Meester van hooggeregshof in Mpumalanga afgedank

Bina Mfandifuna Masuku (44).

Bina Mfandifuna Masuku, die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga, is deur die departement van justisie en korrektiewe dienste afgedank.

Volgens Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement, is Masuku (44) met effek van 8 November afgedank na ʼn dissiplinêre proses waartydens sy op aanklagte van wangedrag tereggestaan het.

Die aankondiging van die departement kom nadat Masuku Donderdag na ʼn maande lange ondersoek deur die Valke in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Immigrasiewet.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in reaksie op Masuku se inhegtenisneming gesê dit is ontstellend dat ʼn persoon in die amp van die meester van die hooggeregshof in hegtenis geneem is weens ernstige aantygings van bedrog vir selfverryking.

“Ons verwag dat amptenare met omsigtigheid en onpartydigheid moet optree wanneer hulle met die boedels van oorledenes werk en begunstigdes hulle nader om toegang tot hul voordele te kry.

“Wanneer ons amptenare kies om korrup te wees in die uitvoer van hul mandaat, sal ons nie huiwer om hulle vir sulke optrede te straf nie.”

Masuku se kêrel, Elvis Kgosiemang (35), is Vrydag in hegtenis geneem. Die twee het Maandag weer in die Nelspruit-landdroshof verskyn en die saak is tot vandag uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Masuku het glo eise na Kgosiemang, wat homself as ʼn prokureur voorgedoen het, gestuur. Van die eisers het nooit hul geld ontvang nie aangesien Masuku en Kgosiemang dit glo vir hulself gehou het. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is reeds vasgestel dat minstens R1,7 miljoen by agt verskillende gesinne gesteel is.

Verdere ondersoek het ook aan die lig gebring dat Kgosiemang nie ʼn prokureur is nie en dat Masuku nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

stoney ·

Slaan sy en die kêrel het alweer die naam van die regsberoep met ‘n plank!

Sikloon ·

Wat ek nie kan verstaan nie is die feit, word daar nie na haar cv gekyk en opvolg werk gedoen nie??? Sy is nie die enigste een nie, daar is veel meer wurms in die blik.

TDW ·

Sikloon. Jy is reg, ek dink ons sal op ons rug val as ons uitvind hoeveel prokureurs, advokate en selfs regters, nie werklik gekwalifiseerd is nie. Diegene wat al in die howe was kan dit vir homself uitwerk, want daar is ongelooflik baie mense daar wat nie ‘n idee het wat hulle doen nie. Ek het al 3 sulke regters teëgekom. Die met ‘n hoë pos waarvoor hul nie gekwalifiseerd is nie, word ook dikwels beskerm deur die ANC. My vraag is wanneer gaan joernaliste hierdie diep gesetelde korrupsie op die lappe bring? Meeste joernaliste is bewus van die situasie.
Dis tog ook ‘n geleentheid vir ‘n wakker joernalis om die land vol te toer opsoek na mense wat hierdie korrupsie pleeg. Daar is baie werksgeleenthede in joernalistiek, al wat kort is jong, bereidwillige mense.

Adrian ·

Nie n suidafrikaans burger nie!!!!! Wie het haar aangestel daai persoon moet ook aangekla word . Nou waar kom die vreemdeling vandaan ???? En haar boyfriend wie is die ????? Te veel vrae hoop nie hul kry borg nie

Hanna Hoekom ·

Die boyfriend se eerste naam is “Please” en dan Elvis gevolg deur sy van. Dalk het hy mooi gevra???

Chris Ws ·

Die persoon/e wat haar aangestel het moet ook aangekla word.Hulle het ook nie HUL werk gedoen nie!

Eddie ·

En nou lees ek sy is nie eers n suid Afrikaans burger nie. Ons mense sit werkloos maar n skelm van buite kom kry so n pos.

HOBBO ·

Uiteindelik ‘n man wat vinnig optree en daardeur sy professie se naam herstel!!

Jack Klok ·

Alvorens ons te hoogontwaardig raak moet ons eers sien of sy en haar “kêrel” vervolg sal word en tronkstraf kry. Ook of hulle die geld sal terug betaal en of hulle gesekwestreer sal word.

