

Asseblief sê ons net hoe kan mens gaan. Meeste werk is scams. Waar kry mens eerlike agente wat help met imigrasie as jy n middelklas werknemer is met n Ambag?

Frikkie Geld en huis ·

Australië erken nie SA se ambagtoetse nie. Wel, geen SA kwalifikasie word eintlik meer oorsee erken nie, want as mens matriek kan behaal deur 30% te kry, wat is ‘n diploma of graad eintlik werd ??
As jy belangstel om Australië toe te gaan, word ‘n lorriedrywer in SA vir so ‘n jaar of wat, dat jy darem ‘n lorrie kan ry. Doen dan aansoek as lorriedrywer in Aus. Hul soek altyd lorriedrywers. Na twee jaar daar mag jy van beroep verander. Dan kan jy iewers probeer inkom en jou ambagstoets herskryf. Daarna het jy mos hulle kwalifikasie en sal werk nie ‘n probleem wees nie. Onthou net: Sam en Gift gaan nie saam nie. So, jy dra alles self en maak self skoon waar jy gewerk het.

Neutraal ·

My kleinseun velede jaar klaar met gr 12. Het universiteit toelating om te leer asmed dokter wat hy met hart en siel wil wees. Finansies is n probleem en “groot” mense het hom afgeraai om dit in vandag se omstandighede te oorweeg. Oorsee is daar n moontlikheid maar hy wil hier bly. Die regering het alle plane in werking om wittes weg te jaag.

Lize Freislich ·

Laat hy aansoek doen vir ‘n beurs van NSFAS of die Dept van Gesondheid. Of staan borg vir ‘n studente lening. Hy kan die beurs terugwerk tydens sy huisdokters en gemeenskapsdiens jare. Ons mediese opleiding is steeds wêreldgehalte.
Ek is ‘n ginekoloog wat baie gelukkig is om in Suid Afrika te bly en my 2dogters hier groot te maak.
Meeste van my klasmaats het oorsee gewerk en is terug in Suid Afrika

Wiskunde ·

Ek werk in Shanghai. Saans as ek wakker word en het n stoute dors in my keel, loop ek af Family Mart toe en koop vir my n 1 liter bottel icetea vir R8. Ek hoef nie my Glock by my te dra soos ek in SA het nie. Ek hoef nie 24/7 oor my skouer te kyk nie. Ek hoef nie te worry of my deure toegesluit is nie. Ek stres nie heeltyd nie. Eks n beter mens agv minder stress. Ek kan dus beter impak hê op ander mense oor die minder stress. Ek kan n besigheid hier begin sonder dat iemand se eerste vraag is “het jy BBBEE?”. Soos Marco Polo bg sê, ek sal wat wil gee om by my mense te wees in SA. Die skoon lug, die Afrikaans. Die steaks, die skaap tjops met six gun spice en Kalahari lug. Maar, ongelukkig moet mens dink oor oorlewing vir ons velkleur vir die toekoms, asook net veiligheid in die algemeen. Jy kan jou keuse maak om in SA te bly, ek oordeel jou nie daarvoor nie, ek bemin jou eintlik om eerlik te wees. Ek wens ek kon daar bly…

Hennie ·

En elke wit gesin wat die land verlaat word die poel van noemenswaardige belastingbetalers kleiner. Die swart regering lag hieroor…maar daar kom ‘n dag dat hulle dit sal betreur! Cyril staan bakhand by die blanke Europeërs en Amerikaners vir geld…ja hy bedel van ons wit gene poel af! Aan die ander kant verkoop hy ons land se bates as’n die verdomde China’s!

Dirk ·

Dit sal uiters dwaas wees van enige persoon wat kan emigreer om dit nie te doen nie. Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat mense so op die oog af kan sien. Die getalle wat emigreer uit SA en die groter getalle wat uit Afrika imigreer na SA is maar net een van vele aanduidings dat dit n kwessie van tyd is voordat daar iets in SA is wat gevat gaan word en uitgedeel gaan word. Burgerregte organisasies moet begin om hulle jong lede te hervestig in ander lande sodat dit makliker sal wees vir die ouergarde om die kinders te volg!

Stan ·

Stem Dirk, en belê in Afrikaanse kulturele klubs om kulturele waardes en volksgebruike uitteleef soos die Jode & Grieke doen. ‘n land of grense bepaal al lank nie meer ‘n folk of kultuur nie! Die wêreld word kleiner by die dag.

Werkloos ·

Dirk, vir die wat kan gaan, gaan en benut ‘n geleentheid om ‘n toekoms vir jouself te bou.

Vir die wat nie kan gaan nie, dankie vir die pogings van individue en organisasie soos Solidariteit om ‘n lewensruimte te behou.

Hanna Hoekom ·

Mense is vinnig om te oordeel. Dis n baie, baie moeilike besluit om in die buiteland te gaan werk en woon. Ek nou al amper 4 jaar in die Midde Ooste en doen tans aansoek vir Amerika. Tydrowende en soms duur proses, maar ek glo dit gaan vir my drie jong kinders se toekoms wees. Ons is vuisvoos van misdaad en belasting betaal. Dit voel asof SA sy rug op ons gedraai het.

Logika ·

Voel? Nie voel nie, het! Wat is BEE anders as im die sterkste manier te se “JY IS NIÉ WELKOM NIE!”. Vra jouself eerder af waarom hoofstroom Afrikaanse media dit nie ook so eenvoudig uitbasyn nie? Al die padda se vetjies moet eers uit gekook word!

