Meghan bring hulde aan Uyinene

Megan bind haar lint om die reling by die poskantoor. (Foto: Instagram)

“Simi kunye kulesisimo” – “Ons staan saam in hierdie oomblik.”

Só het Meghan, die hertogin van Sussex, se boodskap in isiXhosa gelui wat sy vandeesweek saam met ’n geel lint by die poskantoor waar die student Uyinene Mrwetyana vermoor is, gebind het.

Dié lint is saam met verskeie ander uit eerbetoon vir Mrwetyana om ’n reling by die Clareinch-poskantoor gebind. Die hertogin het dié lint met haar en prins Harry, die hertog van Sussex, se naam met die datum daarby geteken.

Die oomblik is op kamera vasgevang en vanoggend op die koninklike egpaar se amptelike Instagramblad gedeel.

Luidens ’n inskrywing saam met die foto het Harry en Meghan reeds voor hul besoek aan Suid-Afrika die onthullings van Mrwetyana se moord gevolg en was gretig om meer te wete te kom met hul aankoms in Suid-Afrika.

Meghan het ook Mrwetyana se ma verlede week besoek om haar medelye te betoon, het die inskrywing verklap.

Uyinene Mrwetyana (Foto: Facebook)

“Dit was persoonlik belangrik vir die hertogin om besoek by die toneel van hierdie tragiese dood af te lê en haar met Uyinene te vereenselwig, asook alle vroue en meisies wat geraak word deur geslagsgebaseerde geweld – spesifiek in Suid-Afrika maar ook oor die hele wêreld.

“Uyinene se dood het mense oor die hele Suid-Afrika gemobiliseer in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en word beskou as ’n kritieke draaipunt in die toekoms van vroueregte in Suid-Afrika,” lui die inskrywing.

Die hertogin het die afgelope twee dae private besoeke afgelê en vergaderings gehou om haar begrip van die huidige situasie te verbreed en voort te gaan om vir die regte van vroue en meisies te pleit.

Maroela Media het vroeër berig Mrwetyana is in Augustus verkrag en met ’n skaal doodgeslaan in die poskantoor waarna haar liggaam in Lingelethu-Wes gestort is. Die man wat glo erken het dat hy die jong vrou vermoor het, is ’n 42-jarige poskantoorwerknemer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Poplap ·

Kan iemand asseblief vir haar fotos wys van ons boere wat so wreed vermoor word….en sommer na n wit plakkerskamp toe neem. Ek wonder of weet hulle dat hier wit mense in die land bly wat n positiewe bydrae gelewer het tot di ekonomie ens en dat ons nou deur BEE verarm word

Ig ·

Sy moet sommer by die vermoorde Boere se grafte ook besoek aflê en dit ook op Instagram deel.

Henda Myburgh ·

Wat is so spesiaal omtrent hierdie vrou wat vermoor is???? Daar word daagliks baie ander moorde gepleeg en niks kom daarvan nie!!!

Cherokee ·

Henda Myburgh, ek hou nie van jou woordkeuse nie. Ek is uiters gesteld op woordgebruik. Uyinene Mrwetyana was dalk spesiaal. Ek weet wat jy probeer sê maar moet nie dit op ‘n dom manier sê nie. Sy was pragtig met ‘n toekoms voor haar. Moet nie neerhalend wees nie. Ek weet jy het dit nie bedoel soos jy dit sê nie. Wat jy eintlik bedoel is ‘waarom kry ander slagoffers nie dieselfde erkenning nie’. As jy nie weet hoe om iets te sê nie, moet nie dit sê nie. Sy was ‘n pragtige slagoffer van die boosheid in Suid Afrika, soos wat menige blankes ook deurgaan. Met haar het ek net soveel simpatie as met die blanke boere wat vermoor word en met die vrouens en kinders wat gely het onder die boosheid van die engelse. Is jy ook een van die wat jou Afrikaans meng met die taal van die kakies wat Boere en hul vrouens en kinders vermoor het? Kies jou kritiek reg. Die engelse was net soos die swartes.

