Megaboer neem eie lewe

Barries Snijman (Foto: Facebook/Die Sybokhaarkwekersvereniging van Suid-Afrika)

Barries Snijman (47), ’n bekende sybokhaar-megaboer van die Oos-Kaap, is die afgelope week dood aangetref nadat hy sy eie lewe geneem het.

Snijman is die eienaar van Vleikuil-boerdery en het onder meer nasionale bekendheid verwerf met sy deelname aan kykNET se MegaBoere-reeks.

Hy is volgens die polisie met ʼn kopwond op sy plaas aangetref.

Kol. Michelle Matroos, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die voorval wel by die polisie aangemeld is en dat ʼn volledige ondersoek voortduur.

“Geen vuilspel word in die stadium vermoed nie, maar die polisieondersoek duur steeds voort,” het Matroos gesê.

Die Sybokhaarkwekersvereniging van Suid-Afrika (SASKV) het in ʼn huldeblyk op Facebook gesê Snijman het sy passie in dié bedryf uitgeleef. “Barries, soos alombekend onder sybokhaarprodusente, het ʼn besonderse passie vir angorabokke en die karoovlaktes gehad. Hy het ook as boer presteer en is destyds gekroon as die Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar. Meer onlangs is hy aangewys as die Megaboer van die Sybokhaarbedryf,” het die organisasie gesê.

Barries was vanaf 1997 tot 2009 ʼn lid van die uitvoerende bestuur van die SASKV. Hy was daarna in 2008 en 2009 die president van dié organisasie. Hy was ook vanaf 2012 tot en met sy dood die ondervoorsitter van die Sybokhaar Trust.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Albert ·

Ons innige meegevoel en simpatie aan die Snijman Familie en vriende met die tragiese heengaan van Barries Snijman !?

John ·

Volgens versekeringsmaatskappye het baie boere die die afgelope paar jaar selfdood gekies weens hul lewensbedreigende en stresvolle bestaan agv plaasaanvalle en die slegte ekonomiese en politieke klimaat. Landbou-liggame sal die probleem dringend moet aanspreek en selfondersoek doen of swak emosionele ondersteuning, ook op veiligheidsgebied, nie boere in ‘n staat van depressie help plaas nie. Boere sal ‘n bravodo-houding moet laat vaar en mekaar aanmoedig en hulp soek/aanbied indien rooiligte flikker. Ons landboubedryf moet die duiwel herken vir wat hy is die kern beskerm teen die bose se ondergrawing van mense se moed en geloof.

Ben ·

My meegevoel met die familie. Dit is seker waar dat omstandighede mense moedeloos maak, maar dan moes die meeste boere al hul eie lewe geneem het. Destyds in die 1980’s het minister Hendrik Schoeman ook as megaboer sy eie lewe geneem. Daar was beslis nie sprake van enige ander omstandighede buiten die gemoedstoestand waarin hy was nie. Die redes is baie meer kompleks en persoonlik as net die politiek in die land. Daarom dink ek ons moenie spekuleer nie.

Griki ·

Jy is 100% reg, John. Ek voel ontsettend jammer vir die boere en hoop hulle lees jou kommentaar, herken en erken die probleem en kry hulp.

apie ·

‘n ander nuusbron het genoem dat mnr Snijman ‘n besondere saggeaarde mens was en dat baie dinge hom moedeloos kon maak, waaronder die droogte . Dit laat baie vrae . Baie simpatie aan die familie en ook sterkte vorentoe.

Moenie dat die wêreld jou onderkry nie ·

Droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. (2 Korinthiërs 7:10)

Witkop ·

Ek beaam die Woord in 2 Korintiers maar daarmee moet ons nie goedkoop gevolgtrekkings maak nie, veral nie oor die geestelike stand of saligheid van die oorledenes nie. Ons eer ‘n groot landbouer en ons medelye aan sy dierbares!

Moenie ·

Dis ‘n riglyn uit die Woord van God nie ‘n goedkoop afleiding nie. As dit jou kwaad maak en irriteer is ek jammer.

Boerseun ·

Baie tragies en baie meegevoel met almal betrokke.
Dis jammer dat iemand uitgelewer is om sy/haar lewe op so ‘n grusame wyse te neem. Hoekom moet almal gedwing word om te leef?
Daar moet ‘n stelsel wees waar enigiemand wat, om watter rede ook al, nie verder wil leef nie sy/haar lewe op ‘n beskaafde en vreedsame wyse kan beëindig.
‘n Prosedure waar jy aansoek doen, dan deur ‘n proses van berading en hulp en ondersteuning gaan, met sê gesprekke met ‘n berader, sielkundige, predikant, prokureur, dokter, bankbestuurder, familie en wie nog, en as die persoon steeds so voel, sy/haar lewe beskaaf tot ‘n einde gebring word.
Ons het nie ‘n probleem om ‘n dier uit sy ellende te verlos nie, maar ons lewer mense aan hulle eie genade uit. Hulle moet maar sien en kom klaar.
Baie mense word in hulle beddens laat lê om te vergaan, ander loop met ‘n wroeging totdat hulle uit radeloosheid iets doen, tot groot skok vir almal rondom hulle. Daar is baie vir wie die daaglikse stryd die lewe nie die moeite werd maak nie. Daar is baie wie se sinvolle lewe eintlik verby is en wat dag na dag sit (of lê) en wag dat die liggaam uiteindelik so afgetakel is dat die dood uiteindelik intree.
Daar is ‘n tyd vir sterf

Sharon ·

Puik gestel, Boerseun. Ek stem heeltemal saam met jou. Nes geestesgesondheid het hierdie gesprek ongelukkug nog n baie lang pad om te loop. Moed hou, jy dink reg.