Marius ·

As jy nie kan emigreer weens jou ouderdom nie help dan jou kinders om dit te doen. Daar is visims beskikbaar wat dit vir jou sal moontlik maak om ook te gaan sodra jou kinders hulle burgerskap gekry het. Dit is vir Australie. Nie seker van ander lande Nie.

Engela de Klerk ·

Maroela Redaksie – Statscan het die syfers totaal verkeerd! Baie van ons, ons gesin ingesluit, het nie geïmmigreer nie. Ons het met werkspermitte gekom en daarna aansoek gedoen. Ons is nie deel van die formele aansoeke tot immigrasie nie en dan is daar sponsorship ook. Die syfers vir Toronto alleen is rondom 20 duisend en meestal Joodse families en hulle het gekom tydens die Soweto riots. Oakville is nog ‘n woonbuurt wat duisende Suid-Afrikaners het en ek stel myself nie eens meer voor wanneer ek ‘n Suid-Afrikaanse aksent hoor nie.

‘N Kanadese vriend doen ‘n operasie op my man en die narkotiseur is ‘N Suid-Afrikaner – al 30 jaar hierso.

Sak ·

Waar. Ek het al verneem dat daar 80 000 afrikaanse mense in Auckland alleen is. Syfers klink nie reg nie.

RR ·

Navorsing het getoon dat minderhede wat nie politieke beheer het nie ekonomies sterk word. Daar is hoop! Ons sal oorleef, elke geslag het sy eie Drankensberge om oor te trek en elkeen trek op sy eie manier!

Tobie Klarens ·

Jy bedoel, oorleef soos in Kenia, Tanzanie, Malawi, Zambie, Zim, Angola, Mosambiek—-

Marius ·

Stem saam “Wiskunde”. Glad nie n maklike besluit nie maar het dit ter wille van my kinders se toekoms en my gesin se veiligheid gedoen.

Pieter ·

Ons mis ons land en sy mense baie maar daar is geen werk vir ons in SA as wit mans nie. Sal more terug kom. Maklik om te se gaan uit die land dis nie so lekker nie. Baie eensaam veral as die taal n groot probleem is. Maar ja ons moet lewe. En SA het nie werk vir ons nie.

Jaco ·

Ek is 16 jaar in Europa. Tussen my mense. Ek is doodgelukkig en mis absoluut niks uit SA nie. Die robbies van “Karoo” en “tjops” is totale, ouskool snert. ‘n Taal is sagteware. Laer trek is idioties. SA is ‘n spartelende slagoffer wat sy laaste asem uitblaas. Daar is baie, baie meer tot menswees buite die sinlose kokon van vrees en desperate hoop vir ‘n waardevolle bestaan.

Paul ·

Jaco, my pa was onvergenoegd met die pad wat die land daardie jare geloop het, hy het gevoel die verkeerde pad word gevolg en hy kon niks daaraan doen nie, so is hy nie met ‘n lied in sy hart na sy graf nie. Ek is nou ook na aan die einde, en nou is dit weer my beurt om dieselfde gevoel te ervaar, ek wat nog graag bydrae as lewenslustige mens kon maak, baie kreatief, is as wit mens nou die vyand van die regering en sy wette.

Pieter ·

Ek het oorsee gewoon vir lank, waarna ek teruggekeer het Suid Afrika toe.
Ek het vir sowat 3 jaar in Suid Afrika gebly, en is nou weer oorsee, vir goed hierdie keer.
Suid Afrika is nie meer my huis nie, elke dag vertel die regering en die media vir my dat my wit vel nie welkom is nie. Daar is verskriklik baie haat in Suid Afrika. Ek lewe nou in ‘n 1ste wereld land waar niemand spesifiek omgee watter kleur my vel is nie. Suid Afrika is lekker vir vakansies, maar dis nie ‘n plek waar ek weer sal wil bly nie.

Elvira ·

Eks bly vir almal wat KAN emigreer.
Hiers nie plek vir blankes nie.

Koos de Meyer. ·

My arme friend word wakker uit jou droom. Hier sal nooit iets uitgesorteer word nie. Kyk maar na die res van Afrika en dan praat ons weer. Jy verander nie ‘n rinkhals nie. Alles gaan in die afgrond in.

Opsomming ·

Baie konserwatiewe witmense verlaat die hool (om logiese redes) en dan is daar baie witmense wat waai -wat eerder beskryf kan word as “n liberaal met ondervinding”. Die ware liberales is eintlik diegene wat graag in Afrika tussen die massas wil (agter) bly, werk en met hulle wil meng.

