Meisie (10) geskiet ná sy en seun (8) by man se huis inbreek

Argieffoto: Kent Williamson

‘n 10-jarige meisie is na die hospitaal gehaas ná sy Saterdagoggend omstreeks 03:00 in ’n man se huis in die arm geskiet is.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Kanyamazane het reageer op ’n klagte van ’n skietery wat glo in ’n huis in die nedersetting plaasgevind het.

Volgens die inligting beskikbaar het die polisie ’n man, die eienaar van die huis, en twee minderjariges, ‘n 10-jarige meisie en 8-jarige seuntjie, ook in die huis aangetref.

“Die man het verduidelik dat hy ’n snaakse geluid in die huis gehoor het terwyl hy geslaap het. Hy het opgestaan om te gaan ondersoek instel en gesien die sitkamer se lig is aangeskakel,” het Bhembe verduidelik.

Die man het sy vuurwapen gaan haal toe hy ’n skaduwee sien en twee skote afgevuur. “Hy het toe die stem van een van die kinders gehoor wat sê ‘moenie my doodmaak nie’,” het Bhembe gesê.

Die man het toe al die ligte aangeskakel en die twee kinders gesien. Hy het hulle onmiddellik ondervra oor wat hulle in sy huis soek en hoe hulle ingekom het. “Die kinders het toe na ‘n klein venstertjie in die motorhuis gewys.

“Hy het op daardie oomblik gesien die meisie bloei, want sy is raakgeskiet, en dadelik die polisie en ’n ambulans gebel,” het Bhembe gesê.

Volgens Bhembe bly die kinders in ’n heel ander deel van die nedersetting, sowat vyf kilometer weg van die huis af. “As ’n mens kyk na die sekuriteitsmaatreëls wat die man in plek het, die hoogte van die mure en selfs net die afstand en die tyd van die oggend, kan ’n mens nie anders nie as om te dink dat hulle hulp van volwassenes gehad het. Ons ondersoek alle moontlikhede.”

’n Saak van poging tot moord is teen die man aanhangig gemaak en een van huisbraak teen die twee kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Telemundi ·

Sal die regstelsel nooit verstaan nie! Die diewe wat in die mense se huis ingebreek het is vir huisbraak aangekla en die man wat hom op sy eie eiendom verdedig/beskerm het is nou n potensiele moordenaar! Wat soek die diewe in sy huis? Kind of te not hulle is reeds kriminele!

Basjan ·

Lees die berig mooi, asb:
“Volgens Bhembe bly die kinders in ’n heel ander deel van die nedersetting, sowat vyf kilometer weg van die huis af. “As ’n mens kyk na die sekuriteitsmaatreëls wat die man in plek het, die hoogte van die mure en selfs net die afstand en die tyd van die oggend, kan ’n mens nie anders nie as om te dink dat hulle hulp van volwassenes gehad het. Ons (die Polisie) ondersoek alle moontlikhede.”
Daar het jy jou antwoord: Hulle het die hulp van volwassenes gehad!

MissDemeanor ·

Ek is baie bly hy het nie die kind doodgeskiet nie. Sou so hartseer wees vir beide. Maar voor jy die kinders oordeel as kriminele, dink aan jou eie kinders en hoeveel blinde vertroue hul in jou het. Kinders wat so gebruik word om misdaad te pleeg het noe juis veel van n ander keuse nie. Wie weet wat doen hul ouers aan hul? Daardie ouers voel niks vir die kinders nie.

Ellisras ·

Ag nee. Nog ‘n Kapitalis wat glo hy het ‘n reg om sy eiendom en sy lewe te beskerm. Gaan die Kapitaliste nie leer nie. Jy het geen regte nie.

Joey ·

Kapitalis…..is dit die nuwe vloekwoord wat nou gebruik word as mense veiligheismaatreels in plek stel. Siek man! Moet ons almal sit en wag om vermoor te word?

Boerseun ·

So hoeveel mense huisves en voer jy? Kan ek nog so paar gesinne jou kant toe stuur?

hannes ·

Joey en Boerseun, ek is baie seker Ellisras is sarkasties.

susan forret ·

8 en 10 jaar. Hulle begin jonger en jonger raak. Die arme huis eienaar.

ABC ·

Het jy die video van die 3 jarige gesien wat haar ma en tannie help mense se handsakke steel? Hulle gaan in winkels in, die ma en tannie trek die werknemers se aandag af, en die 3 jarige steel die handsakke en selfone.

MissDemeanor ·

Dis verskriklik ABC. Maar is daardie 3 jarige sleg, of het sy slegte grootmense in haar lewe? Op 3 jaar het sy sekerlik nie self besluit sy wil n skelm word nie. Dit is die ergste vorm van kindermishandeling as jy n kind se onskuld wegneem.

"oop lippe" ·

Dis normaal om te kla. Luister wat sê II Timoteüs. 3:1-5 dis ‘n onomwonde saak dat dit wat oz sien maar net die begin van die smarte is. Jammer bangane (vriende).

Drieks ·

Liewe Hemel…. alles wat gebeur is deur ANC geskep. Verwoes ons kinder lewens.

Leahim ·

Hopenlik het sy nou haar les geleer om ander mense se goed uit te los as sy honger was moes sy vra .

