Meeste Woolies-afleweringsvoertuie binnekort elektries

Tot 70% van Woolies se vloot afleweringsvoertuie in Gauteng, Durban en Kaapstad sal binnekort elektries wees. (Foto: Woolworths)

Woolworths het aangekondig dat hy die eerste Suid-Afrikaanse kleinhandelaar gaan wees om elektriese paneelwaens te gebruik om klante se inkopies in Gauteng, Kaapstad en Durban af te lewer.

Tot 70% van Woolworths se vloot afleweringsvoertuie sal voortaan deur elektrisiteit aangedryf word en ʼn 10 maande lange toetslopie wat vroeër met elektriese voertuie gedoen is, wys dat die gebruik daarvan uitlaatgasse met tot 700 000 kg kan verminder.

Woolworths het verlede jaar aangekondig dat hy mik om teen 2040 koolstof-neutraal te wees.

“Oor die afgelope drie jaar het ons meer as R1 miljard in ons digitale kapasiteit belê en nuwe en innoverende ervarings gebied om aan die veranderende behoeftes van klante te voldoen en ons dienste te onderskei. Dit het gelei tot ʼn eksponensiële groei van ons aanlyn verkope,” sê Liz Hillock, Woolworths se aanlyndienshoof.

“Die jongste belegging in elektriese paneelwaens maak dit moontlik om ons aanlyn onderneming te ontwikkel en die Woolies-verskil te lewer, maar met ʼn laer koolstofvoetspoor.”

Die projek word in samewerking met DSV en Everlectric van stapel gestuur.

Elektrisiteit vir die paneelwaens sal sover moontlik van hernieubare bronne verkry word. Dit sluit in die gebruik van sonkrag by DSV, terwyl bykomende laaiers ook by strategiese Woolworths-winkels beskikbaar sal wees.

Woolworths sal saam met DSV en Everlectric werk om die installering van hierdie herlaaistasies te beplan en posisioneer, asook om te onderhandel oor die installering daarvan om aan te sluit by bestaande laaistasies by sekere winkelsentrums of winkels.

ʼn Ouditfirma sal ʼn oog hou oor enige indirekte uitlaatgasse sodat dit teengewerk kan word.

Everlectric sê hy glo die Suid-Afrikaanse logistieke bedryf is gereed om na ʼn skoner, meer omgewingsvriendelike en volhoubare toekoms oor te skakel.

“Ons is verheug dat Woolworths ʼn leidende rol in volhoubare logistiek speel deur hom te verbind tot die beduidende inwerkingstelling van ons elektriese paneelwaens,” sê Nadia Magadagela, uitvoerende hoof van Everlectric.

Magadagela sê dit is net ʼn kwessie van tyd voor binnebrandenjins vervang word deur elektriese voertuie danksy hul verhoogde doeltreffendheid en ekonomiese voordele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Tersia ·

Ai ja, hoop maar net daar is nie beurtkrag die dag as jy ‘n bestelling plaas nie.

Perdeby ·

Ag asb tog! Hoe lank is beurtkrag in jou omgewing? 2 ure ?? Hoe laai jy jou selfoon en laptop? Jy kan ‘n elktriesevoertuig met solar panels ook laai! Hulle kan ook solar panels op die dak van die paneelwa sit en dan laai dit outomaties deur die son sonder enige krag.

Mauritz ·

Ek wonder net hoeveel kg skadelike gasse geproduseer word in die produksie van elektrisiteit om die voertuie se batterye te laai.

Perdeby ·

Jy kan ‘n elktriesevoertuig met solar panels ook laai! Hulle kan ook solar panels op die dak van die paneelwa sit en dan laai dit outomaties deur die son sonder enige krag.

Jacob ·

Pienkie wat is die voetspoor wat die vervaardiging van sonpanele laat? Wat is “omgewingsskade” van die vervaardiging van batterye waarin die sonkrag gestoor word? Daardie batterye het ‘n beperkte leeftyd van sowat 5 jaar en sonpanele laat ons nou nog met die vraag van wat word daarvan as hulle leeftyd verby is?

Perdeby ·

Ons moet maar vrede maak daarmee, want dit is die toekoms, nie veel wat ons daaraan kan doen nie, maar dit sny darem die probleem uit wat ons tans met Eskom het, en die brandstof prys wat verseker net meer gaan word. Ek het vir ‘n handelaar gewerk met elktriese voertuie , en scooter. As jy van Pta en Jo
‘burg is gaan kyk in al die shopping centers , al die groot sekerheids maatskappy Bidvest en Fidelity ry net hulle elektriese scooters. Centurion Mall het ook ‘n elktriese bakkie waarmee hulle ry.

Perdeby ·

Ek het by ‘n dealership gewerk wat voertuie aan boere ( Mega boere ) en klein besighede verskaf, en ons het vir hulle son panele op gesit, en van hulle werk die hele dag en word nooit gelaai met krag nie. So ek weet waarvan ek praat.

Ronel ·

Wat help elektriese voertuie as hul verpakking meer as 90% nie herwinbaar is nie

Jacob ·

Moontlik sal dit raadsaam wees indien Woolworths eerder aandag sou gee aan die tonne plastiek waarin hulle produkte verpak word. Sommige vleissnitte is vakuum verpak op plastiek wat groot genoeg is om drie van daardie grootte te verpak. Plastiek is ‘n vuilgoedse ding, dit weet ons en dit help nie jy maak groot ophef van jou plastieksakvrye winkels nie, maar verder dra jy by tot tonne plastiek en polistireen wat in ons omgewing en die oseane beland nie.

Wat klimaatsverandering aanbetref; ons wag nog steeds dat Al Gore se voorspelling dat die seevlakke teen 2013 met sowat 5 meter sou styg, gaan gebeur. Toe ek laas by die see was, het dit vir my nog maar dieselfde gelyk.

Ek dink dat plastiekprodukte ‘n groter gevaar inhou as binnebrand voertuie en Suid Afrika het nie skoon energie vrylik beskikbaar nie. Die laai van elektriese voeruite is dus nie “skoon” nie en wat gaan word van die batterye as hulle leeftyd verby is?

VaalDonkie ·

Mooi. Lekker. Ek dink dis great. Sterkte. Los net my Subaru uit want hy’s klaar betaal en op my naam en ek het nie geld vir ‘n nuwe voertuig nie.

Shady ·

Haai nooit. Hoe het ek geweet Vaaldonkie gaan alweer iets oor sy Subaru se……

Hennie Biebouw ·

Aaag pragtige politieke teater van Woolies….88.8% van Suid Afrika se krag word deur steenkool opgewek……

Robert ·

Net so ja. Belaglike wokeness. Hulle bestuur is almal WEF aanhangers ook.

Nommer 7 ·

Elektriese voertuie is dalk goedkoper om op die pad te hou, maar die vervaardigingsproses van hul LiFePO2 (Lithuim Ferride Phosfate) batterye is ongelooflik omgewings onvriendelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.