Die Laaste Boerseun ·

Mens moet ook nie vergeet dat twee derdes van die blanke bevolking die huidige bestel ingestem en verwelkom het nie. Dit is nog steeds opsiglopend onder die meerderheid blankes dat sodra iets ‘goed’ gebeur soos nou met Ramaphosa se aanstelling ‘dat alles gaan nou regkom’. Dit is dieselfde klomp wat die afgelope tyd vir die DA gestem het. Hoe kan die Vryheidsfront wat hoofsaaklik blanke en Afrikaans belange op die hart dra net ‘n handvol stemme kry? Groete.

mamma hart ·

Uit die hart van n mamma. Ons is besig om land te verlaat wag net vir werks permit dan maak ons Ireland ons nuwe tuiste. My man is n trok bestuurder en selfs vir sy tipe werk is daar beter geleenhede daar. Maar hoekom dit doen? Hierdie mamma slaap nie in die aand want die vrees is te groot iemand breek in. Vrees vir wanneer gaan my popie voor my verkag word. Vrees vir wanneer gaan iemand my kidie gryp in die winkle. Ek wil nie kyk hoe my kind in die oond waar ek hul koekies bak gedruk en verbrand word. Ek wil nie meer na my 11 jarige se planne om sy ma en susie te beskerm wanneer papa nie by huis is luister. Is ek hartseer om my land te los? Ja baie ekt afrika in my bloed! Maar die kinders is my bloed, my asem, my rede vir lewe en belangriker as enige vader lands plig. My pa is kwaad want hy het geveg in die army vir die land maar in my oe is geveg vir land verby al wat oor gebly het is geveg vir lewe, liefde , geluk en siels vrede. Ja ek gaan met baie trane op my wange maar n lied in hierdie mamma hart

Lize Freislich ·

Sterkte met die crime in Ierland. Hier is Ierse statistiek oor crime oorhttps://www.irishtimes.com/news/crime-and-law/crime-rate-increases-significantly-over-past-year-1.3443096

anne Lezar ·

Baie sterkte met jul groot verandering. Jul sal NOOIT spyt wees nie, net vasbyt. Ons al 18jr in Aus.

Out of Africa ·

Lize jou dogters sal nog steeds veiliger in Ierland wees as SA. Nog ‘n kollega wat weet ……

Rooies ·

Ek woon al amper 3 jaar In Kanada. Dit was die beste besluit ooit vir ons kinders. Ek is van mening dat dinge in SA net verder sal agteruitgaan. Vandag is slegter as gister en more sal slegter as vandag wees. Dit gese, ek sal niemand afkraak wat besluit om in SA te bly nie, net soos ek ook wil he dat Suid Afrikaners my besluit moet respekteer. Dis te maklik vir mense om klippe te gooi, ek dink jaloesie het baie daarmee te doen, na beide kante toe.

Hier is wel baie meer Suid Afrikaners in Kanada as wat Maroela weergee.

Danie ·

Welgestelde opgevoede wit, beroepsmense, sê hulle? ‘n Helse ramp sou ek sê. En mens kan hulle nie eers regtig kwalik neem nie. Maar ek twyfel of dit werklik meestal die welgestelde deel van die wit bevolking is. My vermoede is eerder dat dit meestal mense is wat juis nie tevrede is met die welvaart wat hulle hier geskep kry nie. En onseker is oor hulle kanse om dit te kan vermag. Ek ken nie een wat ‘n hoog suksesvolle beroep of winsgewende praktyk opgegee het om te verhuis nie. Nie dat ek dink daar kan nie wees nie. Maar dat hulle ‘n wins vir daardie lande en ‘n verlies vir SA is, is gewis.

Dare ·

Staak saam , jy kan seker nie emigreer nie dis hoekom jy nou gal braak. My kinders gaan een na die ander hier uit. Volgende een gaan nou die 23ste Desenmber. Dan bly daar 2 van 6 hier oor. Ek voel niks vir hierdie land, niks. Dit het my kinders in ander lande in gejaag want jy kan Gods onmoontlik n kind hier wil grootmaak. En kom ek vertel jou almal daar in verskillende plekke het n wonderlike toekoms. Hulle kan snags slaap ,kinders kan buite speel en hulle kan werk. So ek huil maar elke dag en weet hulle is veilig en het n toekoms.

Cathy Kotze ·

Ons meisiekind is reeds 25 jaar in Kanada, en sy floreer!

Ons seun is amper 20 jaar in Amerika. Hy het Suid-Afrika hierdie jaar vir die eerste keer besoek en amper niks herken nie. Die plekke waar hy as kind gespeel het, het groot kennisgewings wat waarsku teen kriminele. Die pynlik netjiese dorpsentrums bestaan nie meer nie. Hy was verstom oor die hoë mure, sowel as die verval van soveel wat kosbaar is.

Ons dogter het ons geborg en ons is reeds 18 jaar in Kanada. Al ons vriende en familie in Suid-Afrika beny ons: uitstekende, bekostigbare mediese sorg, VEILIGHEID, finansiële sekuriteit, uitstekende lewenskwaliteit.

O ja, en ons stem hier vir die Konserwatiewe Party! Moenie die wens om te oorleef met liberalisme verwar nie.

Paul ·

Hallo Cathy, goed om jou weer hier te sien. Ek het in daardie tye toe jy vir Rapport stories geskryf het jou gelees. Korrespondeer jy nog met Alida? Ek het ook geskryf as André Christof en bydraes oor die natuur gelewer. Google gerus die ‘Op Vlerke” facebook en Two-V Productions se YouTube kanaal.

Staak saam ·

Ja as julle net reg gestem het in 92 dan was dit vir nie een van julle nodig om vandag in die buiteland te werk nie.
Punt is, die klomp wat so gretig ja gestem sit vandag daar in die verte uit n veilge rusbank en skree vir ons hier.
Liberalisme is n siekte!!!!

Nederkaner ·

Ek stem saam jou op van jou punte Staak saam. Maar moenie die fout maak om te dink dis diegene wat in 92 gestem het nie. Dis juis die nageslag van daardie persone. Ek, my vriende en kolegas is nie een bo 35 nie, dus nie deel geneem aan daai verkiesing nie, maar ons voel die na gevolge die hardste. Ons kinders moet ook daaronder ly.

