MEIBC: Solidariteit nader arbeidshof om raad te help red

staalbedryf seifsa

Argieffoto: Hera.org.nz

Die arbeidshof lewer Dinsdag uitspraak oor Solidariteit se aansoek om die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC) onder administrasie te plaas in ʼn poging om die bedingingsraad van bankrotskap te red.

Dit volg weens die voortslepende finansiële krisis waarin die bedingsraad die afgelope paar jaar gedompel is, asook die onvermoë van partye in die raad om oor verskeie kwessies tot ʼn vergelyk te kom.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, het die MEIBC se finansiële posisie die afgelope ruk so versleg dat die bedingingsraad al vir ʼn geruime tyd lank nie meer sy geskilbeslegtingsfunksie kan uitvoer nie.

Volgens Croucamp versoek Solidariteit onder meer dat ʼn administrateur vir die MEIBC aangestel sal word wat die vooruitsigte van solvensie en funksionaliteit van die bedingingsraad ʼn realiteit sal maak. Die fondse en bankrekeninge van die MEIBC-bestuur moet ook deel uitmaak van die administrateur se verantwoordelikhede. “Om die toekoms van die raad te verseker, moet dringende stappe geneem word om die bedingsraad se finansiële posisie te verbeter,” het Croucamp gesê. Ongeveer 340 000 werknemers en 10 000 maatskappye ressorteer onder die MEIBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie artikel skep die indruk dat daar naarstigtelik pogings aangewend word om die bedingingsraad in stand te hou. Maar waarom is dit in die finansiële gemors wat dit is? Moet ‘n mens nie liewer daar begin om die probleem op te los nie?

snoefie ·

want solank as wat daar n geldjie vir “my” is, us daar geen probleme nie. so sê die kultuur van “dit kom MY toe. “

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.