Meghan Cremer-moord: Man oor diefstal gevonnis

Meghan Cremer (Foto verskaf)

Die plaaswerker wat vroeër vrygespreek is op aanklag van die moord op Meghan Cremer, is Donderdag gevonnis op aanklag van diefstal en dwarsboming van die gereg.

Regter Elizabeth Baartman het Jeremy Sias (30) in Januarie vanjaar op dié twee aanklagte skuldig bevind.

Baartman het in ʼn kort uitspraak Sias agt jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van Cremer se motor en haar handsak, wat haar selfone en beursie bevat het. Vier van die agt jaar is vir vyf jaar lank opgeskort mits hy tydens dié periode nie enige ander misdaad pleeg nie.

Hy is twee jaar opgelê op aanklag van dwarsboming van die gereg omdat hy vir niemand gesê het hy het op haar liggaam in die kattebak van die motor afgekom nie toe hy ʼn pretrit onderneem het in haar verlate motor.

Hy is een jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van geld uit haar bankrekening.

Baartman het bepaal dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word en Sias sal dus effektief vier jaar tronkstraf uitdien.

Meghan Cremer.

Die regter het gesê sy het in ag geneem dat Sias berou toon oor sy optrede en dat hy die pa is van vyf minderjarige kinders. Hy het die skool ná graad 7 verlaat weens finansiële probleme. Hy het een vorige skuldigbevinding vir aanranding in 2011.

Hy is al sedert 5 Augustus 2019 agter tralies, twee dae ná Cremer verdwyn het.

Cremer, ’n kranige perderuiter en bakkerybestuurder van Philippi, is op 3 Augustus 2019 in haar kothuis op die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas waar sy gewoon het, aangerand en verwurg. Haar liggaam is daarna in die bagasiebak van haar wit Toyota Auris gelaai en by ’n sandmyn in Philippi gestort.

Sias het aangevoer hy het Cremer se motor met die sleutel nog in die aansitter gekry toe hy na Vaderlandsche Rietvlei teruggekeer het om hondekos te gaan haal wat hy daardie dag tydens sy skof vir hom gebêre het.

Volgens Sias het hy ’n ent met die motor gaan ry en haar handsak gesteel voordat hy haar liggaam in die kattebak ontdek het. Hy het toe glo besluit om van die liggaam ontslae te raak en het dae later aan die polisie gaan uitwys waar hy haar liggaam gestort het.

Cremer se moord bly onopgelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E ·

Sias mak een goeie “spin doctor” Ek dink die forensies is ook half gedoen in die geval. Het hulle nie sy DNA gekry dalk op die lint wat sy mee gewurg is nie? Het die polisie ooit gedink om dit vir DNA te toets? of op haar nek? In SA doen die polisie nie hulle werk reg nie. Ons het dit al in so baie gevalle gesien. Dewani was een voorbeeld. Gelukkig het hulle Packham darem gekry,

Nie Verbaas ·

Net een vraag. Hoe het hy die pin nommer van haar bankrekening gekry?

hpven ·

Onopgelos, soos duisende ander moorde. Meer as 50 mense word daagliks in hierdie anc hool vermoor, word almal opgelos? Nie eers 5% daarvan nie. Dit beteken duisende moordenaars loop skotvry weg om weer en weer te moor! Siek stelsel, siek regime!

Nico ·

Kom die berou uit sy hart uit of is dit net praat om versagting te kry, dit is mos maklik om te praat.

Amelia ·

Is dit nou nie snaaks nie die jongman Horn se moordenaars ook nooit gevang nie ook hier is verdagt met haar kry gerky Met mnr Horn se saak verdagtes met bloede aan klere want glo nie sy dna was nie Ai mense kan mens dit glo Is dit toevallig

JohanR ·

Ok soe is die saak op gemors. Niemand weet nou wie het haar verwurg nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.