Sorry Staak saam. Ek is ‘n konserwatiewe ou en het my spulletjes gepak en gewaai. Daar is mense wat terug ook gaan, vir hulle is die mis te veel en repekteer ek. Die res van my volkie mis ek so veel, ek wens ek kon hulle in my sak stop en saambring om te wys vir wêreld watse soort mense ons is. Sout van die aarde mense wat alleen vrede en die reg op bestaan wil.

Rln_NZ ·

Ekke,
Doen jou huiswerk en doen dit self… ek het en alles het perfek uitgewerk.

lewies ·

Te oordeel aan die aantal kommentare le hierdie saak na aan die hart van die Suid Afrikaners. Ons sal steeds hier wees as die eerste skote in ‘n burgerlike opstand begin klap. Ons wat nie kan emigreer nie gun hierdie uitkoms en besluit vir broers, susters en kinders.

Shirley ·

Aan al die Suid-Afrikaners in ander lande: Ek is bly julle is veilig. Moet asseblief nie van ons vergeet nie.

Dorinkie ·

Ons het ons 3 seuns NZ toe gebring 6 jaar terug. Ons het ALLES agter gelaat. Ja, dit was ons eie keuse, en nee, dit was nie net “oppak en weghardloop” nie. Daar was net nie meer plek vir ons wit velle en afrikaanse taal nie. My 21jarige seun het sy ambag as motorwerktuigkundige verniet gedoen in NZ en bestuur nou ‘n werkswinkel. My 18 jarige het ook sy ambag tot by NZ vlak 3 gedoen en kry nou ambagskap deur sy werkgewer om sy kwalifikasie klaar te maak. My 10jarige vat die bus skool toe en terug…alleen…speel in die straat met maatjies tot dit slaaptyd is…loop alleen na die “dairy” toe vir pakkie chips… ons karre staan buite in die straat…geen hekke…geen diefwering…mense los hulle huise oop vir die “sparky” om in te kom. Ek sal altyd afrika in my hart hê…maar teruggaan? Nooit! NZ is nou my huis…waar ek nie geoordeel word nie en waar ek nie elke dag in vrees leef nie. Jammer vir die wat wíl wegkom maar nie kán nie. Dìé wat wil bly…good on you.

Frans ·

Ek lag altyd vir diegene wat oorseë woon in hulle ivoortorings en ons ou landjie so lekker afkraak. Hulle verlang kwansuis glad nie na Suid-Afrika nie en het lankal ‘aanbeweeg’.
Hoekom lees julle steeds gereeld ons ou internet koerantjies en verorber elke ou nuusbrokkie oor SA? Julle boer meer op ons internet forums as wat ons self doen. Hoekom enigsins Maroela media lees? – Toemaar ons verstaan ..en ons is nie kwaad nie :)

Francois ·

Frans
Mense soos jy is duidelik net jaloers op Saffers wat dit oorsee gemaak het. Wat ookal jy se gaan beslis niks verander nie. Jy is die een wat in Afrika sit !

ChristaT ·

Frans jy is wragties heeltemal belaglike met jou opmerking. Mense oorsee KAN en Mag lees wat hulle wil. Hulle help ook om almal daar bewus te maak wat in SA aan die gang is. Skaam jou man.

Stan ·

Frans, eenvoudig… taal is NIE net tot een land beperk nie. Of eenvoudiger gestel: Daar is Afrikaans sprekende families en groepe in ander lande ook. Soos Namibië, Australië en Engeland wat Afrikaans magtig is en nog nie ‘n voet in Suid Afrika gesit het nie. Dit beteken nie as jy in ‘n ander land bly dat jy nie meer Afrikaans gaan praat of lees nie.

François Joubert ·

Frans, as Suid Afrikaanse Kanadees lees ek verskeie Internasionale koerante insluitende SA koerante. Jy lees duidelik niks behalwe Maroela Media nie. SA lê my na aan die hart daarom sal ek steeds Netwerk24 se vals nuus, TimesLive , Maroela Media ens. lees. Ek dien nie ‘n kommunistiese regering nie. Ek stop ook nie ‘n kommunistiese regering in met my belastinggeld nie. Niemand het nodig om SA af te kraak nie, hy doen dit sommer vanself.

Droë Perske ·

Suid-Afrika is vir my en my gesin baie goed. Ons is gelowig, vergenoegd en dankbaar.

Uiltjie ·

En julle emigrante sê die wat agterbly is ” sitting ducks…

Tallie ·

Waar sal mens tot veilig wees, die hele wêreld is op sy kop. Ek het baie gebid oor die saak, ook op my eie dinge probeer doen, maar God het my duidelik gewys dat ek hier in Suid Afrika moet bly. Of dit nou is om te sterf of te leef kan ek nie sê nie, ek berus my by Sy wil.
Ek voel regtig jammer vir mense wat so in vrees leef. Ek het vir jare so in vrees geleef, was skoon siek daarvan maar God het my genees. Sterkte aan almal, hier of daar.