Winston ·

Dis n baie ou taktiek van kriminele om kinders te gebruik. Niks nuut nie. Wie is nou n arresteerbare beskuldigdigde?

Petro ·

Waar is die kinders se ouers ek sal ook my eiendom beskerm kind of nie kind hulle is sommer al van kleintyd af skelm wonder by wie leer hulle dit

Fanie ·

Vandag se vinnige vingers vloek vuil voordat hulle mooi dink of goed lees. Helaas!

boontjie ·

ja jy mag. as jy nie wit is nie. die lig wat brand het hom wakker gemaak. hoe kon hy in die verlugte vertrek nie n kind sien nie! maar wee jou as jy in die donker op n bosvark skiet en n swart man tref en daar dan nog n sak in die donker geoesde mielies ontdek word.

Piet Pompies ·

Dit is reeds kinders at gebruik word om eerste in die huis in te gaan, die kinders soek vir sleutels en gee die sleutels vir die grootmense.
As ‘n reel los ons geen sleutels in buite deure of die sleutels waar dit beskikbaar is.

dovaz ·

Kanyamazane! Is a swart gebied (voorstad) in nelspruit omgewing. Naby die crocodile gorge waar die cash in transit plaas gevind het a paar weke terug. Dog maar net die inligting sal help. ??

Annatjie Kruger ·

Aan die anderkant is ek jammer om te hoor dat die arme man nou in die moeilikheid is as gevolg van ander mense se wandade. En vir sy part is ek bly dat hy nie met die dood van ‘n kind op sy gewete hoef te leef nie.

Jan Devenish ·

Annatjie Kruger. Hoekom gaan werk jy nie vir maroela verniet nie? As jy betaal het of bydrae maak aan maroela kan jy juffrou Rottemeier speel.

Alet ·

“Geskiet” beteken nie dood nie, dis tog seker waarvoor die woord “doodgeskiet” daar is.

Louise ·

My kind is 8 en dit moet aaklig vir die kinders wees om daardie tyd van die nag wakker te moet wees en sulke dade te pleeg. Die omstandighede by hul ouerhuis is tienteeneen haglik en hul is heelwaarskynlik gedwing om die dade te pleeg.

MissDemeanor ·

Dankie tog, iemand wat deernis het. Mens kan die kinders en die huiseienaar beide jammer kry. Dit hoef nie net die een of net die ander te wees nie.

Veritas ·

Die kans dat ouer persone die kinders misbruik om die misdade te pleeg, is baie goed. Ek het ‘n dogter van dieselfde ouderdom en sy is nog pure kind. Haar pa beskerm haar teen werklikhede wat ‘n negatiewe invloed op haar latere lewe kan hê. Dié arme kinders word nie slegs hieraan blootgestel nie maar heel waarskynlik forseer om die dade te pleeg. Watse kans het hulle om normale, wetsgehoorsame burgers te word? Diegene wat hulle gebruik, behoort swaar gestraf te word. Dit is te sê as hulle nie self ook so grootgemaak is nie.

THEA SWART ·

hierdie kinders se ouers moet eintlik aangekla word vir kindermishandeling want watter ouer laat sy kinders daai tyd van die nag/oggend nog laat rondloop op daai ouderdom en dan nog diefstal ook pleeg nee kla die ouers van die kinders aan

Andre ·

Hulle kry gevorderde opleiding vir wanneer hulle eendag as lede van die ANC by die parlement aansluit.

Suzie ·

Boontjie, die berig sê hy het ‘n skaduwee gesien en twee skote geskiet en na dit eers die lig aangesit… hy het nie wakker geword van ‘n lig waat aan was nie, hy het ‘n geluid gehoor…

Anna ·

“Die man het verduidelik dat hy ’n snaakse geluid in die huis gehoor het terwyl hy geslaap het. Hy het opgestaan om te gaan ondersoek instel en gesien die sitkamer se lig is aangeskakel,” het Bhembe verduidelik.
Die man het sy vuurwapen gaan haal toe hy ’n skaduwee sien en twee skote afgevuur. “Hy het toe die stem van een van die kinders gehoor wat sê ‘moenie my doodmaak nie’,” het Bhembe gesê.

Theresa ·

Leer ALMAL (lyk my nou nog voor mamma en pappa, die volgende: BLY UIT EN AF VAN “N ANDER MENS SE EIENDOM!! Jy hoort nie daar nie. Jy mag nie sy/haar goed vat nie. Die ouers is deel van hierdie geval se gebeure, want daar is geen verskoning of rede dat hierdie twee kinders uit hul huis/blyplek moes wees, sonder hul ouers se medewete nie. Maatskaplike geval – stel ondersoek in. Los die huiseienaar/-inwoner – magtie – natuurlik mag mense hulself verdedig in hul eie blyplek.

JJ ·

Hoekom is hierdie man nie inhegtenis geneem nie – hy het ‘n wapen en selfverdediging toegepas – lees bietjie die gedeelte van die ou wat se bakkie met ‘n klip gegooi is en wat die aanvaller met ‘n mes gesteek het – is in hegtenis geneem hy is natuurlik wit – die ou hierbo nie

Susan ·

5km Ver om hulp te soek. Hoekom nie twee huise verder nie? Ek het simpatie met die huiseienaar. Sy veiligheidsmaatreëls sê vir my dat by rede tot kommer gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.