Sharon ·

Puik gestel, Boerseun. Ek stem heeltemal saam met jou. Nes geestesgesondheid het hierdie gesprek ongelukkig nog n baie lang pad om te loop. Moed hou, jy dink reg.

Alta ·

My dogter get selfmoord gepleeg op 22. Ek stem saam met wat jy voorstel.

Jaco ·

1000 000 likes vir jou Boerseun!!! Mense wat teen genadedood is het klaarblylik nog nie iemand naby aan hul weens siekte afgestaan waar hul smag na die dood weens die pyn wat hul ervaar nie, dat dit so erg is dat jy van jou KOP WIL AFRAAK net om te sien hoe so iemand ly aan hul pyn!! Dat jy so ontseld raak om dit te sien dat jy opgooi daarvan! Dat niks wat jy doen of sê die seer kan wegvat nie! En dit wat jy ervaar en gesien het met n geliefde se lyding nog dekades na die tyd by jou spook! HOE DURF JUL DIT OORDEEL!!!???

Arrie ·

baie sterkte aan die Snijman familie. Dis tragies. Hy moes n spesiale boer en mens gewees het om as n megaboer bekend te staan.

DG ·

Boerseun, ek dink nie jy besef watter byenes jy oopkrap as jy ‘n skrefie oopmaak waar mense wettiglik vermoor kan word nie. Hierdie is nie die regte plek om dit te bespreek nie, en uit respek vir Barries Snijman gaan ek dit nie hier debateer nie. Weet maar net dit is ‘n Goddelose idee.

AP ·

Baie dankie vir jou waardevolle opinie DG. Ek stem met jou saam.

CHRISTA ·

En dan dink die ANC en hul trawante boerdery is maanskyn en rose . . . .

Rina ·

Hierdie man en sy gesin is aan my familie baie goed bekend – almal is platgeslaan en hartseer oor hierdie voorval – hy het ‘n wonderlike vrou en twee seuns en kan maar net vir hulle bid. Ek se altyd: dra ons nie maar almal maskers nie? Veral in tye wat dit dalk nie so goed gaan nie – wie is ons in elk geval om ‘n ander te oordeel of te veroordeel?

Wiebo ·

Innige simpatie met die familie en vriende. Ja, selfmoord is maar die beste ding om uit hierdie bose wereld te kom. My dag is ook naby. Jammer vir die wat agterbly, maar as ek nie meer daar is nie, moenie huil nie. Ek het nou julle liefde en ondersteuning nodig gehad……………

Janie Monsieur ·

Dagsê Wiebo

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Wiebo GOD LOVES YOU ·

As jy ooit wonder of iemand jou lief het kyk na die kruis en besef hoe geliefd jy regtig is. Vat Sy hand en jy sal n onvergeetlike reis he.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat ‘n wonderlike gebaar van Janie van Maroela Media om ‘n terugkommentaar aan Wiebo te stuur, nie om jammer-jammer te se of om aan te bied om vir hom te bid nie. Sy het daadwerklik iets gedoen om Wiebo te help deur kontaknommers te stuur van plekke waar hy hulp kan kry. En hierdeur, Janie, het jy inligting verskaf aan baie van julle lesers wat dit broodnodig het. Baie dankie. Ek salueer jou.

Nonnie ·

Sarie van Heerden – ek stem saam met jou, ‘n Wonderlike gebaar deur Janie van Moerala Media. Wiebo, praat met diè wat daar is om te luister en raad te gee, asseblief!

Vicky ·

Boerseun – jy weet nie hoe raak jou woorde my siel nie, dit is so pragtig wat jy geskryf het, ek het dit gedeel op al wat n groep is, onder andere n groot groep waarvan ouers hulle kinders verloor het. Ek wou net vir jou se, dis pragtig, sulke mooi diep insig in n situasie waarvan meeste mense nie durf praat nie. Dankie, dit is pragtig en dit raak baie mense vanoggend.

Kandas ·

Boerseun, ek kan nie MEER met jou saamstem nie! In Kanada gaan wetgewing nou ingestel word waar die individu hulle dokter nou kan versoek om genadedood toe te pas. Dit maak soveel sin. Wanneer iemand terminaal siek is en geen kwaliteit lewe meer het nie en ons daardie persoon meganies aan die lewe hou, moet mens jouself die vraag afvra of dit werklik nog ‘n “lewe” is. Dieselfde met ‘n ernstige siekte soos depressie. Mense is so vinnig om selfdood te veroordeel, maar net die wat self al aan die vernietigende siekte van depressie gely het, sal weet watter loutere hel dit is. Daar word nie verniet daarna verwys as “malignant sadness” nie.

Kampioen ·

Baie mense gaan nog selfmoord pleeg in die tye wat kom, so dit is goed dat ons daaroor praat. Wil net aan almal vra wat genadedood van terminale pasiënte nou hierby insleep of hulle ooit aan die mense dink wat agterbly nadat iemand selfdood gekies het. Hulle pyn is onbeskryflik groot en hulle moet die skerwe optel en voortgaan, dikwels met selfverwyte en wonde wat nooit sal genees nie en dit onder moeilike lewensomstandighede, veral as dit die broodwinner was. Dink asseblief aan hulle ook. Dit sal altyd vir my ‘n uiters selfsugtige daad bly, veral waar afhanklike kinders betrokke is. ‘n Kampioen staan op as hy nie kan nie.

Piet ·

Selfmoord en die genadedood is nie die selfde nie. Jou mense is soms baie lief vir jou en sal tot met hulle dood met die pyn en onbeantwoorde vrae rondloop – Dit is net nie ‘n opsie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.