Andre van die Karoo ·

Ons bly in ’n plattelandse dorp. Die munisipaliteit is ’n ANC-beheerde een. Eskom het ons munisipaliteit vanaf 18:00 tot 20.30 vir “load shedding” geskeduleer. Laasgenoemde is nie dit wat my vanaand regtig baie ontstel het nie. Wat my ontstel het, is dat die gedeelte van die dorp waar hoofsaaklik wit mense woon en die besigheidsgebied se elektrisiteit afgeskakel was, maar die woongebiede was nie geraak nie. Die mense van die woonbuurt se maandeinde-musiek het weergalm in die stilte. Geld daar verskillende reëls vir die woongebiede van die dorp of word daar net teen die oorwegende wit woongebiede gediskrimineer? As ek kon het ek ook geruime tyd terug geëmigreer. Ons is soos ’n rot in ’n pyn – omdraai is byna onmoontlik! Alle voorspoed vir diegene wat wel ’n verandering kan maak.

Andre van hier bo in die noorde ·

Die beurtkrag trek ons die afgelope paar aande met ‘n slag. En toe van hier hy half sewe af op Saterdag 1 Desember is die water ook af en het ek ‘n idee dit sal Sondag ook af wees.

Staak saam ·

Jerry, blankes word geteiken nie oor AfriForum of enige ander blanke organusasie nie, blankes word geteiken oor daar liberaliste soos jy is, een van jou eie span wat teen jou speel, julle liberaliste wat gemaklik die rug op jou eie keer vir die vyand se guns.
Waarvan wil julle ons nog bevry,
Pensioene
Eiendom
Ons geloof
Jy sit seker ook daar in die verte en wil hier gehoor word.

Stella ·

Jaco, in watter land bly jy? Dink jy 40-jariges kan maklik of redelik maklik in die land aanpas?

Staak saam ·

My heel eerste kommintaar amper heel bo is om reaksie uit te lok.
As ek jou sou vra of jy n liberalis is of nie, sal jy dit erken, min doen.
En hoe bepaal jy hoeveel mense wat hier lees woon in die buiteland, ek moet jou uitlok, ek het en hier lees baie eks blanke Suid Afrikaners.
Dit bring my tot by die punt, niemand is gevra om oorsee te gaan werk nie, julle het vir veiligheid gevlug en n regverdige kans om oorlewing.
Duidelik het die liberale pyp droom wat Jerry nog elke dag rook van die Etopia hom self bekend gemaak nie. Daai plan van n NSA vry en regverdig het net verder en verder weg beweeg. Polarisasie op alle gebiede is aan die orde van die dag, kyk net die kommintare op myne bo.
SA staan op die rand van burveroorlog en daar is nie meer tyd om die liberaliste onder ons tot insug te bring nie. 100 jaar terug was hulle joiners, verraaiers en hanskakies genoem.
Net so vir die kommintator bo, my vriend, die naaste wat ek aan drank kom is die brannas in my kerskoek.

marco polo ·

Dis nou jammer dat jy nie drink nie, want dan kon mens jou verskoon het vir jou onsamehangende twak en swak taalgebruik.

Paul ·

Ons verkyk ons aan die mopanies links van die pad wat in herfskleure vlam met skakerings groen tussenin, die bome en struike se diep oorlangse groewe donker stamme en takke, die gelerige bamboeskleur van die lang grasse in die veld soos die flou laatmiddagson daarop val.
Die grasse beur na alle kante, op plekke is dit dig vervleg.
So in die ry beloer ons ‘n immergroen tregtervormige plant wat tot ‘n meter en ‘n half hoog kan raak. Dit groei daar op plekke langs die pad, ook staan hier en daar sulke plate tussen die mopanies. Die plant het smal vaalgroen haaragtige blare, skerp reuk soos katbos en ons verneem dit is in Die Wildtuin bekend as sebra sweetbos, maar word ook bitterbos, stink bitterbos, of stinkbossie genoem.
Die botaniese naam is Pechuel-Loeschea leubnitziae.
In ‘n oopte, op ‘n plek aan die rivier se kant regs van ons waar daar so ‘n bos struike met kaal takke na agter te sien is, staan vier sebras in die voorgrond in die grasse wat om hulle in die wind waai soos karperde agtermekaar.

Pieter ·

Wel as jy Overberg toe wil verhuis is die enigste vereiste dat jy blyplek kan kry! Hier is die weer, die mense en die dienste van die beste in die hele ou Wêreld. Dit Rand word hier aanvaar en 90% van die mense praat Afrikaans. As ‘n oud Noord Transvaler moet ek sê ek is baie tuis in die Overberg….(“,)

Rita ·

Baie, baie moorde en plaasaanvalle nou in Overberge. My buurvrou met hamer doodgeslaan. Lees die berigte

Gerhard ·

Kyk die oomblik as dit duidelik word hoeveel mense die land verlaat raak almal op hol. Dit is omdat die mense en instansies wat in ‘n posisie is om ware selfbeskikking te bewerkstellig nie daarmee besig is nie maar hulle ophou daarmee om die mislukking wat die Nuwe Suid-Afrika is te probeer red. A.g.v daarvan is daar net geen ander opsies oor vir baie mense nie. Vir baie is daar net nie meer plek in klein deeltjie leefspasie wat die Kaders vir bleekgesigte ooplaat nie. Dit is ‘n geval van jy emigreer oorsee of jy emigreer plakkerskamp of begraafplaas toe.

Lekker in New Zealand. ·

Ons generasie (30-40jr) is vasgevang in politieke besluite wat die vorige generasie gemaak het. Hoekom moet ek bly en baklei, en sien hoe my kinders met hulle wit gesiggies geen kaans staan teen BEE nie. Nee wat, ons lewe in New Zealand is sonder al hierdie onderliggende rasse haat en onrus, ons werk hard hier, maar ons word waardeer deur ons werkgewers.

