Meeste Untu-takke aanvaar Transnet-loonaanbod

Die United National Transport Union (Untu) het Transnet Woensdag in kennis gestel dat hy die hersiene loonaanbod vir 2021 sal aanvaar ná ʼn oorweldigende positiewe reaksie van die meerderheid van die vakbond se takke.

Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê alhoewel almal ʼn beter verhoging wou hê, is die realiteit dat Transnet nog nie van staatskaping herstel het nie en ʼn finansiële knou toegedien is tydens die wêreldwye Covid-19-pandemie.

“Die voortgesette pandemie het ook daartoe gelei dat die prys van goedere, veral kos en brandstof, gestyg het. Suid-Afrika se werkloosheidskoers het boonop in die eerste kwartaal van 2021 ʼn nuwe rekordhoogte behaal.”

Die alternatief was ʼn uitgerekte staking en dit sou nie in die belang van Transnet of Untu-lede gewees het nie, voeg Harris by.

“Die leierskap van Untu moet die mandaat van meeste van sy konstituente uitvoer en hulle aanvaar die aanbod bloot omdat hulle nie kan bekostig om te staak te midde van die onsekerheid van die pandemie en die verwoestende impak op gewone mense se lewens nie.”

Die finale loonooreenkoms vir die 2021/2022- finansiële jaar is onder andere ʼn 5%-salarisverhoging op basiese salaris; dat werkers aangemoedig sal word om hul jaarlikse verlof te vat en dat geen gedwonge afleggings tydens die tydperk sal plaasvind nie.

Die salarisverhoging word terugwerkend vanaf 1 April 2021 ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Is daar nog spoor lyne oor ?

Willem

Bestaan Transnet nog?

Belinda

Gelukkig het my pa jare terug al op pensioen gegaan… Hy het seker gesien wat hierdie nuwe land van ons gaan aanvang.

Danie

Verhoging vir wat, mens kry verhoging as jy produktief voor uit gaan nie as jy geen doel dien meer nie. Is daar nog spore of treine oor?

johann

Jammer vir die werkers dat hulle nie hul inflasie gebaseerde verhogingb gaan kry nie.