‘Meesterbrein’, vrou vas vir moord op Polokwane-sakevrou en ma

Die vermeende meesterbrein wat vanoggend vasgetrek is (Foto: Bosveld Misdaad Ondersoeke, Facebook)

Die vermeende meesterbrein agter die moorde op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), is Vrydagoggend in Tembisa in Gauteng in hegtenis geneem. Hy is glo ʼn oudwerknemer van die Deacons.

Oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld-misdaadondersoeke (BMO) het bevestig die verdagte is omstreeks 09:00 vasgetrek. Volgens Louwrens is hy ’n voormalige werknemer van die Deacons in een van die Ocean Basket-takke in Polokwane. Hy is glo onlangs afgedank.

Nog ʼn verdagte, ʼn vrou, is ook vandag in Polokwane in verband met die moorde in hegtenis geneem. Sy is glo ook ʼn werknemer van die Deacons.

“Verskeie bewysstukke wat met die saak verband hou, is ook gedurende die week op beslag gelê in die Mankweng-omgewing, digby Polokwane,” het Louwrens gesê.

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Die eerste twee verdagtes, Casper Mudau (35) en Advanced Amid (30), het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord nadat hulle verlede naweek in hegtenis geneem is. Die saak is tot 25 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Louwrens was ook betrokke by die inhegtenisneming van Mudau Sondag in die vroeë oggendure in ’n woning in Mookgophong (Naboomspruit). Amid is ’n ruk daarna in Polokwane vasgetrek.

Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (in haar laat 70’s), se liggame is verlede Donderdagaand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Juls ·

NOG ‘n wraak aanval na ‘n afdanking. Dis mos die manier wat ons geskille en ontvredenheid in hierdie land hanteer, MOOR, BRAND, VERWOES, SKEND DIERE, ek is so kwaad oor die wetteloosheid in hierdie land

Phillip ·

Dis n virliging dat hulle vasgetrek is hoop hulle kry nie borg nie

Kadotjie ·

Jy hoop verniet. Hulle gaan binnekort borgtog kry en dan seker verdwyn of indien hulle gevonnis word net vir 3 of 4 jaar gratis behuising en kos kry en dan vrygelaat word om dieselfde te doen. Dit is mos soos ons regstelsel vandag werk vir sekeres in ons samelewing. Maar laat ek en jy nou net n sekere woord gebruik dan kry ons sommer agt jaar of meer. Dis om van naar te word.

JohanR ·

Meesterbrein ?? Nog ‘n ANC 30 percenter. Wat gaan gebeure met die land waaneer ons by die ANC 10 percenters uitkom? Lyk my domme se baadjie is nog bebloed, of is dit maar net bruin grond? Wat gaan gebeure waaneer ons die ANC afdank in 2024…..gaan die weermag ingeroep word, en ‘n “state of emergency” verklaar word?

Belinda ·

Al die werknemers van hul Ocean Basket is nou sonder werk…….. julle moet opstaan en hierdie kriminele gaan uitsorteer, hulle is verantwoordelik dat jul sonder werk gaan sit, miskien sal party deur nuwe eienaars indiens geneem word, maar dit gaan tyd vat, ‘n boedel mag lank neem.

Manie ·

Woorde is daar nie op sulke sinnelose moorde. Waar kom GBV nou in as vroue so verniel en dan wreed vermoor word. As ‘n onskuldige perd se lewe nie eers meer iets beteken nie waar sal ALM inkom.

Frank ·

En die ekonome praat van ‘n werkloosheid syfer van oor die 50% volgende jaar?

Schalk ·

Die regering preek oor GBV. CR kan sy simpatie uitspreek oor Bizos maar oor die gemeenskappe se kriminele aktiwiteite is hy stil. Hy is nie my president nie!

agnes ·

Pas op vir in diens aanstelling van Zimbabweers want hy het mooi praatjes deur die dag maar moor in die nag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.