Peet Schabort ·

Bykans elke dag in SA is ‘n normale dag. ‘n Abnormale dag is wanneer dinge reg verloop. Op 76 jaar verkyk en verwonder ek my oor die soorte misdaad, onbeholpenheid, veglustigheid, rassisme, noem dit en ons het dit. Elke dag is ‘n avontuur met ‘n verrassing wat nie sy kans kan afwag om te gebeur. Dalk met 360°-oë maar met GELOOF is ons hier GEPLANT. My seun se wortels is uitgetrek ter plaatse maar myne sal afbreek. Ek is om hier te bly in só ‘n mate dat ek dit al geniet om my besig te hou met verkeerde munisipale rek’s, die kronkelende bestuur om- en deur slaggate, die sleepvoetende aksie waarteen alles gebeur. Soos my neef Pieter as onderwyser aan sy klas die Afrikaanse taal as plaaslik verduidelik: “In engels sê jy ‘my nose/water is running’ in Afr. ‘my neus/water LOOP'”. Alles gebeur tydsaam want dit is afrika . . .

Nienkie ·

En so praat ons almal saam en/of teen mekaar……elkeen se eie keuse…..en siening…..in Afrikaans! Dankie daarvoor! En vir God wat ons lief het met ons eie keuses en sienings!!! Geniet julle dag….waar ookal julle is!

François Joubert ·

Te veel liberale gemors in SA het gemaak dat ons, kinders en klein kinders nou dolgelukkig in Kanada is. Moes dit al voor 1994 gedoen het. Nou sit die libdiote met ‘n kommunistiese regering wat Hamas ondersteun. Schadenfreude!

Schalk ·

Tipiese klomp wit afrikaans sprekendes,nageslag van Piet Retief en sy mede vrymesselaars ,klip christene wat die woord weggegooi het,Kan net beskuldigings gooi heen en weer keer eerder terug na die woord en wees gelukkig in jouself. Skaam vir die waarheid en moddergooi is bleikbaar ons leuse sterkte draai om van die bose pad los jou gees van veroordeling, soek die Meester se aangesig.

Jerry ·

En die punt is: dat Afrika, mense se strewe na leef en laat leef vernietig het en dat SA stadig, maar Virseker, ook besig is om mense se strewe na leef en laat leef te vernietig en wat ons ookal se en doen, meer en meer witkruise, geplant word! Verdere vernietiging kan vermy word deur ons mense te help om hulself te hervestig in lande waar dit vir ons moontlik is om te leef, te laat leef en te herleef!

Staak saam ·

Jerry, daai een is mos al ook gedoen, Argentinië, en wat dink jy hoe het dit uitgewerk vir hulle, hulle is nou so verbaster en verward oor hulle herkoms.
Jy hang die globiliesasie van Georg Sorros darem vreeslik aan.

Bielie ·

Ek weet nie hoe akkuraat die getalle is nie. Op geen vorm by doeane word gevra of jy immigreer nie. My twee kinders is hier weg met slegs hulle tassies na New Zealand toe. Altwee met grade. Volgens Stats SA, is hulle met vakansie, never to return.

Lize Freislich ·

Geen land is ongelukkig sonder probleme nie. Hier’s ‘n paar Nieu Seelandse berigte wat jy sal in belangstel: National rates of suicide in young people should be treated with caution as there are reasons why many countries may under-report. New Zealand’s youth suicide mortality rate in 2010 was 15.6 per 100,000 adolescents aged 15 to 19 years – the highest among reported OECD rates1.Jul 26, 2017
Youth Suicide in New Zealand: a Discussion Paper* 26 July 2017
https://www.economist.com/the-economist-explains/2018/02/14/why-new-zealand-has-so-many-gang-members
http://www.pmcsa.org.nz › wp-content › uploads

jakes ·

Baie van die kommentare hierbo is lagwekkend. Die gewone Jan publiek wat n gemiddelde bestaan in SA voer sien hierdie land nog steeds as n land van melk en heuning en n wonderlike reenboognasie wat uniek in die wereld is. Net so dink die gemiddelde swartman ook so want hy het waarskynlik n werk, n huis en leef n aanvaarbare leefstyl. Die feit van die saak is egter dat daar ongeveer 5 miljoen swartmense is wat werkloos is en die syfer groei jaarliks met 600, 000. Hoe groter die werkloosheid raak hoe meer word die misdaad. Johan Rupert wat n geweldige sakeryk het, het prontuit gese dat SA oppad is om nog n Zimbabwe te word. Meeste witmense leef in n droomwereld, SA is reeds oor die afgrond, dis n kwessie van tyd dat ons gaan moet vlug vir ons voortbestaan. Feit is dat die gewone burger wat nie genoeg geld het of wat te oud is, geen heenkome gaan he nie en dat ons die gevolge daarvan sal moet drae. Ek is self n sakeman en my besigheid het binne n jaar met 50% verklein. As jy kan emigreer, doen dit want dit is die regte besluit. Maak egter seker dat jy die regte land kies om te gaan.

RG ·

Enige ANC /EFF kader wat hierdie kommentare lees sal dink, ja, dis presies wat ons wil hê, laat hulle mekaar aanval, hoe meer verdeeldheid ons onder hulle kan saai, hoe beter vir ons. Mooi so Afrikaner volk, ek sak my kop in skaamte, vir myself ook. Wanneer gaan ons leer saamstaan?

