‘Meesterbrein’ van daggasmokkelnetwerk aangekeer

Die meesterbrein word in die polisievoertuig gelaai (Foto: Verskaf)

Die beweerde meesterbrein van ʼn daggasmokkelnetwerk is Maandag saam met nog twee verdagtes in Mahikeng in die Noordwes in hegtenis geneem. Dié trio het glo dagga onwettig van Swaziland in die land in gesmokkel en in Mahikeng en omliggende dorpe verkwansel.

Een van die verdagtes is ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê ʼn gesamentlike operasie deur die Valke, die polisie se honde-eenheid, die grenspolisiëringseenheid en die batebeslagleggingseenheid het tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei.

Die verdagtes word ook van geldwassery-aktiwiteite verdink.

Die sakke dwelms waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

Die beweerde meesterbrein is ook in Februarie vanjaar in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van ongeveer R600 000. Daar is vasgestel dat hy na bewering ook by die geldwassery-aktiwiteite betrokke was.

Met sy inhegtenisneming is daar op verskeie voertuie, waaronder twee BMW’s, twee Mercedes-Benz-voertuie, ʼn Corsa en ʼn Volkswagen Polo beslag gelê. Sakke vol dagga is ook in sy besit gevind.

Die meesterbrein en sy twee medebeskuldigdes, tussen 24 en 39 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Mmabatho-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van handeldryf in dagga en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Piet ·

Nou mors die polisie hulle tyd met die snert. Dagga is nie ‘n dwelm nie – dis ‘n krui. Ek het boeke oor boererade en elke derde remedie het dit in. EN DIT IS NOU WETTIG!

AndrewL ·

Ons weet almal dat daggarokers die kruie ding holrug ry. Wat sê die wet?

As die klomp kinders in die land almal soos zombies in die strate dwaal en oorskakel na harder dwelms is jy seker die eerste om te vra wat gaan die polisie daaraan doen.

Francois Le Cochon ·

Dagga is nie ‘n krui nie, maar ‘n plant verbonde aan die Magnolia spesie. Dagga het geen bedwelmde uitwerking as dit ge-eet word nie. As dit egter verhit word, soos om te rook, word seker sure omgeskakel wat ‘n psigio effek veroorsaak, en wat dan bedwelm en verslawend is.

Piet ·

Dagga het geen uitwerking as jy dit eet nie? Dis die beste ding was ek die week gehoor het, dankie vir die giggel.

Kerneels ·

My kind is laasjaar deur ‘n psigotiese pasiënt aangeval en gewurg. Die man was psigoties as gevolg van dagga. 100% van die pasiënte in die psigiatrie saal van die hospitaal waar hy gewerk het, was psigoties as gevolg van dagga. Jy het reg gelees – 100%.

Die langdurige gebruik van dagga veroorsaak ‘n gemiddelde vermindering van IK van 6-8%. As jou IK 180 is, maak dit seker nie vreeslik saak nie. Maar met ‘n IK van 80 doen dit wel.

Dan is daar ‘n gedeelte van die bevolking wat ‘n genetiese defek het wat veroorsaak dat hul brein meer intens aangetas word deur dagga. Hierdie mense raak permanent psigoties en ontwikkel skisofrenie, en moet dus lewenslank daarvoor medikasie gebruik.

Dagga is nie so onskuldig as wat jy dink nie!

Piet ·

Kerneels, eks jammer oor wat met jou kind gebeur het, maar ‘n berg studies oor dekades sê dagga het niks daarmee te doen nie.

Piet ·

Kerneels, dit maak nie saak hoe skadelik of nie jy (of ek) dink dit is nie. Wetenskap wys dit is nie. Dis nie meer ‘n debat nie

Stofdonkie ·

Mense, hou op met piet redeneer, hy wys net net van watter groepering hy is, so laat hy himself saam die groepering sit en saam hulle gaan sit en hulle dagga rook tot hulle ik so lag is dat hulle nie kan loop nie.

Persheks Adri ·

Gaan lekker as jy vir weermag werk! Kopdoek het dit dan goed gekeur en ou Tito ook vir die miljoene wat dit gaan in bring vir ekenomie… Mmmmm

Androclus ·

Die skoolkinders rook dagga voor die skool begin,dis geen kruie nie selfs laerskoolkinders rook dagga ek het met my eie oë gesien.Moenie verkeerde goed die groenlig gee nie.PIET

Piet ·

Kinders drink en rook sigarette ook. Klink asof die kinders die probleem is (lees die ouers) en nie dagga nie? Gelukkig is die nie meer ‘n debat nie – dis ‘n skadelose plant. Elke dag kom daar meer en meer studies uit wat dit bewys.

Grassie ·

Ek is bly dat die polisie nog optree teen daggasmokkelaars. Ek het al met baie dwelmverslaafdes gesels en die meeste van hulle vertel dat dagga die beginpunt van hul verslawingsgeskiedenis was. Na hulle ‘n ruk lank dagga gerook en aan die “hoog” daarvan gewoond geraak het, begin hul eksperimenteer met ander dwelms wat ‘n bietjie groter “hoog” het. Dit is so dat baie bossiedokters se medisyne dagga bevat en miskien help dit soms. Baie erkende medisynes bevat opiate – moet ons dan die gebruik van heroïen om daardie rede ook toelaat soos die geval is met dagga?

Genis ·

Plaas hulle die meesterbrein agter onwettige Tabak ook aangekeer het

Stofdonkie ·

Die laat my terugdink aan die mafia waar die enigste saak wat die polisie gehad het geldwassery was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.