MEIBC: Solidariteit verwelkom finale Seifsa-aanbod

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Solidariteit het vandag die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) se finale loonaanbod verwelkom. Die nuutste loonaanbod behels ʼn driejarige loonooreenkoms wat wissel tussen 8% en 10% vir werknemers op verskillende loonkoerse.

Volgens Marius Croucamp, hoof van die metaal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, sal die finale loonaanbod hopelik ʼn einde aan die drie weke lange staking in die bedryf bring. “Ons meen die nuutste aanbod deur Seifsa is billik en ons is oortuig daarvan dat ons lede dit ook sal verwelkom,” het Croucamp gesê.

Croucamp het bygevoeg dat die Nasionale Werkgewersorgansasie van Suid-Afrika (Neasa) ʼn finale algehele loonverhoging van 8% vir sy werknemers aangebied het. “Ons meen hierdie aanbod is gunstig aangesien dit bo die huidige inflasiekoers is. Ons is positief dat ons lede dit ook in hierdie lig sal sien,” het Croucamp gesê.

Croucamp meen dit is in die bedryf se beste belang dat vakbonde die finale aanbod deur werkgewers aanvaar en dat werksaamhede in die bedryf weer so spoedig moontlik hervat moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

veit wagner ·

Al wat ek wil weet is al die mense wat gestaak het vir wat doen hul dit wan ek wil maar net my meening lig hul betaal die unie en ek dink dit is die unie se werk om die dinge uit te sort en hul moet vir die mense se werk eerder en kry tenminste ‘n selares terwyel die unies die proebleme moet uit sort nou staak al die mense en verloog geld en die land gaan net agter uit so ek sal voor stel al die unies moet hul werk bigin doe en die mense laat werk en nie ander om nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.