Meganiese toerusting gebruik om 2 uit wrak te bevry

Die toneel. Foto: Verskaf.

Twee mense is ernstig beseer toe die motor waarin hulle gereis het teen ʼn muur gebots het.

Die voorval het vroeg Sondagoggend in President Paul Krugerlaan in Bloemfontein plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die brandweer het op die toneel opgedaag en die wrak teen ʼn residensiële muur aangetref.

“ʼn Man en vrou, albei vermoedelik in hul 20’s, was in die motor vasgekeer. Die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om die dak van die motor te verwyder,” het Meiring gesê.

Albei persone is ernstig beseer en is op die toneel behandel voordat hulle na die Mediclinic in Bloemfontein vervoer is vir verdere behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik in dié stadium nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Verbaas ·

Vroee oggendure op,n sondag, en die kar lyk so in n 60kmph zone, hoe kon dit gebeur?

DV ·

Verbaas, vra ek ook???
Kar het nie ‘n heel kant nie.
Ongeluk moet eers gedoen word

Nettie ·

@Verbaas – dié foto is duidelik geneem ná die reddingsdienste die beseerdes uit die motor verwyder het deur d.m.v. meganiese toerusting die motor se dak oop te sny, nadat die muur a.g.v. die impak daarop geval het. Al die skade is dus nie deur die ongeluk veroorsaak nie.

Dit is in elk geval ‘n wonder dat die twee lewend daaruit gekom het. En “vroeë oggendure” kan 1 minuut oor 12 ook beteken, dus is dit nie impliseerbaar dat die bestuurder bv. gejaag het of dalk onder die invloed van drank was nie. ‘n Band kon gebars het, of die bestuurder kon vir iets of ‘n ander voertuig uitgeswenk het ….

Kom ons wens eerder net die beseerdes spoedige herstel toe.

Katerina ·

Hygend hert ek is verstom dat enigeen lewend uit Daai wrak gekom het!!

Woutet ·

Die kar het nie so gelyk nie. Die muur het bo op die kar geval en die brandweer moes die kar uitmekaar sny om die pasiënte uit te kry.

Dankie tog. ·

Dankie tog, in my 58 jaar agter die stuur was ek gespaar om nie in sulke goed, genoem ongelukke, betrokke te wees. Gewoonlik is onoordeelkundige spoed plus die wynstok gekombineerd hiervoor verantwoordelik. Gaan doen hierdie dinge op ‘n renbaan waar ek onlangs my ook gate uit geniet het teen 180 km/h op 75 jarige ouderdom. Ek sal weer gaan op ‘taggentag’.

Neels ·

Daar bly mos heelwat studente in daardie omgewing, Paul Kruger rylaan word as n renbaan gebruik. Dit was seker die nagevolge van jeugdag vierings wa tot in die vroee oggend ure geduur het

Blommie ·

Sjoe as ek die kommentare so lees, klink of julle klaar bevel gelewer het oor wie skuldig is en hoekom.
Die kar is uit mekaar gesny om hulle uit te kry, plus die muur het ook nog daarop geval.
Glo my dat jy skade aan n kar kan doen wanneer jy 60km/h teen n solide beton muur vas ry.
Eerder sterkte vir daai twee mense en hoop God genees julle, om julle storie van geloof te kan deel!

Kannaland ·

Dade lei tot gevolge, mense moet verantwoordelikheid begin neem en nie oe toedruk vir die olifant in die kamer nie.

Katrien ·

Sterkte aan die ouers van die twee jongmense, mag God julle vashou in hierdie tyd

Blommie ·

Jaha kannaland, blykbaar leef jy foutloos, twee jong mense het ernstig seer gekry.
So bly om te sien ons het eerlike lands burgers wat die spoed 100% gehoorsaam.
Dit is nie altyd nalatigheid of spoed nie.
Miskien die band gebars of beheer verloor of iets het moontlik gebeur wat hierdie ongeluk veroorsaak het, moenie so gou oordeel nie.

Kannaland ·

Ja ek het nognooit gejaag en ander of my eie dood veroorsaak nie en drink en bestuur nie, ek weet dit is wel ‘n uitsondering in hierdie land maar in meeste ander lande waar wet en orde gehandhaaf word is dit normaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.