Die ANC is daarvoor bekend – het trouens openlik daaroor gespog – dat hulle hulle eie mense “beskerm”.

MarieM ·

@Alida, lees die laaste paragraaf stadig en aandagtig oor :)

Dries Bý ·

Hoe straf jy mense in so n posiesie ,los hom in sy bubble is hy reg wat kan jy vir hom se hy is verkeerd

Swanna ·

Mnr Lamola moenie te hard praat nie, gaan krap so bietjie in sy slaai rond dan kom jy ook op sulke dinge af, want deur sy goed keuring moes sy aangestel gewees het. Kry hulle borgtog is hulle twee weg oor die grens juis om dat hulle buitelanders is. CV’s is ‘n foefie vandag want daar is soveel korrupsie wat insluip en as jou vel kleur reg is kry jy die “JOB”.

Hasie ·

Hoe werk daai kop? Sy is die meester van die Hooggeregshof. In my dae was dit jare se harde en lojale werk om daai posisie te kan bereik. Die meester verdien sekerlik ‘n goeie inkomste met goeie voordele, maar sy gooi dit weg. Nou verloor sy haar inkomste, haar pensioen, medies, haar naam, geloofwaardigheid, noem maar op. Ek vra nou, hoe het sy daai posisie bereik? Dalk met ‘n skoen, want as sy hard gewerk het daarvoor, sou sy sekerlik dit opgepas het.

Ella ·

En sy kry n ambassadeurs iewers
Dis hoe die,ANC werk.
Hier is baie ouens wat moet geantwoord maar wie gaan hulle soek en aanspreeklik hou?

Swannie ·

@ Eddie,
NEE Eddie, jy kan nie lees nie !!

Haar vriend is nie `n Suid Afrikaanse burger nie.

Ai, lees en presteer.

Matt ·

@Swannie
Soos jy sê….. lees en preteer……. Masuku is nie ‘n SA burger nie en haar vriend nie ‘n prokerower nie.

CV’s kom net by sekere rasse in gedrang. Baie word aangestel en dan moet ander die werk doen omdat die aangestelde ‘n kader is.

Lizzy ·

Nog ‘n uiters swak voorbeeld! Sal ons ooit verlos wees…

Eliz ·

Is daar nie ander foto van haar nie? Sy lyk lyk dan soos n cleaner.

Hennie ·

Waarskynlik die pos waarin sy so ses maande gelede begin het…

@Eliz ·

Wel dis wat sy nou gaan wees. ‘N cleaner. Sou dink met daai geld sou sy darem onderklere kon bekostig. Of dalk is haar foon wat sy daar bere wat mens sien.

Hanlie ·

Sy het klaar haar “maatjies” aangese om by die hof te wees sodat sy die pad kan vat. Gaan haar nie weer sien as sy borgtog kry nie.

Nolbees ·

Hulle is almal ewe skuldig,miskien is hulle ook van buite

Ronel ·

Haar ID moet mos van die begin af aangedui het dat sy ie ‘n Suid Afrikaanse burger is nie. Of het sy die(SA ID nommer) ook by ‘n sekere minister gekry

Baardman ·

Hulle kyk nie nog na cv’s nie,weet mos wat hulle in gedagte het reeds.

sarel ·

Ja bedrog, nes die magistrate wat so omkoopbaar is, die spul by die howe is so korrup dis ongelooflik. die regters ook,

Kraaibakke ·

As dit haar profiel foto is se dit al boekdele , geen integriteit

Al ·

Net as ek gedink het ek het alles al gesien en gehoor, dan dop nog ñ verassing uit.
Watter stappe is gedoen om te verseker dat dié aanstelling nie in ñ skandaal sou ontaard nie? Niks!

KrokodilBotha ·

Ek wag in spanning vir die valke om die groot kroeks te vang. Die is n druppel in n lekkende emmer.

JohanR ·

Sal sy nou belastingbetalers se geld gebruik om appel aan te teken?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.