Drie verdagtes het vanoggend vlugtig in die Athlone-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 30-jarige Meghan Cremer.
Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê die verdagtes, onderskeidelik 27, 34 en 35 jaar oud, het in die hof verskyn waar die saak met ʼn week uitgestel is vir formele aansoek om borgtog.
Maroela Media het vroeër berig Cremer se liggaam is vanoggend omstreeks 01:00 in ʼn sandmyn op ʼn plaas in Philippi gevind.
Cremer het Saterdag spoorloos verdwyn nadat sy haar huis in Philippi verlaat het. Sy woon in ʼn kothuis by die Vaderlandsche Rietvlei-stalle en is Saterdag omstreeks 18:00 in haar Toyota Auris daar weg. Haar motor is Maandag in Grassy Park opgespoor.
Drie verdagtes is vroeër in verband met die diefstal van Cremer se motor in hegtenis geneem. Een van die verdagtes, die 27-jarige man, word nou aangekla vir die moord op Cremer.
Die verdagtes verskyn weer op 15 Augustus in die hof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ai slegte nuus. Onskuldig en word net so vermoor. Mens weet nie meer wat om te sê of te skryf nie. Innige simpatie met familie en vriende.
So waar Johan, ek stem saam. Hou eerder my bek.
Presies soos ek ook voel.
Môre is Vrouedag .wat n.groot klug! In n land waar een uit elke 4 vroue fisiese mishandeling/geweld ervaar deur die hande van haar verhoudings/lewensmaat. maar nee ,regering sê ons moet Vrouedag vier.Hier is n aantreklike dame vermoor,in die fleur van lewe.Tragies. Dis die realiteit hier in RSA. Ons moes n Sexual Offences Court (Hof vir seksuele misdrywe)open om spesifiek seksuele geweld aan te spreek.Tragies. As ons vroue bevolking eers veilig,beskermd en liefdevol waardeerd is,Kan ons as n nasie met n skoon gewete Vrouedag vier.
Sooo onnodig! Die drie lyk sommer na skurke.. Geen genade vir hulle nie.! Innige simpatie aan haar familie.