Nouja ·

@RG. Die antwoord is nooit nie. Gaan lees maar weer die geskiedenisboeke van hierdie ou volkie. Hoeveel jare sedert Van Riebeeck het ons ooit saamgestaan en saamgestem oor iets. Bitter min indien enige. Bloedrivier en enige ander voorbeelde wat skielik opdoem het my voorouers byvoorbeeld glad nie aangeraak nie. Ons is/was nog nooit Voortrekkers of “Boere” nie. ‘n Groot gedeelte van hierdie kunsmatige volkie genaamd “Afrikaners” se geskiedenis is vir my persoonlik irrelevant. So, RG, nee wat, saamstaan gaan ons en beslis ek nie binnekort nie. My onmiddelike familie is vir my veel belangriker as die van ‘n kollektiewe volkie of gemeenskap sin. Dis ook irrelevant wat die ANC/EFF van ons fiktiewe verdeelde “volkie” dink. Wanneer hulle eendag wakker word sal waarskynlik die dag wees wanneer die Chinese die kitaar hier slaan en hul nostalgies gaan terugdink aan die apartheidsjare wat nie naastenby so ongenaakbaar was as Mao Zedong se nageslag se beleide nie.

Kyk Op ·

Ja, né. Hoe sê oom Totius? “Die wêreld is my woning nie.” Waar ons ook al bly, hoe goed of hoe sleg, hoe veilig of onveilig, hoe gerieflik of ongerieflik, welvarend of sukkelend, tevrede of ontevrede, gelukkig of ongelukkig: die pynlike waarheid is dat dit ook maar net tydelik is. Op ‘n dag, vroeër of later, moet een en elkeen van ons met of sonder ons goedkeuring al ons besittings en geliefdes agterlaat en allenig verhuis. Dalk weer eens, of dalk vir die eerste keer. Nie buiteland toe nie. Nie terug SA toe nie. Nie annerland toe nie. Die ewigheid in. Dis die Onvermydelike Emigrasie waaraan oom Totius jare gelede reeds gedink het waaraan ek ook nou dink as mens met groot omgee vir ons mense al die baie kommentare lees en oordink. Ja, oom Totius. Of ons dit wil weet of nie, nêrens in die ganse wêreld is ons uiteindelike ewige woning nie. Nêrens in die wêreld is ons vir ewig veilig en geborge nie. Vir die finale Onvermydelike Emigrasie sal ons nou ook diep moet nadink en ander planne beraam. Ewige planne. Betyds…

Schalk ·

Mooi Talli sowaar mooiloop en sterkte laat ons in geloof mekaar omarm.

E.K. die eerste ·

Sa se GROOTSTE uitvoerproduk? Nee, die vrugte, goud diamante of iets ander nie, maar: Belastingbetalers. Ons sal sien hoe kom die spul die mas op sonder die WIT mense se belastinggeld wat alles van vry medikasie, gratis studies en dan al die ander diep donker gate moet vul. Skande.

Frikkie ·

Kyk na Duitsland, 1 klein mannetjie met sy haat vir Jode , hul land en huise gevat, hul vrouens en kinders aangerand…. ons ken die res van die storie. Suid-Afrika, 1 klein mannetjie met sy haat vir wit mense…….. hul land wil hy vat, hul vrouens en kinders word reeds aangerand en dood gemaak. Wie luister na ons hulpkreed, hy word eerder magtiger. Ons gaan weg want ons het nie n leier wat magtig is en hierdie oorlog kan stopsit…….

Frans C ·

Ek het met verskoning aan Totius sy Doringboompie aangepas vir vandag.

Vergewe en vergeet

Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar BEE spanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
‘n soustrein verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”

Die soustrein verdwyn weer
agter ‘n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly ‘n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.

khat ·

Ja ne die wat nou se ons moet net glo en bid ja ek stem saam maar hoekom net as dit sleg gaan met ons as witmense .Dis die verkeerdste ding om te doen bely eers jou eie swakheid en nie voor die mense nie maar voor Onse Vader deur Hom te aan BID EN Sy Naam te verkondig dan dink ek ons kan weer vra vir hulp ons mense het lank in die land Sodom en gemora geleef en net stil gebly en gese ja dit sal oor waai en dit het nie nou wil ons skree help ek se ons as witmense het te gemaklik geword ma en pa en ouma en oupa het als vir ons gedoen en ja daar is baie wit mense wat geveg het vir wat hulle wil he deur hard te werk dis hulle wat nog hier is dis hulle wat nou harder werk en bid vir n oorwinning en ek glo Die Vader gaan hulle stemme en hulp hooor dit is die wit of kleurling of swart suid Afrikaner wat gered gaan word

Out of Africa ·

Chicken run? Ons is “free range chickens” aan hierdie kant van die water. Julle klomp dwarstrekkers kan maar lekker elke dag in julle hokkies huise bly!