Kiewiet ·

Ek wonder… Die ouer dame wat verkrag is die ander vrouens wat vermoor is, die kinders, wat opgehang is. Het dit die nuus gehaal. Is dit opgevolg. Die krisis teen vroue en kinders is is ‘n probleem met die land. Geel linte by die parlement met elke vroue en kind in die land se naam op…. Net vir ingeval, mens weet nie wie is volgende nie.

Se net ·

En hoeveel jong meisies was vermoor in daardie tyd? En net e’en maak saak? Dis jammer…

Bossie ·

Meghan, you will earn so much more respect if you visit the murdered farmer’s families as well. As well as all the families of the thousands murdered South Africans the past few years. The concentration camps, where thousands of woman and children died, will also be a good last stop. But you need to stay a few years in order to do so….

Kandas ·

Bossie, sy sal tydelike burgerskap moet kry om DIT als te kan doen!

lhs ·

Kan iemand aan my verduidelik wat hierdie verkragting/moord anders gemaak het as al die ander soortgelyke voorvalle wat al plaasgevind het en steeds plaasvind?

Hanna Hoekom ·

Hierdie insident het mos in dieselfde week plaasgevind as die dame wat so lief was vir perde van die plaas in die Weskaap wat verkrag, vermoor en toe soos n stuk vullis weggegooi is. Een van die moordenaars het op hul plaas gewerk. Dink haar naam was Megan? Hoop daar word aan haar ook hulde gebring of is dit net op “dames van kleur” van toepassing? Vra namens n vriend.

Charmaine ·

Dit is nie net vir dames van kleur nie want
Jesse is ook min of meer in daai tyd vermoor. Meghan is seker n week of 2 voor dit.

Nel ·

Hierdie ophef is net om die aandag van plaasmoorde af te trek. Niemand mag mos daarvan weet nie allermins die buiteland.

Louis ·

Watter mooi gebaar, ek glo dat sy en haar man ook n lint sal gaan vasmaak by die gedenk plaat by Nampo se terein buite Bothaville in die Vrystaat. Net die tyd sal leer

SjN ·

Hul sal nooit die gedenkmuur by Nampo gewys word nie, die kleur is nie reg nie.

Inge ·

Wishful thinking. She is only a “sister” to the black people. Why should she have any sympathy with the murdered whites, whether woman, man or child. They should stay in the UK. Who is interested in them!!!!

George in Bloem ·

Baie selektief om die minste te se. En die wrede plaasmoorde word natuurlik weer misgekyk. Verbaas my glad nie. Klim op die eerste vliegtuig en kry julle ry man.

George in Bloem ·

Wat van ‘n kranslegging by die Vrouemonument in Bloemfontein en die muur by Nampo Park in Bothaville?

Hans ·

Baie interessant dat daar net 1 geval soveel aandag geniet,wat van al die ander wrede verkragtings en moorde wat in dieselfde tyd plaasgevind het.

AV ·

Groot gebaar, maar dit beteken eintlik niks wanneer sy al haar ‘susters’ hier los en terugkeer na die Westerse bastion Brittanje waar sy in absoluut luukse op die rekening van Britse blanke belastingbetalers kan leef nie.
Dit sou meer beteken as sy haar kon uitspreek oor die korrupsie en onbevoegdheid van die huidige regering, wat daagliks lei tot sosiale verval en groeiende misdaad, want dít is waar die probleme van alle vroue en kinders begin.

Ettienne ·

Sonder om poletiek te praat… Maar die klomp Brite bring alewig hulde aan een of ander Swart persoon.. Hoekom gaan sy nie na die muur op Bothaville En bring hulde aanvermoorde boere nie en dan somer ook by die vroue monument waar bewyse van hul misdaad is…

stand together ·

The reason why Uyinene was chosen and uprisings brought to the attention of the President was that she was just doing a normal day to day thing that we can no longer do in South Africa. These demonstrations with a list of victims will possibly bring better laws of sentencing and no bail when prosecuting these culprits. (for the benefit of all colours).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.