Martie van Zyl ·

Kyk n bietjie na Uruguay , jy kom as toeris en hoef nie aansoek te toen vir n VISA nie…geen ouderdom beperkings nie…gaan na die site en stuur vir hulle n e-pos as jy nog iets wil weet.

http://www.livinginuruguay.com

Martie ·

URUGUAY het nie ouderdom beperkings nie en jy het ook nie n VISA aansoek nodig nie, jy kom in as toeris en doen dan aansoek vir Permanente verblyfsreg reg…88% blankes en die res is kleurlinge…seker ok die goedkoopste land om na te EMIGREER…gaan kyk na hierdie webwerf en as jy nog iets wil weet stuur vir hulle n e-pos..

http://www.livinginuruguay.com

Werkloos ·

Aan elke jong wit mens wat kán emigreer, doen dit. Moenie dat ‘n misplaaste skuldgevoel of lojaliteit jou van geleenthede ontneem nie. Hierdie land sal altyd jou wit vel teen jou hou vir sogenaamde dinge van die verlede, hede en toekoms waaroor jy geen sê het nie.

As werklose moedig ek julle aan – ek weet hoe onmoontlik dit is om te lewe sonder inkomste. As ouer mens gun ek julle ‘n toekoms.

Onseker ·

As ‘n professionele man in my dertigs met ‘n professionele vrou en twee blanke seuntjies gaan daar nie ‘n week verby sonder twyfel oor emigrasie nie. Ek veroordeel nie die wat gaan of die wat bly nie. Ons leef ‘n bevoorregte lewe, het altwee goeie werke en ons kinders is in goeie skole. Ons was ook nog nie slagoffers van ernstige misdaad nie – ook nie familie nie. Daar is wel tye wat ek noodgedwonge uit my droomwêreld met Afrika gekonfronteer word. Was in Europa met vakansie en het vir die eerste keer gevoel hoe dit voel om ‘in te pas’. Ek is deurmekaar… Bly ek ter wille van familie en omdat ek eintlik gelukkig is, of gaan ek omdat ek vrees vir my seuns se toekoms? Hou ek aan hoop, of besef ek Suid-Afrika is lankal op die afdraende pad? Daar is ook eintlik nie ‘n ander land wat my aantrek nie, maar ek voel al soos ‘n toeris is my eie land! Dis moeilik en uitputtend om ‘n jong gesin in Suid-Afrika te wees – selfs al gaan dit goed!

Noord Amerikaner ·

Ons was presies in jou skoen toe ons 3 jaar terug geimmigreer het. Ons het baie meer geld in SA verdien as wat ons hier verdien, selfs met die swak wisselkoers. Ons lewensstyl het gladnie agteruit gegaan nie, inteendeel, ons het baie meer familietyd hier en die vryheid van beweging is ongelooflik. Ek is nooit bang nie. My kinders kan enige iets word wat hulle wil en hulle sal ‘n goeie lewe vir hulself kan skep.

Ek dink nie jy is onseker nie, jy weet wat die beste is, maar is jy bang vir die onbekende.

As ek vooruit gekyk het en gesien het hoe tree ek in weelde af in SA maar my kinders moet sukkel om te oorleef tussen die misdaad en skaars werksgeleenthede was dit so duidelik soos daglig dat ons moes oppak. Ek sal nooit ophou dankie se vir ons geleentheid nie, ek het lewenslesse geleer wat ek nooit sou leer indien ek in my gemaksone gebly het nie.

Raak seker my maat. Jy kan en jy wil, jy besef dit nog net nie.

Lize Freislich ·

Ek is ‘n ginekoloog wat na enige land kan emigreer, maar ek wil nie. Ek reis ten minste 1 x per jaar oorsee en was al op meeste kontinente in verskeie lande. Ek is baie gelukkig om in Suid Afrika te bly en my 2 dogters hier groot te maak. Ek pas beste net hier in.

Out of Africa ·

Jammer Lize maar jou Medunsa kwalifikasie gaan nie oorsee erken word nie!

Staak saam ·

Net gisteraan het ek en my seun die gesprek.
In tye van nood is almal Christene maar die oomblik wat beter tye aanbreek dan is Christenskap weer op die back burner.

Daar is teveel wat vanaf die buiteland af in preek oor hoe ons moet vrede maak, geloof behou en broeder liefse en ubunto moet uitleef.
Dit doen hulle alles teen die agtergrond dat hulle self nie die NSA se moorde en ras onderdrukking kan trotseer nie.
Hoekom sukkel Zim so, want, die gedeelte van hulle populasie wat al jare terug n verskil by hulle stembus kon maak sit blink geeet in SA en kla oor hulle swaarkry en politiek.
In SA is dit net so, die stemme wat ons hier moet help sit veilig oor see en ken glo die beste oplossings vir SA.
Ek wonder net, as jy jou land opse het jy dan nog regtig n se oor sy lief en leed?????

Krewel ·

Skitterend, Lize! Van ‘n kollega. Ek is dokter wat al ‘n paar keer oorsee gewerk het. Dis nie maanskyn en rose oorsee nie. Om tussen jou eie mense te wees, is die beste. Om jou eie gevare te ken, ook. Die misdaad in sommige lande is besig om skerp te styg. Misdaad is ‘n wêreldverdkynsel.

anton ·

Lize Freislich………………hoekom bly jy so aangaan (meer as een keer) oor hoe gelukkig jy en jou dogters , in S.A is?
So asof jy dit op ander wat anders glo en die land anders beleef, wil afdwing.
As jy so dol gelukkig is in S.A, goed vir jou maar daar is baie wat se oë oopgegaan het en reeds lankal gesien het waarop die land afstuur.
Sal sien of jy nog so praat die dag wanneer die popo die fan heeltemal en finaal tref!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.